2009/01/30

Byt vas by die werk en in die lewe

Ek lees nou net van Elia wat geroep is om Agab te konfronteer, dis in 1 Kon. 18. Onder die goddelose koning Agab en sy baie erger vrou Isebel, het Obadja gewerk. Obadja het die Here baie getrou gedien en ook sy werk as paleisopsigter (bestuurder) gedoen. Elia gee vir Obadja opdrag om vir Agab te sê dat Elia binnekort met Agab sal kom praat. Obadja vrees vir sy eie lewe. Tog bly die opdrag: gaan sê vir Elia ek kom sien hom vandag.

So staan jy ook in jou werk as getroue Christen en kind van die Here, dikwels ook onder druk en vrees. Tog moet jy jou werk getrou bly doen, maar jy moet onbevrees as Christen dit doen.

Die Here is in beheer en Hy sal jou help om vas te staan en Hy beskerm jou. Dien die Here met geloof en krag.

Joop van Schaik