2009/03/06

Erediens

’n Erediens is ’n samekoms van gelowiges en die middelpunt is God Drie-Ening wat aan die woord kom met Sy Woord/Bybel deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Kom ons bid dat elke Christen meer en meer die behoefte het om getrou na sy kerk te gaan.

Jy is deel van die liggaam van Christus en jy het ’n doel en taak in die gemeente. Maar alles begin in jou binnekamer waar jy gereeld op jou Vader se skoot moet sit. Dan gaan dit verder deurdat jy saam met medegelowiges aansit om van God se Woord te eet.

Bid asb. vir mekaar en bid ook asb vir my. Ek is maar net ’n krom stok wat in die Here se hand ’n reguit hou moet slaan.

Baie groete en seën.

Joop van Schaik