Liewe susters en broeders. Ons gaan voort met die verdeling van die grondgebied tussen die stamme van Israel.
Josua 16
v.1.. Aan die nakomelinge van Josef is deur loting ‘n gebied toegeken wat strek vd Jordaan af regoor Jerigo, oos vd Jerigofonteine.
v.4.. Die stamme Manasse en Efraim, nakomelinge van Josef, het die grondgebied gekry.
v.5.. Meer inligting word gegee oor die gebied wat die families van Efraim ontvang.
v.9.. Daarby het ook nog die stede en buiteposte gekom wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.
v.10.. Die Efraimiete het nie al die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het dwangarbeid vir die Efraimiete gedoen.
Josua 17
v.1.. aan Josef se oudste seun, Manasse se families, is ook deur loting ’n gebied toegeken.
v.3.. Selofgad wat ook uit die geslag van Manasse was, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hulle name word ook vermeld: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hierdie dogters het na priester Eleasar en Josua en na die leiers gegaan en hulle herinner aan die bevel van Moses. Die bevel was dat hulle ook grond onder die stamgenote moet kry. So het hierdie dogters uit die Manassestam ook hulle grondgebied gekry saam met die mans.
v.12.. Die mense van Manasse kon egter ook nie die stede verower nie, en die Kanaäniete het in die gebied bly woon. Later het die Israeliete wel sterker geword en het die Kanaäniete dwangarbeid laat doen.
* Omdat die stam van Levi as prieters opgetree het, is die twee seuns van Josef gereken in hulle plek. Josef se seuns was Efraim en Manasse. (Israel se 12 stamme: 12-1 + 2 = 12)
* Daar was weer deur loting woongebiede uitgedeel. Ook hier het die Kanaäniete oorleef, al het hulle dwangarbeid gedoen vir Israel. Sommige van die Kanaäniete het waarskynlik ook soos die Israeliete vir God aanbid. Tog het die meeste Kanaäniete hulle gode bly aanbid. Die versagting teen afgode was later Israel se ondergang.
* In vandag se tyd is dit ook dikwels die hoofoorsaak waarom Christene en die Christelike Kerk seer kry. Sogenaamde godsdiensvryheid en verdraagsaamheid word van ons verwag. Dis alles goed en wel, maar op die ou end raak ons so mak teenoor ander godsdienste, dat ons hulle god as gelykwaardig beskou. Dit lei weer na die New-Age.
* Iemand het juis vandag navraag gedoen oor wat ek dink van die New-Age beweging. Dit is niks anders as vermenging van godsdienste nie. Die N-A beweging sê dat alle godsdienste dieselfde god aanbid. Dit is ‘n afskuwelike leuen. Die Skrif sê baie duidelik dat net die Here God van die Bybel waarlik God is, die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Bybel is propvol hiervan. Ek noem net ‘n paar: Deut.32:39; Jes.41;13; Jes.433,10,12,15; Jes.44:6,8; Jes.45:5,6,18,21,22. Jy moet alles in jou vermoë doen om God as Enigeste ware God self te dien en ook die wêreld te leer dat daar net Een ware God is.
* In die Ou Testamentiese tyd was die oudste seun van geslag tot geslag genoem. Onder hom was die res van die familie wel gereken. Wanneer daar dan nie seuns was nie, maar net dogters, was hulle nie net buite rekening gelaat nie. Hulle het die volle maat ontvang wat hulle toegekom het. Gaan lees gerus meer oor Selofgad in Num.26,27 en 36. Ook in 1 Kron 7:15 word van hulle melding gemaak. Die punt is dus omregverdig te wees met almal, ook wanneer ‘n verdeling gemaak word van eiedom en goedere.
* Aanbid God Drie-Enig alleen en wees regverdig in jou optrede teenoor ander, manlik en vroulik, jonk en oud.
Baie sterkte en seën word u/jou toegebid.
Joop van Schaik
2008/11/06
2008/11/05
Oordenking: Josua 15
Dagsê Broeders en Susters in Christus. Ek was vir twee dae in Potchefstroom gewees. Dit was ‘n voorreg om betrokke te wees by die GKSA se sustentasie deputate vergadering. By hierdie vergadering word fondse toegedeel aan gemeentes in SA + Namibië wat in nood is.
Josua 15
Ons het met Jos.14 te doen gehad met Kaleb wat hom beroep het op ‘n belofte wat 45 jaar terug aan hom gemaak is. Met Josua 15 kry ons verder te doen die stamgebied vir Juda en ons hoor ook weer van Kaleb, die keer ook van sy familie.
v.1.. Aan die families in die stam Juda is deur loting ‘n gebied toegeken. Dit strek suidwaarts tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn en teen die grens van Edom.
v.2.. Die suidelike grens begin by die Soutsee se deel wat suid strek. v.5.. Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop. Die noordelike grens word getrek. v.12.. Die westelike grens is die die kus vd Groot See.
v.13.. Aan Kaleb het Josua, soos die Here hom beveel het, ‘n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, dis nou Hebron. Kaleb het die Enakiete (reuse) Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf. v.15..Daarna is Debir aangeval. Kaleb het ‘n beloning uitgereik vir die man wat Debir verslaan en inneem. Die beloning is sy dogter Aksa. (vgl.Saul,sy dogter en Dawid).
v.17.. Kaleb se jonger broer se seun Otniël (vgl.Rigters 1 en 3), het Debir ingeneem en Aksa as vrou ontvang. Aksa het by haar man Otniël aangedring dat hy by Kaleb haar pa moet vra vir landbougrond. v.19.. Toe sy by pa Kaleb kom, vra hy toe aan haar wat dit is wat sy wil hê. Sy antwoord dat hulle net ‘n deel vd droeë Suidlang gekry het en dat sy ook vrugbare grond en standhoudende water wil hê. Kaleb gee vir Aksa fonteine in die hooggeleë deel en in die laaggeleë deel.
Nou word die stede uitgedeel.
v.20.. Die families in die stam van Juda het die volgende gebied as besitting ontvang. 29 stede met hulle buiteposte, wat ver suid was, is vir hulle gegee.
v.33.. In die Lae veld was daar 14 + 16 + 9 + nog stede en hul buiteposte gegee.
v.48.. In die Bergland was daar 11 + 9 + 10 + 2 stede en hul buiteposte gegee.
v.61.. In die Woestyn was 6 stede en hul buite poste gegee.
v.63.. Die mens van Juda kon dit egter nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle het toe saam met die mense van Juda gebly.
*Deur loting word bepaal waar die grense vir die stam Juda strek. Loting in die verband is ‘n godsdienstige handeling in opdrag van die Here. Vandag se lotery kan jy nie goedkeur nie want dit gaan oor selfverryking. Hier was dit ‘n blote instrument om grond en stede te verdeel.
* Soos Saul, reik Kaleb sy dogter uit as prys vir ‘n dapper man. Otniël is net so dapper soos sy oom en doen die ding. Hy kry Aksa as vrou en word sommer Kaleb se skoonseun.
* Kaleb se dogter Aksa, het net soveel moed soos haar pa en haar man. Kaleb het Josua herinner aan die beloftes van grond, nou stoot Aksa haar man voor om aan pa Kaleb nog grond en water te vra. Kaleb neem dit in ag en gee dit op versoek van sy dogter. Ja, die appel van nie ver van die boom nie.
* Oral word stede en hul buiteposte uitgewys en ingedeel om in te neem. Die Jebusiete van Jerusalem was egter nie in vir oorname nie. Hulle het saamgebly en dus vermeng.
* Jy kan dus hiermee leer dat daar ook ‘n tyd is om te praat. Jy kan op ‘n mooi manier sake op jou hart oordra. Dit is ‘n voorreg om op ‘n mooi manier ‘n standpunt of versoek te stel. Die geheim is mos maar altyd die hoe. Wees egter altyd redelik, billik en opreg.
* Jy kan en mag en behoort die vrymoedigheid te neem om God die Vader, olv die Heilige Gees en in die Naam van Jesus Christus, te nader. Die Here het jou as Sy kind gemaak en hier op aarde gestel. Hy wil hê dat jy met Hom praat, Hom loof en prys, Hom dank, asook om Hom te vra en te smeek. Smeek om vergifnis en vra wat jy nodig het. Vra ook die Vader dat Hy jou grense verbreed, want so kan jy jou deel doen om Sy Koninkryk verder te laat kom.
* Wees dus aan die eenkant dankbaar vir wat jy het, maar aan die anderkant kan jy met vrymoedigheid ook vra. Wie weet wat die Here nog vir jou beplan? Hy wag net dat jy ryp is om jou tot ‘n verdere bestemming te laat beweeg.
Baie sterkte en seën.

Subscribe to:
Comments (Atom)