Liewe Broeders en Susters,
Dit is 1 Desember 2009!
Ons kan terugkyk na nog ‘n jaar wat God gegee het! Mag die laaste deel van 2009 'n voorreg en seën wees.
Sterkte met al die dinge wat nog gedoen en voltooi moet word. Sit die laaste bietjie in, nie vir jouself nie, nie vir die werkgewer nie, maar vir die Here. Dan word dit sommer baie makliker.
Mag ons werklik deur die Heilige Gees ware selfbeheersing ontvang. Mag ons weer dat die geboorte van Jesus Christus, plaasgevind het tot eer van God in die hoogste hemel, en plaasgevind het om vrede op aarde te gee vir God se kinders.
Baie mooi dag en seën vir u.
Joop van Schaik
2009/12/01
2009/09/22
Lofprysing
Goeie More Broeders en Susters in Christus.
Wat 'n voorreg om kind van God te wees, om deur Hom geken te word en Hom te kan dien.
God se genade en liefde is geweldig groot en Hy spoor ons aan om Sy Verlossing deur Christus wyd en syd te verkondig.
Mag ons aangespoor word om nie net na binne te dien nie, maar ook na buite sodat die GKSA as instrument dien vir God om Sy koninkryk te laat kom onder alle volke en nasies en tale...
Die lofprysingsdiens en die heerlike voorreg daarvan het ons beslis aangespoor om heerlik te sing, ek sien en beleef dit by ons gemeente. Ek hoor dit ook by ander gemeentes.
Mag ons elke geleendheid wat ons het, met 'n warm hart ons wonderlike God loof en prys met ons hele hart, siel en verstand.
Groete en seën vir u.

2009/07/24
Is dit hoe Christene met mekaar praat?
(Brief aan Beeld, maar nie deur hulle gepubliseer nie.)
Is dit hoe Christene met mekaar praat?
Die skrywes oor die vrou in die amp in die GKSA bedroef my geweldig. Koerantlees is ontstellend. Ek is self ‘n Christen, ‘n Gereformeerde Christen. Ek is self ‘n dienskneg van Christus, ‘n bedienaar van die Woord van God. Ek was self op die Sinode, deel van die gebede, bespreking, worsteling en besluitneming. My standpunt hieroor is nie belangrik nie, wat wel belangrik is, is ‘n dringende oproep dat ons as Christene landwyd en wêreldwyd, hierdie tipe sake anders hanteer.
Die duiwel lag lekker oor die twisgesprekke binne die kring van Christene. Dít is ‘n praktyk van die sondige natuur (Gal. 5:20). Ek en jy maak ons skuldig hieraan deurdat die manier waarop ons geloofsake en kerksake hanteer, lei tot twis, verdeeldheid en skeuring. God laat dit so toe, totdat jy en ek besef dat ons tot inkeer voor Hom moet kom. Om te besin is reg, maar met afguns? Jy reageer met ‘n brief, jy maak jou eie bloedbroer broer of suster seer, jy maak jou broeder of suster in ‘n ander gemeente en Christelike Kerk seer… Is dit hoe Christene met mekaar praat?
Kom ons bid eerder dat ons wat navolgers van Christus is, meer met die vrug van die Gees met mekaar sal omgaan. Gal. 5:22-23: “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Ek is lief vir die Here, jy is lief vir die Here. Ek is verskriklik dankbaar om ‘n kind van God te wees, om deel van die plaaslike gemeente te wees, jy ook. Dit is nie altyd maklik of lekker om ‘n Christen te wees nie, wel ‘n groot voorreg! Dus, voordat jy iets skryf ,vra eers: is dit wat ek nou sê tot eer van God Drie-Enig? Is die manier waarop ek dit sê tot eer van God?
Mag ons as Christene wat deel is van verskillende Christelike Kerke, eerder met liefde kommunikeer en besin. Mag God se koninkryk hier op aarde deur jou en my kom. Die tyd is min, die tyd is kosbaar!
Joop van Schaik, Kempton Park.

2009/06/19
Stap vir stap
Ek wil 2 Kron 34 met u deel:
Kyk net na die ouderdoms intervalle, baie interessant! 8,16,20,24. Dit lyk vir my of die Here iets daarmee wil sê, ‘n jong mens vorder stap vir stap in dit wat die Here wil hê hy moet doen.
Mag ons ook groei en vorder op die manier. Kom ons bid vir ons jongmense sodat hulle sal besef hoe belangrik die Here is en dat hulle ook die geloofslewe en die kerklike lewe en verhouding met die Here moet koester.
Kom ons bid vir onsself, sodat ons kan groei en dien met die Vrug van die Gees.
Baie sterkte en seën.
Joop
- Josia het op 8 jarige ouderdom koning geword en hy het 31jr geregeer.
- Op 16 het hy begin om die Here te dien.
- Op 20 het hy begin om die Juda en Jerusalem te suiwer van al die afgode.
- Op 24 het hy sy hoofuitvoerende beampte gestuur om die huis van die Here te herstel.
Kyk net na die ouderdoms intervalle, baie interessant! 8,16,20,24. Dit lyk vir my of die Here iets daarmee wil sê, ‘n jong mens vorder stap vir stap in dit wat die Here wil hê hy moet doen.
Mag ons ook groei en vorder op die manier. Kom ons bid vir ons jongmense sodat hulle sal besef hoe belangrik die Here is en dat hulle ook die geloofslewe en die kerklike lewe en verhouding met die Here moet koester.
Kom ons bid vir onsself, sodat ons kan groei en dien met die Vrug van die Gees.
Baie sterkte en seën.
Joop
2009/06/17
Berou en genade
Liewe Broeders en Susters
Iets wat my pas weer aangegryp het, is die wonderlike en grote genade van God deur Jesus Christus vir my en jou as mense.
In 2 Kron. 33 lees ons hoe erg koning Manasse, seun van wyle koning Hiskia, verkeerd gedoen het teen die Here. Manasse het afgodstempels (v.3) gebou en geoffer aan die afgode. Hy het sy eie seuns verbrand! Hy het hom besig gehou met goëlery, waarsêery, en toordery, hy het meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste (v.6). God haat dit en dis gruwelik in Sy oë.
Die Here het Manasse in die hande van die Assiriese koning laat val, met kettings en hake deur sy neus (v.11). Daar in die gat van die lewe, het hy besef dat hy genade by die Here moet kry. Manasse het berou getoon en gebid. Die Here was hom genadig en het hom weer terug laat gaan na Jerusalem en hy was weer koning daar (v.12,13)
Geliefdes, my en jou sondes, sondes van geliefdes, ouers en kinders, vreemdelinge en vyande is baie baie groot. Maar hoor wat die Here hier openbaar: besef dat jy in ‘n gat is, vasgevang in die kettings van die sonde en Satan. Die Heilige Gees laat ons ook opstaan uit die gutter van die lewe, smeek om genade en toon berou voor God.
Gryp vas wat Jesus Christus met sy kruisdood en opstanding vir jou en ander gedoen het, en kyk wat gebeur!
So gee die Here weer aan jou sy liefde en genade, soos vorm die Here jou soos wat Hy jou wil laat wees. Glo, bely, gryp vas deur die inwerking en uitwerking van die Gees en ontvang vrede en verlossing.
Versprei die wonderlike boodskap met jou mond en met jou hart.
Mag jy ‘n wonderlike dag verder ontvang.
Groete en seën vir jou.

2009/06/12
Woorde van geloof en versterking
Geliefdes in Christus, hoor die woorde van Geloof en versterking:
2 Kon. 6:16: Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” 2 Kron. 32:7. Hiskia sê dit vir sy amptenare en die volk tydens die oorlog met Sanherib. By ons is meer is meer as by hom. By hom is ‘n menslike mag, maar by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.
Is dit nie wonderlik om dit te hoor nie! Ek wil jou nuuskierig maak oor wat daar gebeur en wat nou met jou en ons gebeur. Gaan lees dit asb.
Ek bid dat die Heilige Gees jou sal vul met sy inwerking en uitwerking.

2009/04/17
Preke
Liewe Broeders en Susters in Christus,
Ons het voor die vakansie laas gekommunikeer. Dis heerlik om weer die kuberruimte te betree en die evangelie so te versprei en om bande verder te versterk.
Van u het my bekommerd gevra waar is die preke wat ek met e-pos aanstuur want julle gebruik dit en stuur dit aan aan ander gelowiges. Ek het so ‘n brief van vriende en medegelowiges gekry uit Swaziland. Baie van u gee dit ook aan mense wat nie meer in die kerk kan kom nie. Baie van u hou daarvan om na die sondag dit weer te lees sodat daar darem meer as 5% onthou kan word.
Hier is ook 'n skakel na die preke op ons webwerf: Gaan na ons webwerf en kyk by die Aflaai-Area.
Baie groete en sterkte en mag jy seën ontvang en ‘n seën wees.

2009/03/06
Erediens
’n Erediens is ’n samekoms van gelowiges en die middelpunt is God Drie-Ening wat aan die woord kom met Sy Woord/Bybel deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Kom ons bid dat elke Christen meer en meer die behoefte het om getrou na sy kerk te gaan.
Jy is deel van die liggaam van Christus en jy het ’n doel en taak in die gemeente. Maar alles begin in jou binnekamer waar jy gereeld op jou Vader se skoot moet sit. Dan gaan dit verder deurdat jy saam met medegelowiges aansit om van God se Woord te eet.
Bid asb. vir mekaar en bid ook asb vir my. Ek is maar net ’n krom stok wat in die Here se hand ’n reguit hou moet slaan.
Baie groete en seën.

2009/01/30
Byt vas by die werk en in die lewe
Ek lees nou net van Elia wat geroep is om Agab te konfronteer, dis in 1 Kon. 18. Onder die goddelose koning Agab en sy baie erger vrou Isebel, het Obadja gewerk. Obadja het die Here baie getrou gedien en ook sy werk as paleisopsigter (bestuurder) gedoen. Elia gee vir Obadja opdrag om vir Agab te sê dat Elia binnekort met Agab sal kom praat. Obadja vrees vir sy eie lewe. Tog bly die opdrag: gaan sê vir Elia ek kom sien hom vandag.
So staan jy ook in jou werk as getroue Christen en kind van die Here, dikwels ook onder druk en vrees. Tog moet jy jou werk getrou bly doen, maar jy moet onbevrees as Christen dit doen.
Die Here is in beheer en Hy sal jou help om vas te staan en Hy beskerm jou. Dien die Here met geloof en krag.

2008/12/09
Oordenking: Josua 24
Josua gee sy afskeidsboodskap: My familie sal die Here dien. Die vraag is net: wie gaan julle dien, vir die afgode of vir God?
Josua 24
v.1.. Josua het weer al die stamme van Israel in Sigem bymekaargeroep. Hy het die leiers, die hoofde, die regters en die ampsdraers geroep en hulle het hulle plekke ingeneem in die teenwoordigheid van God. Josua het die volk namens die Here toegespreek:
v.2.. Lank gelede het julle voorvaders, dis nou o.a. Tera die pa van Abraham en Nahor, anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien. Tog het die Here Abraham en almal anderkant die Eufraat geneem en die hele Kanaän laat deurgaan. Die Here het ‘n groot nageslag gegee, dis nou deur Isak en Jakob. Jakob is op ‘n stadium na Egipte toe weggevoer.
v.5.. Die Here het vir Moses en Aäron gestuur om Egipte met baie rampe te tref. Daarna het die Here die volk uit Egipte gelei deur die Rietsee. Die Egiptenaars is getref met die dood. Daarna het Israel lank in die woestyn rondgetrek.
v.8.. Daarna het die Here Israel na die land vd Ammoriete gebring oos vd Jordaan. Die Here het hulle in Israel se mag oorgegee.
v.11.. Israel het deur die Jordaan getrek en by Jerigo uitgekom. Al die mense van Jerigo is in die mag van Israel oorgegee. Die Here het aan Israel ‘n land gegee wat hulle nie bewerk het nie en stede wat hulle nie gebou het nie.
v.14.. Betoon nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af vd gode wat julle dien. As julle dit nie wil doen nie, kies dan vandag wie julle wil dien, die gode van die voorvaders of die gode van die Amoriete. WAT MY EN MY FAMILIE BETREF, ONS SAL DIE HERE DIEN.
v.16.. Die volk het geantwoord: Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat en ander gode te dien nie. Die Here het ons gered. Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.
v.19.. Maar Josua het gesê: Julle kan nie die Here dien nie. Hy eis onverdeelde trou. As julle die Here verlaat, sal Hy teen julle draai en ‘n einde aan julle maak. Die volk sê weer:, nee, ons sal die Here dien!
v.23.. Josua: verwyder dan die gode onder julle uit. Die volk: Ons sal die Here ons God dien, ons sal na Hom luister. Daardie dag het Josua ‘n verbond gesluit en daar in Sigem vir hulle voorskrifte en bepalings vasgelê. Hy het die dinge in die wetboek van God opgeskryf, ‘n groot klip gevat en dit by die heiligdom vd Here regop gesit. Die klip sal ‘n getuie teen die volk wees as hulle wel oortree en God bedrieg. Hierna is die volk weer elkeen na sy eie plek.
v.29.. Hierna het Josua die dienaar vd Here gesterf op 110 jarige ouderdom. Hy begrawe in die gebied wat aan hom as besitting gegee is.
v.31.. Israel het die Here bly dien tydens die lewe van Josua en tydens die lewe vd leiers wat vir Josua oorleef het en alles ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het. Josef se liggaam is ook herbegrawe in Sigem. Ook Eleasar die seun van Aäron is oorlede en begrawe.
*Wat tref, is dat die volk en sy voorgangers in die teenwoordigheid van die Here vergader. Die Here is self teenwoordig en Hy is getuie. Almal word tot rekenskap opgeroep.
* So moet jy en ek ook rekenskap gee aan God Almagtig. Dit sou wonderlik gewees het as alle Christen gelowiges hier op aarde, op een slag bymekaar kon kom. Dis nou van alle Christelike Kerke en almal wat die Enige Ware God, Vader, Seun en Heilige Gees, aanbid. Ongelukkig is dit nie hier op aarde moontlik nie, nie voor die wederkoms van Jesus Christus nie. Tog is God Alomteenwoordig en Hy woon deur Sy Heilige Gees in ons harte. Wanneer ons as gelowiges in eredienste bymekaarkom, dan ervaar ons in die kleine hoe dit sal wees as alle gelowiges bymekaar sal wees.
*Goed, die punt is, ons word in 2008 –-> 2009 ook opgeroep om rekenskap te gee van waar ons met God staan. Hoe het jy en ek die Here gedien? Het ons God nie dalk ook met afgode gedeel of vervang nie? ‘n Afgod is mos iets wat ons in die plek van God of naas/langs God stel. Ons moet oppas om vinger te wys na ander mense wat sg. so goddeloos is. Ek en jy kan met eiewilligheid net so godeloos leef en optree. Die eie ek is teenoor God gewoonlik die grootste afgod. Die wêreldse dinge, die menslike dinge is dikwels ook ‘n groot bedreiging.
* Geliefde, wie dien jy en wie gaan jy dien? Soos Josua wil ek graag verklaar: Ek, ek en my familie, ons sal die Here dien. Ek glo ook dat jy/u dieselfde wil verklaar: Ons, ons sal die Here en net Hom alleen dien!
* Jou en my verantwoordelikheid is dan om ons lewe te suiwer van die afgode van die tyd en om ons geheel en al aan God toe te wy.
* Mag die Here ons die krag gee om met volle oorgawe, met alles wat ons is en het, 2008 deur te gaan na 2009! Mag jy in jou gemeente en kerk, in jou huis,skool en werk, mag jy in jou dorp en land, God Drie-Enig dien en eer. Mag jou lewe die gedenkteken wees van God se grootheid en genade, deur voorspoed en rampspoed.
Groete in Jesus Christus

Labels:
Bybel,
gkkpn,
Josua,
Kempton Park,
kerk,
oordenking
2008/12/08
Oordenking: Josua 23
Liewe Broeder en Suster, my verlof het aangebreek, maar ek wil graag die boek Josua saam met u klaar deurwerk. Vandag werk Josua 23 met ons en op ‘n ander dag die laaste hoofstuk, Josua 24.
Josua 23
v.1.. Die Here het rus van alle kante aan Israel gegee, Josua was al baie oud. Josua het die hele Israel opgeroep, die leiers, die hoofde, die regters en die ampsdraers.
v.3.. Josua het aan hulle gesê: Julle het gesien wat die Here julle God alles aan die ander nasies gedoen het twv julle. Dit is Hy, die Here julle God wat die oorlog vir julle voer. Baie plekke is verower en het die eiendom van die stamme geword.
v.5.. Wat die Here belowe het, het Hy gedoen.
v.6.. Julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses, moenie daarvan links of regs afwyk nie. So sal julle nie die nasies wat nog tussen julle woon, se gode aanroep en in hulle naam ‘n eed aflê nie. Julle moet aan die Here julle God getrou bly.
v.10.. 1 van julle jaag ‘n 1000 op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer. Lê julle daarop toe om die Here julle God lief te hê.
v.12.. As julle egter ‘n ander pad loop en julle verbind aan die ander nasies wat tussen julle bly, met hulle vermeng en trou, dan sal die Here nie die nasies verdryf nie. Hulle sal vir julle strikke en wippe stel. Hulle sal julle ondergang wees.
v.14.. Josua sê dat hy self op die pad gaan van elke mens hier op aarde, hy gaan sterf. Julle weet met julle hele hart en siel, dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervuld gebly het nie. Almal het gerealiseer.
v.15.. Aan die ander kant, net so sal die Here ook Sy woord hou, as hulle Sy verbondsverpligtings nie nakom nie deur voor ander gode te buig en hulle te dien, dan sy toorn/woede teen hulle ontvlam en sal hulle gou uit die goeie land verdryf word.
* Josua kyk terug na ‘n ryk en vol lewe. Hy het baie dinge beleef en veral God se genade ontvang. Hy was inderdaad ‘n dienskneg vd Here. Wat die mooiste was vir Josua, is dat die Here Sy Woord hou.
*Josua het al die leiers en die hele Israel bymekaar geroep en hulle gewys op Nb dinge. Die een is dat God die oorlog gevoer het en Israel het baie plekke ontvang. Die tweede is dat God Sy beloftes nakom. Die derde is: net soos die Here seën gee op gehoorsaamheid en dankbaarheid, net so sal hy ongehoorsaamheid en aanbidding van afgode, baie erg straf.
* Geliefdes, ons kan ook terug kyk na ‘n ryk en vol jaar. Jy sal ook kan getuig dat God Sy Woord en beloftes nakom. Dit gee soveel rede vir jou om vol te hou om op God se pad te bly. Leer God elke dag meer en meer ken en hou by Sy verbondsbepalings. Moenie afdraai paadjies vat nie, moenie dink jy kan God deel of vervang met iets of iemand anders wat na jou mening ook goddelik is nie. Dit kan nie en mag nie. So gou soos nou sal God die mat onder jou uitruk en jy sal wegkwyn van godverlatenheid. Mag God ons daarvan bewaar.
* Die mooiste belofte wat die Here gemaak het, is dat Hy Sy Seun sou gestuur het en Hom wel gestuur. Ons is nou in die “Kersgety”. Kom ons wees versigtig om nie die punt te mis nie. Kom ons loof die Here, Prys Sy Naam en dien Hom met ons hele hart, siel, verstand en met al ons krag.
* Mag die Here jou hartseer sagter maak, mag die Here jou spanning verlig, mag die Here jou bekommernisse oplos, mag die Here jou optel uit die nood, mag jy vreugde en vrede ontvang, mag die liefde in jou lewe blom, mag die Here jou seën en naby wees.
Baie groete
Joop van Schaik.

2008/11/26
Oordenking: Josua 22:9-34
Geliefde, konflik en misverstand is nou eenmaal deel van ons lewe. Hoe moet ons dit hanteer? Kom ons kyk hoe dit in Josua 22 hanteer word.
Josua 22:9-34
v.9.. Die stamme Ruben, Gad en die halwe Manassestam is vd res van Israel in Kanaän weg na hulle eie gebied oorkant die Jordaan, Gilead. Toe hulle daar by Gelilot aan die Jordaan se kant in Kanaän kom, bou hulle ‘n baie groot indrukwekkende altaar.
v.11 Toe die res van Israel het dit gehoor, was hulle baie ontsteld. Hulle het ‘n volksvergadering gehou en gereed gemaak vir oorlog teen die 2 en ‘n half stamme. Hulle het vir Pinehas, seun van priester Eleasar na 2enhalf gestuur. Saam met Pinehas was daar 10 volksleiers, 1 van elke stam (9enhalf).
v.16.. Die boodskap was: Hoe kon julle so ‘n daad van ontrou begaan teen die God van Israel? Dis verset en sonde teen God. Môre breek Sy toorn los teen die hele Israel. Kom eerder terug na ons, as om nog ‘n ander altaar te bou bo en behalwe die altaar vd Here ons God. Hulle dink ook terug aan wat Akan seun van Serag gedoen het in die verlede. Toe het die toorn vd Here losgebreek teen Israel. Dit kan nou weer gebeur!
v.21.. Die mense vd 2enhalwe stam sê toe: Nee! Net die Here is God, Hy alleen. Ons het nie die altaar gebou om in verset te kom nie. Hulle verskoning was dat hulle bekommerd was dat die ander 9enhalwe stamme hulle sal wegwys en verhinder om die Here te dien, dat daar gesê sal word: julle het nie deel in die Here nie.
v.28.. Ons het die altaar nie gebou om daarop te offer nie, maar dat dit vir die nageslag sal dien as ‘n model van ‘n altaar, en dat die altaar as getuie sal dien tussen ons en julle. Ons dink glad nie om in verset teen die Here te kom nie.
v.30.. Pinehas en die leiers het die rede aanvaar en het ook gesê: ons weet nou die Here is by julle en julle was nie ontrou aan Hom nie. Pinehas en die leiers is terug na Israel en het gaan verslag doen. Die Israeliete was tevrede en het God geprys.
v.34.. Die mense van 2enhalf, het die altaar ‘n naam gegee: “Hy is die getuie tussen ons dat die Here God is.”
* Ons sien dat hier nou eintlik twee groepe gevorm word binne die 12 stamme van Israel. Die twee groepe voel bedreig deur mekaar. Daar is ook wantroue onderling. Dit blyk egter dat beide die groepe wel die Here wil aanbid.
* Wat mooi is, is om te sien dat daar nie net sonder enige kommunikasie oorlog gemaak is nie. Die ongelukkige groep het ‘n priester segsman en 10 ander leiers gestuur na die ouens teen wie hulle dit het. ‘n Ontmoeting het plaasgevind en die ding is uitgepraat. Die konflik is uit uitgeklaar en as misverstand verklaar. Albei dien die Here.
* Jy moet ook ‘n les hieruit leer. Moenie net aanvaar dat dit wat jy dink iemand anders doen of sê, werklik so is nie. Gaan maak seker wat aangaan. Praat tog net met mekaar. Jy sal dalk eerder stilbly en dan broei die ding hier in jou hart. Wat later uitbroei, gaan nie mooi wees nie. Doen moeite en beskou dit as baie belangrik om die probleem, konflik of misverstand uit te klaar.
* Binne ‘n groot groep moet dit ook geld. Dit kan wees in ‘n familiekring, vriendekring, werkkring, kerk en orals...
* Wanneer jy weet dat jy met ‘n medegelowige te doen het, moet jy juis moeite doen. Probeer ook eers met die ongelowige te praat, al weet jy dat julle nie eintlik dieselfde fondament het nie. Dalk raak jy die ongelowige aan vir die Here. Dink veral ook aan Matt.18:15-17.
* Die naam vd altaar is so mooi: “Hy is die getuie tussen ons dat die Here God is”. Laat jou verhouding met jou geliefdes en ander mense so ‘n altaar wees. Laat jou manier van doen ‘n getuienis wees van wie en wat God Drie-Enig is. So is jy ‘n evangelis van formaat.
Baie sterkte vir die laaste deel van Novembermaand.
Groete. Seën word u/jou toegebid.

2008/11/21
Oordenking: Josua 22:1-8
Geliefde in Christus, jammer dat ek nou eers weer aan die skryf kom. Ek het die voorreg gehad om die Oostelike Streek-Sinode by te woon. Dis die gebied vanaf Germiston tot in Komatipoort en Pongola. Ons het die mees vredevolle Sinode sitting gehad en ervaar. Daar was geen besware en netelige sake om te hanteer nie. Die hoogtepunt was die ondervraging van ‘n teologiese student en sy beroepbaarstelling. Ook het ons besluit om die Tans Oranje Instituut vir spesiale onderwys meer bekend te stel in die koerante en in ons gemeente. Ons sal graag ons vredevolle en baie goeie gesindheid onder mekaar na die Algemene Sinode van die GKSA neem. Mag die Here DV daardie vergadering seën.
So van seën gepraat, dis wat gedoen word deur Josua tot die Stamme Ruben, Gad en Mannasse.
Josua 22:1-8
v.1.. Josua het die stamme Ruben, Gad en die een helfte vd Manassestam geroep en vir hulle gesê: Julle het alles gehoorsaam gedoen wat Moses die dienaar vd Here julle beveel het.
v.3.. Julle het die hele tyd nie julle broers in die steek gelaat nie en gedoen wat die Here beveel het. Nou het julle broers ‘n woonplek. Gaan julle nou na julle eie woonplekke, die deel oorkant die Jordaan.
v.5.. Sorg net dat julle die gebod van die Here getrou onderhou, nl. Om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te gehoorsaam, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.
v.6.. Josua het hulle met ‘n seënwens laat gaan na hulle woonplekke toe.
v.8.. Gaan terug na julle woonplekke met groot rykdom, groot troppe vee, silver, goud....
* Net voordat Israel deur die Jordaan sou gaan, het die stamme gesê dat hulle die gebied daar duskant van die Jordaan as woongebied wil hê. Dis so goedgekeur, met die voorwaarde dat hulle eers saam sal gaan en in alle gevegte saam sal veg totdat al die stamme hulle grondgebied kon kry. Hulle het hulle woord gehou en nou kan hulle teruggaan. (Num.32 en 34:14)
* Nou is dit so mooi dat hulle met ‘n seën weggestuur word.
* Baie belangrik, hier aan die einde van die lang pad, voordat ‘n nuwe wonderlike tyd aanbreek, word hulle eers weer herinner aan God se liefde en gebod, hulle liefde vir God en hoe hulle Sy gebooie moet gehoorsaam met hart en siel.
* Dan kom die wegstuur met ‘n seën. Inderdaad is hulle ook geseënd, want hulle kon met rykdom, vee, edelmetale... terug keer en ‘n goeie lewe gaan leef.
* Wanneer mens so aan die einde van ‘n jaar kom, wanneer jy ‘n taak baie getrou afgehandel het, dan is dit lekker om mekaar te bedank en mekaar seën toe te wens. Die seën behels dat dit met jou goed mag gaan, maar die belangrikste is dat jy geestelike seën kan bly ontvang, dat jou verhouding met God kan verdiep en groei. Om die rede word jy ook vandag weer met die teksgedeelte geleer dat die Here gevolg moet word en dat jy elke oomblik moet lewe volgens Sy wil.
* Dit is ook my begeerte vir jou, mag jy deur die Here vasgehou word en mag jy geseën word deur die Here. Mag jy geestelike seëninge in oovloed kry en mag jy genoeg ontvang om van te lewe en om God te dien met jou hart en siel. Bly net asb. op die Here se pad.
Groete en seën.

2008/11/17
Oordenking: Josua 21
Liewe Broeders en Suster, vandag leer ons dat die kerk oraloor onder ons moet wees en instand gehou moet word, en dat God Sy belofte nakom. Hy doen en gee wat Hy sê en belowe.
Josua 21
v.1.. Die familiehoofde vd Leviete het na die priester Eleasar en na Josua en na die familiehoofde vd Israelitiese stamme gekom en gesê: “Die Here het deur Moses beveel dat ons stede moet kry om in te woon en weiveld vir ons vee.”
v.3.. Die Israeliete het toe die bevel vd Here uitgevoer en vir die Leviete woongebiede en weivelde gegee.
v.4.. Daar is vir die Kehatgroep geloot vir stede en weivelde..
v.6.. Vir die Gersongroep is daar ook stede geloot...
v.7.. Vir die Merarigroep is daar ook stede geloot...
v.41.. Die Leviete het altesaam 48 stede met weivelde in die woongebied van die Israeliete gehad.
v.43.. Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het. Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy aan die voorvaders beloof het. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee.
v.45.. Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.
* Soos die Here beveel en belowe het, het dinge gebeur.
* Die Here het beveel dat die Leviete regoor die hele lande stede moet kry, tesame met weivelde. Die Leviete het dus wel eiendom gekry, maar nie soos die ander 11 stamme in ‘n eie streek nie.
* Die Leviete verteenwoordig die teenwoordigheid van die Here oral oor. ‘n Land kan nie sonder die Here se werk deur die Leviete voortgaan nie. Die Here moet oral en altyd betrokke wees en daar moet altyd eers gevra word wat die Here se wil is. Die Leviete het dus ‘n woonplek gekry, kon ook hulle diere versorg, en is verder gevoed deur die 10des van offerandes van verskillende aard. Wat aan die Here geoffer is, is gegee aan die diensknegte.
* Vandag kan mens dankbaar wees dat daar in ons land en sekere wêrelddele Christelike Kerke is. Die Here moet altyd geken en gevolg word. Die versorging van die dienaars en die instandhouding van die kerk is verseker baie belangrik.
* Ongelukkig loop mens jou dikwels vas teen die ondankbaarheid van baie ‘gelowiges’ wat nie hul dankoffers aan die Here gee nie. Dit beteken ook dat ons landwyd en wêreldwyd gemeentes en hulle diensknegte het wat nie eervol versorg word nie. Dink net wat kan die Here deur gemeentes, kerkrade en diensknegte doen as die 10des werklik teruggegee word aan die Here. Wat die Here op die manier toekom, word gegee vir die diensknegte. Ek is seker dat daar meer as dubbel soveel predikante en pastore sal wees wat die veld ingestoot kan word om die Koninkrykswerk te lei. Gelowiges sal op die manier ook baie meer gereeld besoek kan word en in kleiner liefdevolle groepe gemobiliseer kan word. Askuus, nou raak ek in vervoering.... Maar soos daar geskryf is in Luk.10:2 “Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”(NAV) Kom ons bid dat die Here meer arbeiders sal roep en dat Hy jou en my sal aanspoor om die 10des te offer sodat die werk wat gedoen word, kan verdubbel...
* Wat die Here belowe, dit doen Hy! Hou hieraan vas. Jy beleef baie voorspoed en rampspoed. Jy dink dalk die Here het jou al lankal vergeet, dis nie waar nie, Hy werk met jou. Die Here buig jou en vorm jou. Beroep jou op God se beloftes, nie op aardes luukses nie. God het Israel belowe dat Hy hulle die land sal gee om in te lewe. Ongelukkig het hulle dit weer opgemors. Jy het die belofte dat Jesus Christus jou Verlosser is, dat Hy jou sondes wegneem, dat Hy jou weer ‘n 2de kans gee, dalk ‘n 100ste kans gee. Benut die kans. As jy nalatig is in jou gelooflewe, as jy jaag na prestasie, erkenning en rykdom, as jy vasgevang is in die nek van die bottel of ander verslawende middele, as jy ’n kort humeur het, as jy vloek.... So kan ons baie dinge opnoem. Laat jou lei deur die Heilige Gees en wend jou tot ons Hemelse Vader, smeek in die naam van Jesus Christus om vergifnis en verlossing en reiniging van jou sondes. As jy opreg is hiermee, het jy verlossing gekry. Wys dan met jou lewe dat jy ’n kind van God is en hou koers agter Jesus aan.
* Doen jou deel om God se gemeente te onderhou met jou dankoffers. Beroep jou op God se beloftes, Hy doen wat Hy belowe.
Baie sterkte en ek bid u/jou die seën van die Here God toe.

2008/11/13
Oordenking: Josua 20 - "Asiel"
Liewe Broeder en Suster. Vandag gaan oor “asiel”.
Josua 20
v.1.. Die Here het vir Josua aangesê dat hy asielstede moet afstaan soos wat Hy destyds aan Moses beveel het. Die funksie van ‘n asielstad, is dat iemand wat onopsetlik en sonder voorbedagte rade die dood van ‘n ander veroorsaak het, na die stad kan vlug om sodoende die wraak van ‘n bloedverwant van die oorledene te ontkom.
v.4.. Die prosedure is as volg: wanneer ‘n vlugteling by die ingang vd stadspoort kom, stel hy sy saak by die leiers vd stad. As dinge volg die ouens reg is, dan neem hulle hom op in die stad en gee vir hom/haar ‘n woonplek. As daar dan persone wat hom agtervolg daar aankom, sal die leiers hom nie oorgee in hulle hande nie. (As die familie die man/vrou sou vang voordat hy/sy by die asielstad uitkom, kon hulle hom volgens die reg net daar doodmaak)
v.6.. Dit werk verder dan so: die vlugteling verskyn by die bevoegde vergadering en die hoëpriester van daardie tyd moes eers sterf. Daarna kan die een wat iemand se dood onskuldig veroorsaak het, weer vry teruggaan huis toe. Dit kan nogal lank vat, daarom die noodsaak van ‘n asielstad.
v.7.. ‘n paar stede is toegewys as asielstede.
* Sjoe, dis nou nogal ‘n wonderlike ding wat hier ingestel is. Mens hoor so nou en dan op die nuus van asielsoekers. Nou verstaan mens beter wat ‘n “aansoek om asiel”, beteken. Ook vandag kan iemand wat bang is dat sy lewe geneem kan word, of dat hy nie ‘n regverdige verhoor gaan kry nie, aansoek om asiel doen by ‘n ander land. Miskien kan die regsouens onder ons bevestig of dit ook is wat dit vandag beteken.
* Ons leer hier dat ons moet erken dat jy of iemand ‘n onopsetlike sonde kan pleeg, of ‘n sonde sonder vooraf bedagte rade kan doen. Jy en ek is dikwels hieraan skuldig, sommer aan baie klein goedjies. Jy het dit nie so bedoel nie, maar tog het dit gebeur. Jy voel skuldig, jy is skuldig en wat nou?
* Ons het vandag die regstelsel wat beoordeel oor wat reg en verkeerd is en wat wel opsetlik gepleeg is, of wat onopsetlik gepleeg is of gebeur het of nie. Terwyl die saak aan die gang is, kan die persoon vrygelaat word op borgtog (ook ‘n tipe asiel).
* Wat ek hieruit leer, is dat daar wel dinge teen my gedoen was en gedoen word, wat nie opsetlik is nie. Die seun of meisie, man of vrou, het iets gesê of gedoen, maar hy of sy het nie naastenby besef wat die gevolg daarvan gaan wees nie. Party dinge gebeur ook net per ongeluk. Dis hoekom mens dit ‘n ongeluk noem. Die asiel gedagte is daarom dat jy nou dadelik moet besef dat jy hierdie onopsetlike dinge wat gebeur, baie meer versigtig moet hanteer. As jy bv. per ongeluk die oorsaak was dat jou broer of vriend seerkry of selfs ‘n ledemaat verloor, dan is daar genade vir jou. Jy moet ook genade aan die een bewys wat dit dalk met jou gedoen het of met jou laat gebeur het. Benader dinge dus baie anders.
* Wat vir jou baie beteken, is dat jy asiel deur Jesus Chrisus by die Vader kry. Boonop kry jy nie net asiel vir wat jy onopsetlik gesondig het nie, maar ook vir die dinge wat jy opsetlik gesondig het. Jesus Christus tree vir jou in by die Vader. Hy het klaar die straf gedra en keer die straf wat die Vader moet gee, af. Jesus is jou Middelaar en jou Verlosser. Jy het asiel in die hemel en jou plek is klaar vir jou toegeken, dis vas en seker klaar jou erfenis (1Pt.1).
* Wat leer ons dus: Wees baie geduldiger met dit wat teen jou gebeur. Stel eers vas of iets opsetlik was of dalk onopsetlik. Wanneer iemand sy opsetlike sonde teen jou bely, vergewe hom/haar, al moet die regbank sy gang gaan. Nog meer moet jy bereid wees om iemand wat onopsetlik teen jou gesondig het, te vergewe, al is dit ook die oorsaak van die dood van ‘n geliefde. Jy en ek kry asiel, beskerming en vergifnis deur Christus by die Vader. Glo dit deur die werking van die Heilige Gees.
* Mag jy ‘n geseënde tyd van verligting en bevryding kry en gee. Vra asiel en gee asiel.

2008/11/12
Oordenking: Josua 19
Liewe Broeders en Susters. As jy wil regverdig wees, moet dit nie net sê nie, doen dit so.
Josua 19
v.1..9 Die 2de loting was vir die families van die stam Simeon. Hulle eiendom was binne-in dié van die gebied van die stam van Juda. Hulle het die gebied gedeel omdat dit te groot was vir die stam van Juda.
v.10..16 Die 3de loting was vir die families in die stam Sebulon. Die gebied tot by Sarid.
v.17..23 Die 4de loting was vir die families in die stam Issaskar.
v.23..31 Die 5de loting was vir die families in die stam Aser.
v.32..39 Die 6de loting was vir die families in die stam Naftali.
v.40.. Vir die families in die stam Dan, is 7de geloot.
v.47.. Die stam Dan het sy gebied verloor en het toe vir Lesem aangeval en verower en daar gaan woon. Lesem se naam is toe verander na Dan.
v.49.. Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het Josua aan die beurt gekom. Die Israeliete het die toewysing gemaak en Josua het ‘n eiendom tussen die van hulle ontvang. Op bevel vd Here het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het. Dit was Timnat-Serag in die Efraïmsberge. Hy het die stad herbou en daar gaan woon.
v.51.. Hier word afgesluit deur weer te sê dat die verdeling en toekenning deur loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, by die ingang van die tent van ontmoeting, plaasgevind het.
*Hierdie tema van die verdeling van die land, hou ons al ‘n paar dae besig. Hier kom later nog dinge oor die asielstede en die Leviete wat iets tussen almal kry.
* Gister het ons na die beginsel van samewerking tot ‘n regverdige bestel of verdeling gekyk. Vandag se hoofstuk voer dit uit. Ons sien dat daarby gehou is. Op ‘n stadium kan jy dalk kyk wat van elke stam se gebied gesê word. Ds. Willem Vogel het een keer hier by ons kom preek oor die stam Sebulon en hulle grondgebied. Dit was nou regtig insiggewend.
* Ons sien ook dat Josua sy beurt gekry het. Die leier was laaste aan die beurt, maar tog het hy sy regmatige deel gekry. Wat mooi is, is dat die Here deur die Israeliete die uitdeel proses omgedraai het. Eers was Josua die ou wat die leiding geneem het en ander het ontvang, en toe deel die Israeliete uit en Josua ontvang. Die belofte aan Kaleb en Josua is dus nou volledig uitgevoer, al was Kaleb eerste aan die beurt en Josua laaste.
* Almal het dus nou ‘n beurt gekry. Die groot ding is nou net wat maak jy met wat jy ontvang?
* Wat ook beklemtoon word, is dat die hele proses in die teenwoordigheid van die Here plaasgevind het, van die begin tot die einde.
* Wat maak jy met wat jy van die Here ontvang? Is dit vanselfsprekend of ‘n gawe?
* Ken jy die Here in alles, ek bedoel alles? So gaan jy met genade geworstel kry deur die beproewinge en versoekings. So gaan jy ook in tyd van vreugde nie vergeet van die Here nie.
* Ons moet net weer beklemtoon dat gebed en Bybellees een van die belangrikste items op jou dag se agenda moet wees.
Mag u/jy geseënd wees en ‘n seën wees.

2008/11/11
Oordenking: Josua 18 - Samewerking tot regverdigheid
Broeders en Susters. Regverdige verdeling van grond vind hier by Israel plaas. Die manier wat waarop dit gedoen is, is baie insiggewend.Werk saam tot op die punt waar almal dink dis regverdig wat gedoen word en ontvang word.
Josua 18
v.1.. Die hele Israelietiese volksvergadering het in Silo bymekaar gekom en die tent van ontmoeting is daar opgeslaan. Die land was onder hulle beheer gewees, maar daar was nog 7 stamme wat nog nie hulle grondgebied ontvang het nie.
v.3.. Josua spreek hulle aan omdat hulle nog nie die lang in besit gaan neem het nie. Hy vra toe 3 manne uit elke stam met die doel om hulle te stuur na die hele gebied toe. Hierdie saamgestelde groep moes die hele gebied wat oor is, in 7 dele te verdeel.
v.6.. In teenwoordigheid vd Here sal daar deur loting ‘n toewysing gemaak word. Die Leviet kry nie ‘n deel nie want hulle woon tussen die ander stamme en lewe uit wat die Here toekom.
v.9.. Die Manne is toe weg en het in ‘n boek ‘n beskrywing vd 7dele opgeteken, stad vir stad.
v.10.. Josua het in teenwoordigheid vd Here die loting gedoen en die land verdeel.
v.11.. Deur loting is ‘n gebied aan die stam van Benjamin toegeken tussen die gebiede van die stamme van Juda en Josef (Manasse en Efraim).
v.12...28 Al die grense was vasgestel en dit is in besit geneem der die families van Benjamin.
* Die tent van ontmoeting was die reisende opslaankerk gewees. Orals waarheen die volk getrek het, is die tent van ontmoeting saam geneem. Later sou die tempel in Jerusalem die tent van ontmoeting vervang. Wanneer die volk by die Here moet hoor wat hulle moet doen, of as die Here met hulle wou praat, het die priester of leier na die tent van ontmoeting toe gegaan. Daar het die Here in ‘n wolk aan hulle verskyn en Sy wil en bevele is oorgedra. So moes die volk dan doen wat aan hulle gesê is.
* Hoe verdeel jy nou ‘n stuk land regverdig? Dink bietjie aan jou kinderdae. 2 kinders moet ‘n stuk koek deel. Wat is die beste manier om die verdeling te maak? Die een wat die koek op deel, moet die kleinste stukkie vat. Nodeloos om te sê dat daardie stuk koek 50/50 opgedeel is.
* Hier het die Here deur Samuel ‘n skitterend plan gemaak. 3 manne van elke stam moes saamkom om 7 gelykwaardige areas in te deel. Die toekenning is deur loting gemaak. Die groot ding was dat hulle almal wat daar teenwoordig was, sal sorg dat al 7 dele ewe goed is, want hy is tog so bang hy kry dalk die swakker deel. Op die ou end is al 7 dele baie goed verdeel.
* Ons het hier amper iets soos ‘n Klassis vergadering, of dalk ‘n Streek-Sinode sitting. Afgevaardigdes van al die gemeentes kom bymekaar om gemeenskaplikse sake te bespreek. Wanneer daar oor iets verskil word, word daar gewerk na ‘n punt van wedersydse instemming. Die GKSA het juis volgende week 7 Streek-Sinodes wat in sitting gaan wees. Die 7 Streek-Sinodes se afgevaardigdes gaan dan vanaf 5 Januarie tot 17 Januarie 09 die Nasionale Sinode vergadering hou. Hier word dan weer besin oor al die gemeenskaplike sake van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Doen asb. Voorbidding in daardie tyd sodat daar met wysheid gehandel kan word.
*Jy kan hierdie beginsels van afvaardiging om te besin oor ‘n regverdige toedeling of besluitneming oor iets, ook in jou werk gebruik. Werk saam tot ‘n punt waar jy saamstem, of jy totdat tevrede is met die uitslag van ‘n stemming.
* In die kleiner kring behoort jy ook ‘n probleem uit te praat en vredevolle oplossings te soek.
* Gelukkig loot die Here nie oor jou plek in die hemel nie. Hy het Jesus Christus klaar gestuur om jou plek in die hemel gereed te maak. Wat van jou verwag word, is ‘n dankbare leefstyl. Probeer ook regverdig wees met mense wat op jou pad kom.
* Geniet en waardeer wat jy van die Here ontvang.
Baie groete en sterkte

2008/11/10
Oordenking: Josua 17:14-18 - Vra en bring jou kant
Broeders en Susters, vra gerus vir meer, maar moet dit nie te ver vat nie. Staan op en bring jou kant.
Josua 17:14-18
v.14.. Die nakomelinge van Josef het met Josua gaan praat: Waarom loot u vir ons net een keer? Ons is baie mense, want die Here het ons besonderlik geseën. (Gideon het teenoorgestelde rede gebruik as ‘n verskoning – ek is uit die kleinste familie – Rigters 6).
v.15.. Josua erken dat hulle baie is en sê dat hulle ‘n stuk boswêreld kan gaan skoonmaak in die gebied van die Feresiete en die Refaïte. Hulle reageer en sê dat die Bergland ook nie groot genoeg is nie. Boonop het die Kanaäniete wat daar rond woon ysterstrydwaens.
v.17.. Josua hou egter by sy besluit, hulle kry die Bergland by en dis dit. Wat hy óók sê, is dat die Kanaiete wel ysterstrydwaens het en dat hulle sterk is, maar Josef se nageslag, Manasse en Efraïm sál hulle uitdryf.
*Josef se nageslag, Manasse en Efraïm was skielik nie meer die kleinste groep mense nie. Hulle erken ook dat die Here hulle geseën het.
* Hulle vra nóg grond, hulle krý nog grond, maar is nie tevrede nie. Die ouens gaan nou te ver, dit klink of hulle die broodjie aan albei kante gebotter wil hê. Vra is vry, en die weier...
*Hulle het gekry, maar net genoeg. Hulle moes ook hulle kant bring deur self in te spring en hulle vrees teen die vyand te oorkom. Die ysterstrydwaens was ‘n teken van mag, krag en oorwinning. Tog, al was die Refaïte ook deel van die reuse, al was daar ysterstrydwaens, kry hulle die versekering dat hulle wel sal oorwin.
* Dis eintlik baie mooi hoe die Here deur Josua hier met die Josef ouens werk. Daar word toeggegee net tot op ‘n punt. Dan word die streep getrek en jy moet dan met geloof inspring.
* Vandag kan jy ook met vrymoedigheid vra. Jy kan vra by die Here en jy kan vra by enige mens, jou werkgewer, jou regeerder, jou... Onthou net dat jy nie alles net so op ‘n skinkbord kan kry nie. Jy moet leer om te kan presteer. Jy moet werk om ‘n inkomste te verkry. Jy moet verantwoordelik wees en dit wat aan jou opgedra word, na te kom...
* Wat jy wel op ‘n skinkbord kry, is die ewige lewe, die verlossing van jou sondes. Jy kan dit nie verdien of koop nie. Máár, omdat jy die ewige lewe as geskenk, uit genade ontvang, kan jy nie anders as om self in te spring en uit dankbaarheid te werk en te leef nie.
* Dus, vra gerus met vrymoedigheid, maar moet dit nie te ver vat nie. Erken God se seën in jou lewe. Vra genade en moed en spring in teen die reuse en die ysterstrydwaens in jou lewe. Jy is klaar verlos, veg dus die stryd hier op aarde omdat jy klaar die oorwinnaar is saam met Jesus Christus. Kom uit dankbaarheid jou verantwoordelikheid na teenoor God, jou geliefdes, jou werkgewer en kollegas, jou kerk....
* Priotoriseer asb. Vra wat God wil hê jy eerste moet doen.
* Baie sterkte, dié tyd van die jaar is maar vol druk en spanning. Take moet afgehandel word en volgende jaar sin word al beplan. Dis ‘n dubbele vrag, dis ‘n reus op ‘n strydwa, maar jy sal dit oorwin.
Baie sterkte en seën vir u.

2008/11/06
Oordenking: Josua 16, 17 - Aanbid God alleen en wees regverdig in jou optrede
Liewe susters en broeders. Ons gaan voort met die verdeling van die grondgebied tussen die stamme van Israel.
Josua 16
v.1.. Aan die nakomelinge van Josef is deur loting ‘n gebied toegeken wat strek vd Jordaan af regoor Jerigo, oos vd Jerigofonteine.
v.4.. Die stamme Manasse en Efraim, nakomelinge van Josef, het die grondgebied gekry.
v.5.. Meer inligting word gegee oor die gebied wat die families van Efraim ontvang.
v.9.. Daarby het ook nog die stede en buiteposte gekom wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.
v.10.. Die Efraimiete het nie al die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het dwangarbeid vir die Efraimiete gedoen.
Josua 17
v.1.. aan Josef se oudste seun, Manasse se families, is ook deur loting ’n gebied toegeken.
v.3.. Selofgad wat ook uit die geslag van Manasse was, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hulle name word ook vermeld: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hierdie dogters het na priester Eleasar en Josua en na die leiers gegaan en hulle herinner aan die bevel van Moses. Die bevel was dat hulle ook grond onder die stamgenote moet kry. So het hierdie dogters uit die Manassestam ook hulle grondgebied gekry saam met die mans.
v.12.. Die mense van Manasse kon egter ook nie die stede verower nie, en die Kanaäniete het in die gebied bly woon. Later het die Israeliete wel sterker geword en het die Kanaäniete dwangarbeid laat doen.
* Omdat die stam van Levi as prieters opgetree het, is die twee seuns van Josef gereken in hulle plek. Josef se seuns was Efraim en Manasse. (Israel se 12 stamme: 12-1 + 2 = 12)
* Daar was weer deur loting woongebiede uitgedeel. Ook hier het die Kanaäniete oorleef, al het hulle dwangarbeid gedoen vir Israel. Sommige van die Kanaäniete het waarskynlik ook soos die Israeliete vir God aanbid. Tog het die meeste Kanaäniete hulle gode bly aanbid. Die versagting teen afgode was later Israel se ondergang.
* In vandag se tyd is dit ook dikwels die hoofoorsaak waarom Christene en die Christelike Kerk seer kry. Sogenaamde godsdiensvryheid en verdraagsaamheid word van ons verwag. Dis alles goed en wel, maar op die ou end raak ons so mak teenoor ander godsdienste, dat ons hulle god as gelykwaardig beskou. Dit lei weer na die New-Age.
* Iemand het juis vandag navraag gedoen oor wat ek dink van die New-Age beweging. Dit is niks anders as vermenging van godsdienste nie. Die N-A beweging sê dat alle godsdienste dieselfde god aanbid. Dit is ‘n afskuwelike leuen. Die Skrif sê baie duidelik dat net die Here God van die Bybel waarlik God is, die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Bybel is propvol hiervan. Ek noem net ‘n paar: Deut.32:39; Jes.41;13; Jes.433,10,12,15; Jes.44:6,8; Jes.45:5,6,18,21,22. Jy moet alles in jou vermoë doen om God as Enigeste ware God self te dien en ook die wêreld te leer dat daar net Een ware God is.
* In die Ou Testamentiese tyd was die oudste seun van geslag tot geslag genoem. Onder hom was die res van die familie wel gereken. Wanneer daar dan nie seuns was nie, maar net dogters, was hulle nie net buite rekening gelaat nie. Hulle het die volle maat ontvang wat hulle toegekom het. Gaan lees gerus meer oor Selofgad in Num.26,27 en 36. Ook in 1 Kron 7:15 word van hulle melding gemaak. Die punt is dus omregverdig te wees met almal, ook wanneer ‘n verdeling gemaak word van eiedom en goedere.
* Aanbid God Drie-Enig alleen en wees regverdig in jou optrede teenoor ander, manlik en vroulik, jonk en oud.
Baie sterkte en seën word u/jou toegebid.

2008/11/05
Oordenking: Josua 15
Dagsê Broeders en Susters in Christus. Ek was vir twee dae in Potchefstroom gewees. Dit was ‘n voorreg om betrokke te wees by die GKSA se sustentasie deputate vergadering. By hierdie vergadering word fondse toegedeel aan gemeentes in SA + Namibië wat in nood is.
Josua 15
Ons het met Jos.14 te doen gehad met Kaleb wat hom beroep het op ‘n belofte wat 45 jaar terug aan hom gemaak is. Met Josua 15 kry ons verder te doen die stamgebied vir Juda en ons hoor ook weer van Kaleb, die keer ook van sy familie.
v.1.. Aan die families in die stam Juda is deur loting ‘n gebied toegeken. Dit strek suidwaarts tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn en teen die grens van Edom.
v.2.. Die suidelike grens begin by die Soutsee se deel wat suid strek. v.5.. Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop. Die noordelike grens word getrek. v.12.. Die westelike grens is die die kus vd Groot See.
v.13.. Aan Kaleb het Josua, soos die Here hom beveel het, ‘n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, dis nou Hebron. Kaleb het die Enakiete (reuse) Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf. v.15..Daarna is Debir aangeval. Kaleb het ‘n beloning uitgereik vir die man wat Debir verslaan en inneem. Die beloning is sy dogter Aksa. (vgl.Saul,sy dogter en Dawid).
v.17.. Kaleb se jonger broer se seun Otniël (vgl.Rigters 1 en 3), het Debir ingeneem en Aksa as vrou ontvang. Aksa het by haar man Otniël aangedring dat hy by Kaleb haar pa moet vra vir landbougrond. v.19.. Toe sy by pa Kaleb kom, vra hy toe aan haar wat dit is wat sy wil hê. Sy antwoord dat hulle net ‘n deel vd droeë Suidlang gekry het en dat sy ook vrugbare grond en standhoudende water wil hê. Kaleb gee vir Aksa fonteine in die hooggeleë deel en in die laaggeleë deel.
Nou word die stede uitgedeel.
v.20.. Die families in die stam van Juda het die volgende gebied as besitting ontvang. 29 stede met hulle buiteposte, wat ver suid was, is vir hulle gegee.
v.33.. In die Lae veld was daar 14 + 16 + 9 + nog stede en hul buiteposte gegee.
v.48.. In die Bergland was daar 11 + 9 + 10 + 2 stede en hul buiteposte gegee.
v.61.. In die Woestyn was 6 stede en hul buite poste gegee.
v.63.. Die mens van Juda kon dit egter nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle het toe saam met die mense van Juda gebly.
*Deur loting word bepaal waar die grense vir die stam Juda strek. Loting in die verband is ‘n godsdienstige handeling in opdrag van die Here. Vandag se lotery kan jy nie goedkeur nie want dit gaan oor selfverryking. Hier was dit ‘n blote instrument om grond en stede te verdeel.
* Soos Saul, reik Kaleb sy dogter uit as prys vir ‘n dapper man. Otniël is net so dapper soos sy oom en doen die ding. Hy kry Aksa as vrou en word sommer Kaleb se skoonseun.
* Kaleb se dogter Aksa, het net soveel moed soos haar pa en haar man. Kaleb het Josua herinner aan die beloftes van grond, nou stoot Aksa haar man voor om aan pa Kaleb nog grond en water te vra. Kaleb neem dit in ag en gee dit op versoek van sy dogter. Ja, die appel van nie ver van die boom nie.
* Oral word stede en hul buiteposte uitgewys en ingedeel om in te neem. Die Jebusiete van Jerusalem was egter nie in vir oorname nie. Hulle het saamgebly en dus vermeng.
* Jy kan dus hiermee leer dat daar ook ‘n tyd is om te praat. Jy kan op ‘n mooi manier sake op jou hart oordra. Dit is ‘n voorreg om op ‘n mooi manier ‘n standpunt of versoek te stel. Die geheim is mos maar altyd die hoe. Wees egter altyd redelik, billik en opreg.
* Jy kan en mag en behoort die vrymoedigheid te neem om God die Vader, olv die Heilige Gees en in die Naam van Jesus Christus, te nader. Die Here het jou as Sy kind gemaak en hier op aarde gestel. Hy wil hê dat jy met Hom praat, Hom loof en prys, Hom dank, asook om Hom te vra en te smeek. Smeek om vergifnis en vra wat jy nodig het. Vra ook die Vader dat Hy jou grense verbreed, want so kan jy jou deel doen om Sy Koninkryk verder te laat kom.
* Wees dus aan die eenkant dankbaar vir wat jy het, maar aan die anderkant kan jy met vrymoedigheid ook vra. Wie weet wat die Here nog vir jou beplan? Hy wag net dat jy ryp is om jou tot ‘n verdere bestemming te laat beweeg.

Subscribe to:
Posts (Atom)