Liewe susters en broeders. Ons gaan voort met die verdeling van die grondgebied tussen die stamme van Israel.
Josua 16
v.1.. Aan die nakomelinge van Josef is deur loting ‘n gebied toegeken wat strek vd Jordaan af regoor Jerigo, oos vd Jerigofonteine.
v.4.. Die stamme Manasse en Efraim, nakomelinge van Josef, het die grondgebied gekry.
v.5.. Meer inligting word gegee oor die gebied wat die families van Efraim ontvang.
v.9.. Daarby het ook nog die stede en buiteposte gekom wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.
v.10.. Die Efraimiete het nie al die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het dwangarbeid vir die Efraimiete gedoen.
Josua 17
v.1.. aan Josef se oudste seun, Manasse se families, is ook deur loting ’n gebied toegeken.
v.3.. Selofgad wat ook uit die geslag van Manasse was, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hulle name word ook vermeld: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hierdie dogters het na priester Eleasar en Josua en na die leiers gegaan en hulle herinner aan die bevel van Moses. Die bevel was dat hulle ook grond onder die stamgenote moet kry. So het hierdie dogters uit die Manassestam ook hulle grondgebied gekry saam met die mans.
v.12.. Die mense van Manasse kon egter ook nie die stede verower nie, en die Kanaäniete het in die gebied bly woon. Later het die Israeliete wel sterker geword en het die Kanaäniete dwangarbeid laat doen.
* Omdat die stam van Levi as prieters opgetree het, is die twee seuns van Josef gereken in hulle plek. Josef se seuns was Efraim en Manasse. (Israel se 12 stamme: 12-1 + 2 = 12)
* Daar was weer deur loting woongebiede uitgedeel. Ook hier het die Kanaäniete oorleef, al het hulle dwangarbeid gedoen vir Israel. Sommige van die Kanaäniete het waarskynlik ook soos die Israeliete vir God aanbid. Tog het die meeste Kanaäniete hulle gode bly aanbid. Die versagting teen afgode was later Israel se ondergang.
* In vandag se tyd is dit ook dikwels die hoofoorsaak waarom Christene en die Christelike Kerk seer kry. Sogenaamde godsdiensvryheid en verdraagsaamheid word van ons verwag. Dis alles goed en wel, maar op die ou end raak ons so mak teenoor ander godsdienste, dat ons hulle god as gelykwaardig beskou. Dit lei weer na die New-Age.
* Iemand het juis vandag navraag gedoen oor wat ek dink van die New-Age beweging. Dit is niks anders as vermenging van godsdienste nie. Die N-A beweging sê dat alle godsdienste dieselfde god aanbid. Dit is ‘n afskuwelike leuen. Die Skrif sê baie duidelik dat net die Here God van die Bybel waarlik God is, die Drie-Enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Bybel is propvol hiervan. Ek noem net ‘n paar: Deut.32:39; Jes.41;13; Jes.433,10,12,15; Jes.44:6,8; Jes.45:5,6,18,21,22. Jy moet alles in jou vermoë doen om God as Enigeste ware God self te dien en ook die wêreld te leer dat daar net Een ware God is.
* In die Ou Testamentiese tyd was die oudste seun van geslag tot geslag genoem. Onder hom was die res van die familie wel gereken. Wanneer daar dan nie seuns was nie, maar net dogters, was hulle nie net buite rekening gelaat nie. Hulle het die volle maat ontvang wat hulle toegekom het. Gaan lees gerus meer oor Selofgad in Num.26,27 en 36. Ook in 1 Kron 7:15 word van hulle melding gemaak. Die punt is dus omregverdig te wees met almal, ook wanneer ‘n verdeling gemaak word van eiedom en goedere.
* Aanbid God Drie-Enig alleen en wees regverdig in jou optrede teenoor ander, manlik en vroulik, jonk en oud.
Baie sterkte en seën word u/jou toegebid.
Joop van Schaik
2008/11/06
2008/11/05
Oordenking: Josua 15
Dagsê Broeders en Susters in Christus. Ek was vir twee dae in Potchefstroom gewees. Dit was ‘n voorreg om betrokke te wees by die GKSA se sustentasie deputate vergadering. By hierdie vergadering word fondse toegedeel aan gemeentes in SA + Namibië wat in nood is.
Josua 15
Ons het met Jos.14 te doen gehad met Kaleb wat hom beroep het op ‘n belofte wat 45 jaar terug aan hom gemaak is. Met Josua 15 kry ons verder te doen die stamgebied vir Juda en ons hoor ook weer van Kaleb, die keer ook van sy familie.
v.1.. Aan die families in die stam Juda is deur loting ‘n gebied toegeken. Dit strek suidwaarts tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn en teen die grens van Edom.
v.2.. Die suidelike grens begin by die Soutsee se deel wat suid strek. v.5.. Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop. Die noordelike grens word getrek. v.12.. Die westelike grens is die die kus vd Groot See.
v.13.. Aan Kaleb het Josua, soos die Here hom beveel het, ‘n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, dis nou Hebron. Kaleb het die Enakiete (reuse) Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf. v.15..Daarna is Debir aangeval. Kaleb het ‘n beloning uitgereik vir die man wat Debir verslaan en inneem. Die beloning is sy dogter Aksa. (vgl.Saul,sy dogter en Dawid).
v.17.. Kaleb se jonger broer se seun Otniël (vgl.Rigters 1 en 3), het Debir ingeneem en Aksa as vrou ontvang. Aksa het by haar man Otniël aangedring dat hy by Kaleb haar pa moet vra vir landbougrond. v.19.. Toe sy by pa Kaleb kom, vra hy toe aan haar wat dit is wat sy wil hê. Sy antwoord dat hulle net ‘n deel vd droeë Suidlang gekry het en dat sy ook vrugbare grond en standhoudende water wil hê. Kaleb gee vir Aksa fonteine in die hooggeleë deel en in die laaggeleë deel.
Nou word die stede uitgedeel.
v.20.. Die families in die stam van Juda het die volgende gebied as besitting ontvang. 29 stede met hulle buiteposte, wat ver suid was, is vir hulle gegee.
v.33.. In die Lae veld was daar 14 + 16 + 9 + nog stede en hul buiteposte gegee.
v.48.. In die Bergland was daar 11 + 9 + 10 + 2 stede en hul buiteposte gegee.
v.61.. In die Woestyn was 6 stede en hul buite poste gegee.
v.63.. Die mens van Juda kon dit egter nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle het toe saam met die mense van Juda gebly.
*Deur loting word bepaal waar die grense vir die stam Juda strek. Loting in die verband is ‘n godsdienstige handeling in opdrag van die Here. Vandag se lotery kan jy nie goedkeur nie want dit gaan oor selfverryking. Hier was dit ‘n blote instrument om grond en stede te verdeel.
* Soos Saul, reik Kaleb sy dogter uit as prys vir ‘n dapper man. Otniël is net so dapper soos sy oom en doen die ding. Hy kry Aksa as vrou en word sommer Kaleb se skoonseun.
* Kaleb se dogter Aksa, het net soveel moed soos haar pa en haar man. Kaleb het Josua herinner aan die beloftes van grond, nou stoot Aksa haar man voor om aan pa Kaleb nog grond en water te vra. Kaleb neem dit in ag en gee dit op versoek van sy dogter. Ja, die appel van nie ver van die boom nie.
* Oral word stede en hul buiteposte uitgewys en ingedeel om in te neem. Die Jebusiete van Jerusalem was egter nie in vir oorname nie. Hulle het saamgebly en dus vermeng.
* Jy kan dus hiermee leer dat daar ook ‘n tyd is om te praat. Jy kan op ‘n mooi manier sake op jou hart oordra. Dit is ‘n voorreg om op ‘n mooi manier ‘n standpunt of versoek te stel. Die geheim is mos maar altyd die hoe. Wees egter altyd redelik, billik en opreg.
* Jy kan en mag en behoort die vrymoedigheid te neem om God die Vader, olv die Heilige Gees en in die Naam van Jesus Christus, te nader. Die Here het jou as Sy kind gemaak en hier op aarde gestel. Hy wil hê dat jy met Hom praat, Hom loof en prys, Hom dank, asook om Hom te vra en te smeek. Smeek om vergifnis en vra wat jy nodig het. Vra ook die Vader dat Hy jou grense verbreed, want so kan jy jou deel doen om Sy Koninkryk verder te laat kom.
* Wees dus aan die eenkant dankbaar vir wat jy het, maar aan die anderkant kan jy met vrymoedigheid ook vra. Wie weet wat die Here nog vir jou beplan? Hy wag net dat jy ryp is om jou tot ‘n verdere bestemming te laat beweeg.
Baie sterkte en seën.

2008/10/31
Oordenking: Josua 14
Liewe Suster en Broeder. God sorg en Hy laat jou die reuse oorwin.
Josua 14
v.1.. Hier volg ‘n oorsig oor die gebiede wat die Israeliete in Kanaän ontvang het. Priester Eleasar en Josua het die toekenning gedoen dmv loting soos die Here beveel het.
v.3.. Die Leviete kry nie ‘n eie gebied nie, wel dorpe en weiding by al die stamme.
v.4.. Die nageslag van Josef het 2 stamme gevorm, Mannasse en Efraim.
v.6.. Toe die mense van die stam van Juda na Josua gekom het, het Kaleb seun van Jefunne vir Josua herinner oor wat die Here aan Moses oor hulle 2 gesê het. Kaleb was 40 jr oud toe hy en Josua die land saam met 12 ander verkenners verken het. Tien vd verkenners se hart was verstyf van angs en het negatiewe berig gegee. Kaleb en Josua het ‘n positiewe verklaring gemaak.
v.8.. Kaleb het God getrou gedien en Moses het met ‘n eed belowe dat die gebied waar hy toe as verkenner deurgegaan het, aan hom en sy nageslag as besitting gegee sal word.
v.10.. 45 jaar later, toe Kaleb 85 was, het hy Josua hieraan herinner. Kaleb sê dat hy nog baie krag het, net soos op 40. Gee my nou asb. die bergwêreld, die vestingstede van die Enakiete. Miskien sal die Here by my wees sodat ek dit kan verower soos die Here my belowe het. (Die Enakiete was die reuse).
v.13.. Josua het sy seën uitgespreek oor Kaleb en hom Hebron as besitting toegeken. Daarom behoort Hebron aan Kaleb, want hy het die Here God getrou gevolg.
* U/jy sal vir Josua en Kaleb as verkenners onthou.Ons lees hiervan in Num.13 en 14. Baie negatief, bevrees en beangs, gevul met ongeloof, het hulle gesê dat die land baie mooi is, maar te gevaarlik. Josua en Kaleb het gesê dat die Here dit aan Isael gee, hulle moet voortgaan. In Num.14:24 word die belofte gemaak dat die land wat hy verken het, aan sy nageslag gegee sal word.
* Wat sê dit vir jou? Die Here hou Sy woord. Die Here sorg vir jou, nou, later en elke dag.
* Wat verwag die Here van jou? Getrouheid, gehoorsaamheid, vertoue in die Here.
* Ons is half in ‘n skok toestand met die wêreld ekonomie wat so seergekry het. Jy het ook baie seergekry. Die mensdom met sy geld en mag, is nie bestand teen God se Almag nie. In ‘n oogwink kan alles net niks wees. Net so gryp God in en kan als in ‘n miljoenste van ‘n sekonde wegneem word en ‘n ronde 0 gemaak word. Dis wat gaan gebeur as die wederkoms plaasvind. Dan is alles op aarde ‘n niks, ‘n nul....
* Aan die ander kant, God sorg. Jy kan op die Here se belofte staatmaak en jou ook daarop beroep. Jy kan die Here menslik gesproke daaraan herinner. Hy vergeet nie, maar toets jou of jy nog onthou dat die Here wel sal sorg. Gaan met vrymoedigheid, soos Ps.81 dit berym, na die Here en vra om te ontvang wat Hy belowe het.
* Jy leer dus om werklik te vertrou en te weet dat die Here gesorg het, nou sorg en altyd sal sorg vir jou en jou nageslag.
*Die wonderlikste is dat jy ook herinner word met Joh.3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.(NAV). Wat ‘n wonderlike liefde, verlossing en wete dat jou erfenis die ewige lewe is, nou al!
*Wat ook baie mooi is, is om te sien dat Kaleb kans sien vir die Reuse. Die Enakiete was die Reuse, die Gloliats van daardie tyd. Hy het nie gesê, ek is nou al oud en dat die Here dit so ‘n bietjie makliker vir hom moet maak nie. Nee,hy het gesê dat sy kragte nog ok is en dat, as dit die Here se wil is, dat Hy die Enakiete en kie aan hom sal oorgee. Dit het ook so gebeur.
* Vir jou leer dit dat jy nie moet wegskram vir die reuse van die lewe nie. Hoe groot die taak ook al is, hoe moelik die opdrag, die Here sal met jou wees en jy sal DV volgens Sy wil regkry wat jy moet. Pak dus hierdie dag en res van die jaar die reuse aan, pak die reuse taak aan, pak die mense wat soos reuse voor jou staan aan. Niks is te groot in jou pad as dit die Here se pad is nie.Wees jy ook maar net getrou.
Baie mooi dag vir jou, wees getrou en gebruik die krag wat die Here vir jou gee.

2008/10/29
Oordenking: Josua 13
Dagsê susters en broeders. Ons gaan nou ‘n rukkie stilstaan by die beginsel van ‘n regverdige toedeling van grondgebied. Die Here besluit wie wat kry.
Josua 13
By Josua 12 het ons gesien dat die stamme Ruben, Gad en ‘n helfte van die Manassestam hulle plek in die son gekry het. Josua 13 bou hierop voort met fyner besonderhede.
v.1..Josua het baie oud geword en daar is nog ‘n baie groot deel vd land wat in besit geneem moes word. Onder die dele wat oorbly, is daar al die Filistynse gebiede en die hele Gesurgebied, asook nog ander plekke. Daar is die hele Kanaänitiese gebied van Teman.....
v.6.. Die Here sê dat Hy al die bewoners vd bergwêreld sal verdryf om vir die Israeliete plek te maak, so ook met die ander plekke...... Intussen moet Josua al hierdie gebiede as besitting aan Israel toewys, soos die Here beveel het.
v.8.. Die gebied oos vd Jordaan is reeds aan Ruben, Gad en ‘n helfte vd Manasse stam gegee. v.14.. Net aan die Levistam is nie ‘n eie gebied as besitting toegeken nie. Die Leviete is offers aan die Here die God van Israel en hulle ontvang van wat Hom toekom, soos Hy hulle beloof het. Ons sal nog sien hoe die Leviete by elke stam se gebied ‘n deel ontvang.
v.15.. Weer word die gebied vir die stam Ruben uitgespel. Dit het aan die Jordaan gegrens. Daar was verskeie stede en buiteposte.
v.24.. Weer word die gebied vir die stam Gad uitgespel. Dit was die streek oos vd Jordaan. Daar was verskeie stede en buiteposte.
v.29.. Weer word die gebied vir die een helfte vd Mansse stam uitgespel. Wat ons hier moet raaksien, is dat die een deel van Manasse se nageslag hierdie gebied ontvang het. Dit was die nakomelinge van Makir die een seun van Manasse. Sy ander seun se nageslag kry op ‘n ander plek hulle deel.
v.32.. Ook hier word gesê: “Aan die stam Levi het Moses nie ’n eie besitting toegeken nie. Hulle ontvang van wat die Here die God van Israel self toekom, soos Hy hulle beloof het.”
* Wat opval, is dat die Here klaar Sy besluite geneem het. Dit moet nou nog net uitgevoer word. Hy kon dit sommer net laat gebeur het, maar nee, Hy het besluit dat die mens deel is van Sy Skepping en die mens moet hier hoor, luister en doen. Wat ‘n voorreg dat God Almagtig elke liewe mens in Sy Raadsplan gebruik!
*Gelukkig is ons plek in die mooiste beloofde land klaar vir ons voorberei, ‘n plek in die woning van God! Jesus het dit klaar voorberei. Jy en ek moet egter ons regmatige plek hier op aarde inneem, dit wat die Vader vir jou bestem het, dit moet jy najaag en uitvoer.
* Jy leer dus dat jy nie met jou optrede iets kan verdien nie, jy ontvang dit as ‘n geskenk. En omdat jy dit uit genade ontvang, wil jy mos nou baie graag gehoorsaam wees aan die Here. Dis nou dankbaarheid!
*Geliefde, jy het jou spesifieke plek, jy en jou mense rondom jou. Jou gemeente het ‘n spesifieke plek in jou omgewing. Neem daardie plek in en wys wie is God.
* Ons word ook weer ‘n keer met die Leviete stam daarop gewys dat die Here Sy deel, Sy dankoffer ontvang en dit gebruik om die godsdiens mee in instand te hou. In elke stamgebied was daar Leviete, aanbiddingsplekke, altare en ... Die Leviete is orals versorg en het die volk gelei in hulle diens aan die Here. Wat ‘n voorreg, vir die Leviet en die burger van God se volk. Wat ‘n voorreg vir jou en my om deel van die kerk in ons gebied te wees. Wat ‘n voorreg om te offer en te dien.
* Wees verseker van God se liefde vir jou, Hy gee jou ‘n plek in die hemel en Hy gee jou regmatige plek alreeds hier op die aarde. Ontvang dit, benut dit en dien God so.
Groete

2008/10/28
Oordenking: Josua 12
Liewe Broeders en Susters. Doen gerus voorraadopname en kyk wat doen God vir jou.
Josua 12
v.1.. Die Israeliete het die konings van verskeie lande verslaan en die gebied ingeneem. Dis die oorkant van die Jordaan, die gebied van die Arnon vallei af tot by Hermonberg, en die hele oostelike deel van die Jordaanvallei. Dit was Koning Sihon van die Ammoriete in Gesbon en Koning Og van Basan.
v.6.. Moses het nog hierdie 2 konings verslaan en die gebied gegee aan die stam Ruben, die stam Gad en die halwe Manassestam.
v.7.. Josua hulle het ook die konings vd land duskant die Jordaan, aan die westekant, die Libanonvallei tot Karmelberg na Seïr toe, verslaan.
v.24.. Dit was altesaam 31 konings.
Hoofstuk 13 wat kom... Josua was al baie oud en hy kry opdrag om die land verder te verdeel en toe te deel.
*Die Here het regtig voorgegaan met die oorlog wat gevoer is teen al die volke wat afgode aanbid. Getrouheid aan die Here was kardinaal van belang. Die Here hou Sy Woord. Daarom moet mense dit ook doen.
* Die verdeling van grond aan elke stam het reeds begin. ‘n Opname is gemaak van wat alles al gedoen was. Moses het ‘n deel van die werk gedoen en Josua het dit opgevolg, beide getroue diensknegte van die Here.
* As mens hierdie gelyste inligting deurkyk, dan besef jy hoe groot God se Almag is en wat Hy doen.
* ‘n Regverdige verdeling van die land wat al ingeneem is en wat nog ingeneem moet word, gaan nou plaasvind.
* Dis belangrik dat ek en jy ook gereeld tot stilstand kom om ‘n voorraadopname te maak. Maak veral ‘n voorraad opname van God se genade in jou lewe. Maak staat op God se belofte en leef daardeur. Hoe wonderlik om te weet dat ek en jy reeds ons plek in die hemel het. Jesus Christus het dit klaar vir ons verwerf.
* Vra ook gereeld elke dag vir die Here dat Hy jou wys wat jou taak is vir elke dag. Die jaar loop vinnig tot ‘n einde en ons doen al weer beplanning vir die volgende jaar. Bid en vra God dat Hy jou help om die jaar se werk en roeping mooi te voltooi. Bid dat Hy jou sal help om weer kragte op te bou vir die nuwe jaar wat kom. Beplan, maar moet jou nie nou so komkommer dat dat jy paniekerig raak nie. Onthou gerus wat in Fil.4:13 staan; “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

2008/10/27
Oordenking: Josua 11
Broeder en Suster, die oormag lyk dikwels te groot, die probleme te ingewikkeld..... Hoe nou gemaak?
Josua 11
v.1.. Koning Jabin van Hasor het ook gehoor van Josua se oorwinnings. Hy stuur toe boodskappe na baie ander konings in die omgewing uit sodat hulle ook ‘n bondgenootskap kan vorm teen Israel. Dis so gedoen en die leërs was so baie soos die sand vd see. Daar was ook baie perde en strydwaens. Hulle het by Meromwaters teen Israel ontplooi.
v.6.. Die Here sê vir Josua, moenie vir hulle bang wees nie. Môre gee ek hulle oor aan Israel.
v.7.. Josua hulle het die bondgenootskap skielik oorval daar by Meromwaters. Die Here het hulle in Josua se mag oorgegee.
v.10.. Daarna het Josua na Hasor gegaan en dié stad ook ingeneem. Die plek en sy koning het vroeër ‘n leiersposisie ingeneem tussen al die koninkryke daar. Alles is uitgeroei. Die stad is afgebrand.
v.12.. Al die ander stede in die omgewing is ook ingeneem, die konings en die mense is uitgeroei. Die ou gevestigde stede is nie afgebrand nie.
v.15.. Wat die Here sy dienaar Moses beveel het, het Moses vir Josua beveel, en dit het Josua gedoen, niks is nagelaat nie.
v.16.. Josua het die hele land ingeneem, die Bergland, Suidland, Gosengebied, Laeveld.....
v.19.. Behalwe die Hewiete in Gibeon, het nie een stad met Israel vrede gemaak nie. Die Israeliete het hulle almal in gevegte verower.
v.20.. Dit was die Here wat hulle inverset laat kom het, sodat hulle teen Israel geveg het: hulle moes sonder genade uitgeroei word, soos die Here Moses beveel het.
v.21.. In die tyd het Josua ook die Enakiete (reuse) in die berge, Hebron, Debir, Anab en in die Judaberge uitgeroei. Net in Gasa, Gat en Asdos was daar Enakiete oor.
v.23.. Josua het die hele land ingeneem soos die Here vir Moses beveel het, en het toe die land as besitting aan Israel gegee, vir elke stam ‘n deel. Die land kon toe rus van oorlog.
*Nog ‘n bondgenootskap word gevorm. Hulle trek op teen Israel by Meromwaters, maar die Here gee hulle in Israel se mag oor. Die Here het vir Josua gesê dat hulle nie bang hoef te wees nie.
* Bondgenootskappe is vandag nog ‘n praktyk. Verskillende lande kom ooreen om mekaar te help teen ‘n gemeenskaplike vyand. Die Irak oorlog is ‘n voorbeeld hiervan. Die VSA en Brittanje en nog ander het saamgestaan. In die politiek werk dit nog so. Die ANC is ‘n bondgenootskap. Tussen besighede is daar dikwels ‘n ooreenkoms om saam te staan teen ‘n gemeenskaplike opposisie. Jy en jou vriende het dalk al ooreengekom om als in julle vermoë te doen om die ou van wie julle nie hou, se lewe moeilik te maak.
* Nog baie ander stede, konings en ook die reuse is uitgeroei. Soos die Here beveel het, so is dit gedoen.
* Die Here het die mense in verset laat kom sodat hulle kon veg en verloor. Hy het Israel gelei, voorgegaan en in staat gestel om die oorlog te voer en te oorwin. Die Here laat hierdie mense net soos die Farao in verset kom teen God en teen Israel. Die Here se doel daarmee is om Sy grootheid te bewys. Oorwinning word gegee, ten spyte van geweldige teenkanting en oormag.
* Verset is nie ‘n lekker ding nie, veral as dit teen jou is. Hoe moet jy verset of teenstand hanteer? Gaan na die Here toe en praat dit met Hom in gebed en Bybelleestyd uit. Die Here laat ook dinge teen jou toe, met die doel om jou geloof sterker te maak en om jou afhanklikheid van Hom groter te maak. Die Here plaas dikwels die verkeerdste of booste ou op jou pad, sodat jy dit moet hanteer in afhanklikheid. Die Here gee oorwinning aan jou.
* ‘n Tweede keer is gesê: soos die Here beveel het, is gedoen. Dis jou en my oplossing ook, vra vir God, hoor by Hom, en doen wat Hy jou beveel. Dis die enigste pad vir jou om te loop. Hou aan daarmee, elke dag, elke oomblik van jou lewe.
Baie mooi dag vir jou/u. Hoor by God en doen wat Hy jou wys.

2008/10/24
Oordenking: Josua 10
Liewe Susters en Broeders in Christus. God voer die oorlog vir jou.
Josua 10
v.1.. Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor dat Josua hulle Ai vernietig het, soos vir Jerigo, en ook van die slim truuk van Gibeon om vrede met Israel te sluit. Die mense van Jerusalem was baie bang. v.3.. Adoni het 4 ander konings nader geroep om ‘n verbond met hulle te sluit om saam te staan. Hul 1ste stap was om Gibeon self in te neem. Hiervoor het hulle opgetrek.
v.6.. Die mense van Gibeon het vir Josua hulle laat weet van die krisis. U moet ons help!
v.7.. Die Here het vir Josua hierin gelei: “Moenie vir hulle bang wees nie, Ek gee hulle in jou mag oor. ..”
v.8.. Josua het deurnag getrek en die Amoriete skielik oorval. Die Here het hulle paniekbevange gemaak. ‘n Groot slagting het gevolg. v.11.. Die wat gevlug het, is deur die Here met groot haelstene doodgeslaan, meer as met die swaard.
v.12.. Josua het ook vir die Here gevra dat die son stilstaan in Gibeon en Ajalonlaagte. Die son het stilgestaan totdat die vyande verslaan was.
v.14.. So ‘n dag was daar nie nooit weer nie, toe die Here ag geslaan het na die stem vd mens. Die Here het vir Israel die oorlog gevoer.
v.16.. Die 5 konings het gevlug en in ‘n grot weggekruip. Josua gee bevel dat die opening van die grot met ‘n groot klippe geseël moet word en dat die res vd vyand agtervolg moet word. Die Here gee hulle in julle mag.
v.20.. Na die geveg, is al die manskappe is behoue terug na die kamp. Niemand het dit meer gewaag om iets teen Israel te sê nie.
v.22.. Josua gee bevel dat die konings uit die grot gehaal moet word. Dis die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon. Josua roep al die leiers en Israeliete en sê: sit julle voete op die konings se nekke. Josua sê verder: moenie bang wees nie, wees sterk en vasberade, so sal die Here maak met al die ander vyande.
v.26.. Die 5 konings is aan ‘n boom opgehang en teen sononder afgehaal. Hulle is in die grot gegooi en dis met groot klippe toegepak.
v.28.. Daardie dag het Josua Makkeda ingeneem, die koning doodgemaak en die stad uitgeroei.. v.29.. Hierna is Libna ingeval en daarna Lakis. v.34.. Eglon en Hebron was volgende. v.38.. Debir het dieselfde oorgekom.
v.40.. Josua het die hele gebied platgeloop, die Bergland, Suidland, Laeveld en die Hange. Niemand het vrygekom nie. Alles wat asem het, is uitgeroei, soos die Here beveel het.
v.42.. Die veldtogte is gewen omdat die Here die God van Israel die oorlog vir Israel gevoer het. Hulle is terug na die kamp in Gilgal.
*Jou woord is jou woord. Dis wat Josua gedoen het. Toe die leunaars van Gibeon in die moeilikheid beland het, het Josua by sy eed gehou en hulle gaan help.
* Hoe getrou hou jy jou woord, ook teenoor die van wie jy nou nie eintlik hou nie, selfs teenoor jou vyand? Onthou wat ons gesê het, as jy ‘n eed aflê, roep jy God in as jou getuie. Dis baie ernstig. Ek dink dis nogal ‘n groot probleem in huisgesinne, families, vriendkringe, kerke, werkkringe, regerings en in die hele wêreld. Hoe betroubaar is jy?
* Josua het sy les geleer om nie weer sonder die Here op te tree nie en het die Here gevra wat om te doen. Die Here sê dis reg en Hy sal die vyand in Israel se mag oorgee. Deur die swaard en hael het God die geveg gevoer. Die Here het die oorlog vir Israel gevoer.
* Kyk wat het die Here gedoen met gehoorsaamheid aan Hom, die vyand verkrummel voor Israel. Waarmee worstel jy? Wat lyk vir jou absoluut onmoontlik en onveranderd? Waarvoor bewe jy en is jy slapeloos en...? Hou aan om afhanklik van die Here te wees. Hou aan om te vra en hou aan om te doen wat die Here vir jou uitwys om te doen. Al lyk die taak te groot en onmoontlik, luister na die Here en gaan doen dit. Hy doen dit vir jou en Hy gebruik jou in Sy Raadsplan en Wil.
* ‘n Natuurwonder het plaasgevind, die son het stilgestaan! Die Here is in beheer van als, alles en almal.
* Die grootste geveg wat God vir jou gevoer het, was deur Jesus Christus teen die Satan. Hier kon geen mens mens enigsinds iets bydra nie en sal ook nooit kan nie. God het deur Jesus Christus se kruisdood en opstanding klaar die oorwinning gegee. Jy moet net kinderlik glo en vashou aan Jesus Christus. Jy moet net deur die werking van die Heilige Gees hoor en doen wat God vir jou sê en wys. Staan op en gaan voort, moenie in sak en as gaan sit nie. Moenie verval in ‘n groef van pessimisme en negatiewiteit nie. Moenie vaskyk in mense nie, hou jou oog gevestig op Jesus Christus.
Baie mooi naweek vir u.

Subscribe to:
Posts (Atom)