2008/08/22

Oordenking: 22 Augustus 08 - Deut 2-4

Liewe Susters en Broeders

Ek het absolute rustigheid gekry oor ons gemeente, sy vreugdes en kommer. Die Here seen en bly seen.

Bid asb vir my sodat ek die Woord, suiwer, reguit, verstaanbaar, en met liefde verkondig.

Neem u/jy solank nou saam verantwoordelikheid en kyk wat gebeur.

Kom ons kyk Deut 2 – 4 deur:

In 2:25 lees ons dat die Here pertinent se dat Hy die ander volke vir Hom en vir Israel bang maak, sodat daar vrees en respek kom.

In 2:31 staan dat die Here Sihon in hul mag gee, gaan net en verower hulle

In 3:2 lees ons dat Israel nie bang mag wees vir koning Og nie, die reuse se reuse koning, God sal hulle in I se mag gee.

3:11 Koning Og se bed wat 4 meter lank en 2 meter breed ! ‘n Reus, 2 keer my lengte.

3:12 Die Here het aan stamme Ruben, Gad en die halwe Mannasse stam hulle deel gegee.

3:21 Jou 2 oë het gesien wat God doen! Moenie bang wees nie.

3:24 Watter god kan God nadoen?

3:28 Moses gee aan Josua opdragte, oordrag van leierskap wat gaan kom.

4:1 julle moet luister na die voorskrifte, bepalings en waarin onderrig word…

4:4 Jy mag niks byvoeg of wegvat nie!

4:7 Die Here maak van Israel (I) ‘n groot nasie met wysheid en insig.

4:9 Pas net op!. ….. skerp dit in by jou kinders….

4:13 Die Here gee Sy verbond – hy gee genade – verlossing en toe sy wet

4:15 Jou lewe is op die spel! Jy mag geen afgod maak nie

4:20 Die Here haal I uit die ystersmeltoond, Egipte, en lei hulle weg na Kanaan.

4:23 Moenie die verbond vergeet nie!

4:30 Wanneer jy in nood verkeer, kom terug na die Here, Hy sal jou nie in die steek laat nie!

4:32 Stel ondersoek in na die verlede

4:35 Besef dat Ek die Here is, die enigste God.

4:37 God lei die volk deur Sy teenwoordigheid.

4:39 Neem dit ter harte wat gedoen was, gedoen word, gedoen sal word, Net God is God!

Sjoe, pas nou toe wat hier van Israel gese word op u/jou/my/ons.

Moenie bang wees vir die reuse van die wêreld nie. Moenie bang wees vir Satan nie.

Jou 2 oë het al gesien en jou hart onthou wat die Here al aan jou gedoen het.

Pas asb op, die Here weet, Hy gee en Hy sal ingryp.

Die Here haal ons deur Jesus Christus uit die hel se smart en hittevuurgloed.

Neem ter harte wat God nou se en bly op Sy pad, sommer baie naby aan Hom.

Die Here lei u/jou/my KPN, Halleluja. Dank God vir wat Hy nog gaan doen. Loof Hom en prys Hom vandag met jou hart,siel,gees,werk en als

Lekker dag en mag jy ‘n seen wees

Joop