2008/08/29

Oordenking: 29 Augustus 08 - Deut 13 en 14

Liewe Broeders en Susters
Ek het gelukkig nou tyd gekry om vanoggend se oordenking wel te tik. Verskoon die afgerondheid daarvan en dikwels te reguit toepassing.
Proeflees word nie gedoen nie en dit kan verseker beter gestel wees. Vat dit asb dus soos dit kom. Daar kom soms baie interessante tikfoute, soos vra wat vry uitkom!

As jy dalk tekste soek oor ‘n sekere saak of woord. Stuur dit gerus vir my en ek gebruik my lekker program om dit blitsig op te soek en vir jou te stuur sodra ek kan.

Deut 13
v.1.. Daar is vals profete wat deur God toegelaat word iets te vertel van tekens en wonders, en daar word toegelaat dat die teken wel plaasvind.
Die versoeking word dan aan die kind van God gerig, kom ons gaan dien die ander gode.
v.3..God sê: jy mag nie. Die Here stel jou net op die proef om vas te stel hoe lief jy Hom het met jou hart en siel. Jy moet getrou bly aan die Here.
v.5.. Die aanhitser/valse profeet wat opstand teen God wil sien, moet sterf.
v.6.. Die aanhitser kan self familie wees.
v.8.. Jy mag nie voor hom swig en luister nie.
v.14.. Oor die verleiding moet daar deeglik ondersoek wees en haarfyn uitgevra word.
v.18.. Staan dit teen en gehoorsaam God, doen wat reg is in Sy oë.
*Daar is vandag ook valse mense, sektes, sondes, wat deur die Here toegelaat word om op jou pad te kom. Die “sukses” daarvan se doel is om jou te probeer verlei om saam die sonde te doen.
* Hier leer ons dat jy dit moet raaksien, dat jy glad nie daarmee mag saamgaan nie, dat jy dit agressief moet teenstaan. Jy moet getrou bly aan die Here. Dink aan daai fliek wat jy so kyk, die een waarin alles wat jou geloof verloën word…..
* Die aanhitser, verleier moet uitgewys en uitgewis word. Vandag kan ons nie die mens doodmaak nie, maar jy moet hom uitwys en wegkry uit jou omgewing.
* Stel presies vas wie wat waar en weet waarmee jy te doen het. Waarsku.
* Hou aan doen wat reg is voor God. Dis ‘n opdrag, voorreg en vreugde.

Deut.14
v.1.. Julle is die kinders van God, ‘n volk wat aan die Here God gewy is.
v.3.. Julle mag niks eet wat afstootlik is nie. Rein en onrein diere word uitgewys.
v.21.. Omdat I ‘n gewyde volk is moet die voorskrifte gehoorsaam word.
-----
v.22.. Die tiendes word weer bespreek.
v.23.. Dit gaan als daaroor om die Here God altyddeur te eer.
v.27.. Die Leviete wat diens dien moenie vergeet word nie. Die Leviete sorg ook vir die vreemdelinge, weduwees, weeskinders… “As jy dit doen, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy aanpak.”
* Jy moet weet jy is ‘n spesiale kind van God. Gewy beteken jy is afgesonder en uitgesonder om spesifiek aan God te behoort.
* Die rein en onrein kosse geld nie meer vandag nie. Gaan soek asb waar die voorskrif vervul en verander is, dis in die grote NT.
* Die kern was dat die Here die voorskrif gegee het en dit moet omdat Hy so gesê het, dit nakom. Eenvoudige toetse om gehoorsaamheid.
* Die 10des word hier effens anders toegepas. Wat weer duidelik is, is dat die wat diens dien in die temple, diens aan God, ten volle versorg word uit die 10de kas.
* Wat ook duidelik was, is dat die armes hier ook daaruit versorg was.
* Gehoorsaamheid, gee dat God wat jy as 10de gee, weer dubbel en dwars terug kry! Toets dit gerus. Nee, wees gehoorsaam en sien eenvoudig wat doen God vir jou. Hy sorg…..

Daar is ‘n versoek dat ek die teks van die Bybel ook aanstuur. Ek sal probeer, maar is nie seker hoe die server gaan werk met meer inligting nie.

Baie sterkte, kom ons wees net dankbaar gehoorsaam, bly op God se pad, staan die versoekinge teen, en dien die Here met blydskap.

Joop

2008/08/28

Oordenking: 28 Augustus 08 - Deut 12 en Job 42

Liewe Broeders en Susters

Ek wil twee dele met u deel, Job.42:5 en Deut 12

Job.42:1-6
Ons gesin het vanoggend die deel uit Job gelees. Skielik tref dit ons dat ons betekenis van “sak in as” as preek woord verkeerdelik en verleidelik is.
Ons spreekwoord se jy is moedeloos en jy weet nie wat om te doen nie.Job se sak in as, het die betekenis van berou. Hy het self ondersoek gedoen en weet nou werklik wie God is. Hy is uit sy hart jammer dat hy verkeerd was.
Kyk net wat gaan die slotsom vooraf: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Ek en jy moet wel hoor van die Here by ander mense, ons moet ook ander vertel van die Here. Die belangrikste is egter om God te “sien”. Om God te beleef, ervaar, te ken as vertroueling en as Vader.

Deut.12
Die opskrif is, net een plek van aanbidding.
v.1 Jy moet God se voorskrifte, bepalings, jou lewe lank gehoorsaam, veral in die beloofde land
Die Here soek oorgawe met al Sy gebooie
v.2… Vernietig elke plek van afgodery, verwyder selfs elke teken.
Jy mag nie eers belangstelling toon in ander godsdienste nie. Vandag moet ons egter wel weet wie hulle is, om hulle te kan herken. Dis klaar te ver om net te los. Die waarskuwing word nou juis bewaarheid, want ons gee erkenning aan ander godsdienste en dra al meer van daardie godsdienste in ons eie godsdien in.
v.4 Jy mag nie die Here God dien op dieselfde manier soos wat ander nasies ‘n afgod dien nie.
v.6 en 11. Bring in teenwoordigheid van God jou brandoffer, ander offers, 10des, ander bydraes, gelofteoffers, vrywillige offers, die eerstelinge van groot en kleinvee.
Ons praat van bydraes, beloftesof dankoffers. Daar is heelwat voorskrifte van die Here. Ons doen nou ‘n beroep op ‘n tydoffer, hartoffer, handoffer en randoffer. Let daarop dat jy stiptelik jou
dankoffer vir die Here gee, dit is Syne. Ons vry nou ook ‘n vrywillige offer om die kerkkas uit die nood te kry. Als is dus Bybels. Wat vir ons uiters belangrik is, is jou hart en
dankbaarheidslewe.
v.8 Moenie elkeen maar net aanbid waar hy/sy wil nie. Aanbid waar God bepaal jy moet, saam.
Ons raak ook baie eiewillig met voorkeure en afkeure. Dis hartseer en nou vind churchhopping plaas. Vanwee die sonde erken ons ongelukkig dat daar verskillende manier van aanbidding is. Kom ons streef daarna om mekaar te respekteer en God wel saam te aanbid by die geleendheid en die plek wat Hy bepaal.
v.12 Op die plek wat God kies, moet jy, jou kinders, slawe en slavinne van die offers geniet in teenwoordigheid van God, saam op God se plek, op God se manier.
God bepaal die plek waar ons Hom moet aanbid en almal behoort saam te wees.
v.17 In jou eie plek mag jy nie vd 10de van jou koring of wyn of olie gebruik nie, ook nie vd eerstelinge van vee nie, ook nie wat jy aan die Here beloof het nie, of wat jy vrywillig aan die Here gaan offer nie, of van ander offers nie.
As jy van jou dankoffer, tiende, beloftes… self gebruik, weet dat God dit eintlik verbied. Ek weet dit gaan swaar, maar dit kan nie anders nie, dit is God sin. As jy God se deel vir Hom teruggee, na jou vermoë, sal Hy vir jou sorg. Dit is ‘n belofte. Kom ons maak die hartsbesluit. Stel dit so gou as moontlik reg, vandag of met jou volgende betaaltjek.
v.18 In teenwoordigheid van God moet julle saam bly wees oor alles wat Hy julle laat regkry het.
Ons moet ook saam in teenwoordigheid baie bly wees oor alles wat God jou laat regkry. Jy kry dit nie self reg nie, God lei jou om dit te doen. Aan God dus al die eer!
v.21 Van die gawes wat nie deel van die offers is nie, mag jy na hartelus geniet, dit kom ook van God.
Van die ander 90% wat die Here vir jou gee, moet jy verantwoordelik bestee, en jy mag dit ook geniet, wel nie verkwis nie. God gun jou ook ‘n lewe, nadat Sy deel geoffer is.
v.23 Jy mag nie van die bloed vd dier eet nie, dit is sy lewe.
v.26 Alle gewyde gawes en geloftes moet jy na die plek van die Here bring wat Hy kies.
God besluit wat met Sy deel gedoen word, luister wat Hy vir jou sê.
v.30 Na oorwinning moet jy juis passop vir verleiding van afgode en die wat afgode aanbid. Jy mag nie eers vra:hoe vereer hierdie nasies hulle gode?
Vermenging van godsdiens word weer baie duidelik veroordeel.
v.32 Elke gebod wat Ek beveel, moet jy gehoorsaam, Jy mag niks byvoeg of wegvat nie.
Getrouheid, gehoorsaamheid, alles. Jy kan nie kies waarvan jy hou of nie. As jy iets nie doen wat God vir jou se nie, dan skeur jy ‘n bladsy uit die Bybel uit.

Boeties en sussies in Christus, mag die Here ons lei, gehoorsaam en dankbaar maak.
Mag ons nou self vir God “sien”. Mag ons ander van Hom vertel. Dis een van ons roepinge hier op aarde.

Joop

2008/08/27

Oordenking: 27 Augustus 08 - Deut 10-11

Liewe Broeders en Susters KPN
Met die Bybel word ons lewe verryk. Met die Heilige Gees word die Bybel lewendig in ons.

Deut.10
v.1.. Moses verwys weer daarna dat hy opdrag gekry het om weer 2 plat klippe te kap vir die 10 gebooie. Dit moes in die ark gebere word.
So moet die Bybel in ons lewe ‘n spesiale plek kry.
v.6 Aaron is oorlede, hy was mos aandadig met die goue kalf.
Tog glo ek dat hy vandag in die hemel is.
v.8.. Die Leviete stam is afgesonder om die verbondsark te dra en die godsdiens te hanteer. Die offers aan die Here het die Leviete toegekom in opdrag van God
v.10.. Tydens die 40 dae van Moses op die berg, het hy gesmeek en die Here het besluit om nie meer die volk uit te roei nie.
Voorbidding vir ander help beslis, smeking is noodsaaklik.
v.12 weer word opdrag gegee dat die volk die Here moet liefhe met hart en siel.
Beklemtoning
v.16 weer word bevestig dat die Here magtige dade gedoen het, dat Hy nie onpartydig is nie, en nie omgekoop kan word nie.
God is betroubaar en in beheer! Jy kan niks vir Hom wegsteek nie.
v.22 Voor Egipte was hulle net 70, nou so baie soos die sterre

Deut.11
v.1.. Julle moet die Here julle God liefhe en altyd sy opdragte gehoorsaam. Se vir die kinders wat God gedoen het.
Die oordrag van God se wil aan die kinders, die onderrig en opvoeding in die Here se Naam is ononderhandelbaar.
v.5 Dink self terug aan wat God gedoen het.
Wat het die Here al vir jou gedoen! Wanneer jy swaar kry, onthou wat God al gedoen het, Vertrou dat Hy jou weer sal help, onvoorwaardelik.
v.12 DIT IS ‘N LAND WAARVOOR DIE HERE JOU GOD SORG; VAN NUWEJAARSDAG TOT OUJAARSDAG HOU HY ONONDERBROKE SY OOG DAAROOR.
Hoe wonderlik, die hele jaar is in God se hand, met beplanning, met doen en als! Elke oomblik, elke dag, elke jaar.
v.13 Weer word opdrag gegee dat I die Here moet liefhe met hart en siel. As I gehoorsaam is, sal die Here hulle seen. As I ongehoorsaam is, sal die Here hulle straf.
Liefde met hart en siel is nou maar eenvoudig te belangrik om te ignorer. Weet jy ook dat die Here jou gehoorsaamheid sal seen, maar ook dat as jy aanhou die verkeerde dinge doen, dan sal jy nie die straf van die Here ontglip nie.
v.16 Passop dat jy nie deur afgode verlei word om hulle te dien en te eer nie.
Watter afgode verlei jou? Die wêreld, mense, geld, prestasie, aansien.
v.18 Die woorde vd Here moet jou lewe vul.
Elke oomblik moet my gedagtes, woorde en dade gevul en gelei word deur God se Woord en Gees.
v.19 Leer vir jou kinders by die huis, oppad, gaan slaap en opstaan wat die Here se en gedoen het, so lank as wat die mens op aarde is.
24 Uur moet jy jou kinders lei en lei, in alle opsigte.
v.22… met gehoorsaamheid sal die Here sorg dat die vreemde nasies verdryf word. Niemand sal bestand wees teen I nie. Let op seen en straf.
Gehoorsaam word deur die Here geseen, jy sal deur jou beproewinge kom, bly jy net gehoorsaam aan God se Wil
v.31… Julle staan op die punt om beloofde land in te gaan. Oproep: jy moet God se voorskrifte gehoorsaam en uitlewe.
Weer word beklemtoon dat jy God se wil moet uitlewe

Ja, wat kan mens sê, God is God en ons moet luister en wil luister. As jy terugkyk na jou lewe, dan verstaan jy nou baie dinge beter. Wat God deur Jesus Christus vir ons gedoen het, is so groot en wonderlik!

Doen asb voorbidding vir die Kerkraad wat vanaand die bestuurstake van die gemeente bespreek en behartig. Ons is maar net mense.

Baie sterkte en seen vir u.

Joop

2008/08/26

Oordenking: 26 Augustus 08 - Deut 8-9

Liewe Susters en Broeders
Ek het die voorreg gehad om weer saam met ‘n groep Bybelstudie te doen uit Opb.6. Dit is verrykend om saam te wees met medegelowiges.

Kom ons deel Deut.8-9 kortliks met mekaar.
Deut.8
v.Jy moet elke gebod wat Ek jou gee, gehoorsaam en daarvolgens lewe.
v.2 en 16 Israel is 40 jr in die woestyn gehou om hulle op die proef te stel, om te sien of hulle gehoorsaam is.
v.3 Dit het God gedoen om die mens te leer dat jy nie net van brood lewe nie, maar elke woord uit die mond van God (wie het dit ook gese?
v.4 vir 40 jr het hulle klere nie geslyt nie en voete nie geswel nie.
v.5 soos pa vir sy seun discipline moet aanleer, so het God met Sy volk gedoen.
v.6-9 waterstrome, fonteine, wingerde, kos… word voorsien – Ps.23 word werklikheid hier.
v.10 wanneer jy klaar geeet het, dank God daarvoor.
v.11,14,18,19 Moenie die Here vergeet nie, deur nie Sy gebooie te gehoorsaam nie. As jy wel van God vergeet, sal jy omkom.
v.15 God dra I deur woestyn van slange, skerpioene…..
v.18 God gee die krag om eiendom te verwerf.
Deut.9
v.1 Israel, jy gaan nou deur die Jordaanrivier om groter en sterker nasies te oorwin, die reuse Enakiete o.a.
v.3 NBNB die Here gaan voor jou uit deur die Jordaan. Hy onderwerp die reuse aan I.
v.4-6 As jy oorwin, moenie dink dis omdat jy volmaak is nie! Inteendeel jy is koppig. Dis God se genade.
v.7 Moenie vergeet hoe I die Here kwaad gemaak het nie – opstand –opstand….
v.9 Vir 40 dae het Moses op die berg by God gele en bid, sonder kos of water!
v. 12 God se vir M om ondertoe te gaan want die goue kalf is gemaak. Hulle moet uitgewis word.
v. 16,17 Die volk is van koers af, van God se koers af – Moses gooi die 2 plat klippe met die 10 gebooie stukkend!
v.18 Daarna het M weer op die berg by God gele en bid, sonder kos en water!
v.20 M bid vir Aaron, en die volk, baie baie ernstig, smeek… Bid dat God nie die koppigheid sal aansien nie, maar genadig sal wees.
Beroep op God want Israel is Sy eiendom en ander volke moet kan sien hoe God vir I sorg.

Geliefdes,
• Hoeveel keer is ek en jy nie ook baie koppig, opstandig en ongehoorsaam nie?
• God gee die antwoord op swaarkry hier – Hy toets jou en gebruik jou (Fil.1)
• God sorg vir jou, sien dit asb net raak. Wat jy het, ontvang jy nie omdat jy so goed is nie, maar omdat God so lief is vir jou. Jy verwerf dit nie self nie.
• Ouers moet kinders discipline aanleer, dis noodsaaklik, so leer God jou ook discipline
• Wanneer jy die groot rivier van die lewe oorsteek, moenie alleen begin swem, holderstebolder nie. God moet voor jou uitgaan, dan sal jy slaag!
• Voorbidding is uiters noodsaaklik. Soos Moses moet ek en jy baie meer bid, bid vir onsself en vir mekaar. Ek moes nou besef hoekom ek vannag na ‘n besoek die hele nag rondgerol het en gebid het vir ‘n gesin. Ek en jy moet intree vir mekaar. Gelukkig het Jesus vir ons ingetree, my sondes vergewe. Smeek nou soos Moses dat God nie straf nie, maar bekering bring en genesing en vrede.
• Hier is baie seerkry en diep wonde hier onder ons. Ek wil pertinent vir u vra om voorbidding te doen vir die van ons wat veg teen die houvas van verslawing en afhanklikheid. Dit is 80% van alle seerkry, trauma en wonde.
• My gebed saam met jou, is dat ons as KPN ons daagliks sal bekeer en dat God ons vooruit sal gaan oor die Jordaan.
• Miskien moet ons in ‘n 40 dag en nag oorgaan van verootmoediging, gebed en smeking.

Baie baie sterkte en seen vir u/jou toegebid.

Joop

2008/08/25

Oordenking: 25 Augustus 08 - Deut 5-7

Dagse broeder en suster
Gister was ‘n dag waarop die Here ons geseën het. Mag God Sy seen verder op ons uitstort.

Ons het laas Deut 2-4 bekyk.
Vandag scan ons Deut 5-7

Toe ek saterdag my stiltetyd hou, net voor ek weer die preek afrond, het die Here dit beskik dat ek by Deut 5 trek! Dit met die voorbereiding vir verootmoediging. Wonderlik hoe die Here werk.

Deut 5
v.1 Moses roep die Israeliete bymekaar en kondig God se gebooie af.
V2. Die Here het ‘n verbond gesluit met hulle en die gebooie is die bepalinge daarvan.
v.6-21 Die 10 gebooie (Moses was die eerste ou wat al 10 gebooie op een slag kon breek)
v.22 Die gebooie is duidelik hoorbaar vir almal
v.32 Die gebooie moet nougeset nagekom word.
Deut.6
v.1 Dit is die wet sodat julle daarvolgens kan lewe.
v.2 Dien die Here jou lewe lank.
v.4 Die Here is die enigste God wat daar is.
v. 5 wees lief vir God met jou hele hart en siel, met al jou krag.
v.6,7 24 uur moet die gebooie in jou gedagtes wees en jy moet dit die kinders inskerp.
v.10 Wat God belowe het, dit doen Hy
v.12 Moenie die Here vergeet nie
v.15 God eis onverdeelde trou en Hy weet presies wat jy doen.
v.17 Die gebooie moet stiptelik gehoorsaam word.
V,20… Vertel jou kinders van God se genade.
Deut 7
v.1 Die Here laat jou in besit neem wat Hy vir jou bestem het
v. 1 Die Here laat jou die vyand, wat baie groter is, oorwin.
v. 2 Jy mag geen verbond of kompromie met die viand aangaan nie.
v.4 ondertrou met ongelowiges, veroorsaak dat jou seuns en dogter weggerokkel word en ander gode aanbid.
v.6 Jy is deur die Here afgesonder en gekies.
v.7 Jy is gekies, nie omdat jy die beste is nie, maar omdat God Sy belofte nakom.
v.9 God is betroubaar.
v.21 Moenie bang wees nie, die Here is by jou.
v.25 Moenie die afgodsbeelde twv die goud en silver in jou huis bring nie, dit sal jou in ‘n valstrik laat trap.

Wat mens tref, is die absolute nougesetheid waarmee ons die Here se wil moet ken en uitvoer. Die oomblik as jy skietgee, dan kom die invloed.
God is die enigste ware God en Hy is Almagtig, moenie bang wees nie, want Hy gee oorwinning
God is absoluut betroubaar.
Vertel van God se liefde vir jou kinders, kleinkinders…
Wees 24 uur in diens van God.



Geseende dag.

Joop