2008/08/29

Oordenking: 29 Augustus 08 - Deut 13 en 14

Liewe Broeders en Susters
Ek het gelukkig nou tyd gekry om vanoggend se oordenking wel te tik. Verskoon die afgerondheid daarvan en dikwels te reguit toepassing.
Proeflees word nie gedoen nie en dit kan verseker beter gestel wees. Vat dit asb dus soos dit kom. Daar kom soms baie interessante tikfoute, soos vra wat vry uitkom!

As jy dalk tekste soek oor ‘n sekere saak of woord. Stuur dit gerus vir my en ek gebruik my lekker program om dit blitsig op te soek en vir jou te stuur sodra ek kan.

Deut 13
v.1.. Daar is vals profete wat deur God toegelaat word iets te vertel van tekens en wonders, en daar word toegelaat dat die teken wel plaasvind.
Die versoeking word dan aan die kind van God gerig, kom ons gaan dien die ander gode.
v.3..God sê: jy mag nie. Die Here stel jou net op die proef om vas te stel hoe lief jy Hom het met jou hart en siel. Jy moet getrou bly aan die Here.
v.5.. Die aanhitser/valse profeet wat opstand teen God wil sien, moet sterf.
v.6.. Die aanhitser kan self familie wees.
v.8.. Jy mag nie voor hom swig en luister nie.
v.14.. Oor die verleiding moet daar deeglik ondersoek wees en haarfyn uitgevra word.
v.18.. Staan dit teen en gehoorsaam God, doen wat reg is in Sy oë.
*Daar is vandag ook valse mense, sektes, sondes, wat deur die Here toegelaat word om op jou pad te kom. Die “sukses” daarvan se doel is om jou te probeer verlei om saam die sonde te doen.
* Hier leer ons dat jy dit moet raaksien, dat jy glad nie daarmee mag saamgaan nie, dat jy dit agressief moet teenstaan. Jy moet getrou bly aan die Here. Dink aan daai fliek wat jy so kyk, die een waarin alles wat jou geloof verloën word…..
* Die aanhitser, verleier moet uitgewys en uitgewis word. Vandag kan ons nie die mens doodmaak nie, maar jy moet hom uitwys en wegkry uit jou omgewing.
* Stel presies vas wie wat waar en weet waarmee jy te doen het. Waarsku.
* Hou aan doen wat reg is voor God. Dis ‘n opdrag, voorreg en vreugde.

Deut.14
v.1.. Julle is die kinders van God, ‘n volk wat aan die Here God gewy is.
v.3.. Julle mag niks eet wat afstootlik is nie. Rein en onrein diere word uitgewys.
v.21.. Omdat I ‘n gewyde volk is moet die voorskrifte gehoorsaam word.
-----
v.22.. Die tiendes word weer bespreek.
v.23.. Dit gaan als daaroor om die Here God altyddeur te eer.
v.27.. Die Leviete wat diens dien moenie vergeet word nie. Die Leviete sorg ook vir die vreemdelinge, weduwees, weeskinders… “As jy dit doen, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy aanpak.”
* Jy moet weet jy is ‘n spesiale kind van God. Gewy beteken jy is afgesonder en uitgesonder om spesifiek aan God te behoort.
* Die rein en onrein kosse geld nie meer vandag nie. Gaan soek asb waar die voorskrif vervul en verander is, dis in die grote NT.
* Die kern was dat die Here die voorskrif gegee het en dit moet omdat Hy so gesê het, dit nakom. Eenvoudige toetse om gehoorsaamheid.
* Die 10des word hier effens anders toegepas. Wat weer duidelik is, is dat die wat diens dien in die temple, diens aan God, ten volle versorg word uit die 10de kas.
* Wat ook duidelik was, is dat die armes hier ook daaruit versorg was.
* Gehoorsaamheid, gee dat God wat jy as 10de gee, weer dubbel en dwars terug kry! Toets dit gerus. Nee, wees gehoorsaam en sien eenvoudig wat doen God vir jou. Hy sorg…..

Daar is ‘n versoek dat ek die teks van die Bybel ook aanstuur. Ek sal probeer, maar is nie seker hoe die server gaan werk met meer inligting nie.

Baie sterkte, kom ons wees net dankbaar gehoorsaam, bly op God se pad, staan die versoekinge teen, en dien die Here met blydskap.

Joop

No comments: