2008/09/01

Oordenking: 1 September 08 - Deut 15 en 16

Liewe Broeder en Suster

Die bestudering van Deut is baie insiggewend, ook vir vandag. Kom ons deel hoofstukke 15 en 16. Die skuinsdruk is my inset, wat nie Woord is nie.


Deut.15
v.1.. Aan die einde vd 7de jaar moet jy alle skuld afskryf!, dis nou vir die mede Israeliet.
v.4.. As dit gedoen word sal daar nie arm mense wees nie, want elkeen kan van vooraf begin.
v.7.. Mens mag nie hard en suinig wees teen ‘n arm broer nie.
v.10.. Deur te kyk na die armes, sal die Here jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak.
v.12.. ‘n mede Israeliet wat as slaaf vir jou werk,moet ook na 7 jaar vrygelaat word. Jy mag hom ook nie met leë hande wegstuur nie. Jou voorspoed met jy met hom deel.
v.15... Israel, jy was self ‘n slaaf en die Here het jou bevry.
v.18. Weer word beklemtoon dat die Here jou voorspoedig maak....
v.19.. Elke eersteling moet aan God gewy word.
v.21.. Die eerstelingoffer mag nie enige liggaamsgebrek hê nie.
*Skuld afskryf is nie ‘n maklike ding nie. Ons het nie die gebruik vandag nie, maar dit wys dat ons nie ongenaakbaar moet wees met mense wat skuld nie.
* Ons het ook nie slawe nie, maar wel mense in ons diens. Getroue dienswerk kan gerus beloon word. Ons kan werkers met meer liefde hanteer en nie net as betaalde werker sien nie.
* Versorging vd armes is NB. Die Here gee weer vir jou as jy ander help. Dit word beklemtoon dat God jou werk en lewe voorspoedig maak as jy ander help.
* Weer word die riglyn gegee oor die dankoffer. Die eersteling en sonder gebrek beginsel is vir ons as nie-boere nie moontlik nie. Ek en jy kry egter elke maand ‘n salaris/inkomste. Heel bo aan jou exel spreadsheet, behoort die dankoffer te staan, dis jou eersteling. Heel eerste behoort jou internet bankinbetaling die Here sin te wees. Heel eerste behoort die tjek of kontant wat jy trek, die Here sin te wees. Dit is vir die Here, nie vir mense nie.Voorreg.


Deut.16
v.1.. Die Paasfees is tot eer vd Here. Dit is ‘n terugdink aan die uittog uit Egipte. Die paasoffer moet voorberei word.
v.3.. Ongesuurde brood moet vir 7 dae geëet word – dit herinner aan die swaarkry jare.
v.9.. Fees vd weke- 7 weke vandat begin oes is. Dit is tot eer vd Here. Dit is ‘n erkenning aan die Here vir die mate van voorspoed wat Hy gee, dit is die gee van’n vrywillige offer.
v.13.. Die huttefees is 7dae lank net nadat die oes ingekom het. Dit is ‘n blywees fees, dankbaarheidsfees omdat die Here die mens met ‘n goeie oes geseën het, dat Hy wat jy doen voorspoedig maak
v.17.. Elkeen moet ‘n geskenk bring na die mate waarin die Here God jou voorspoedig gemaak het.
v.18.. In elke dorp moet daar regters en amptenare aangestel word. Daar moet reg en billik opgetree word, geen omkoopgeskenke mag aanvaar word nie. Reg moet onpartydig geskied.
v.21 Jy mag nie ‘n gewyde paal inplant langs die altaar vir God nie.
*Nagmaal verwys terug na Jesus Christus se kruisiging. Jesus se kruisiging verwys terug na die paasoffer. Die paasoffer verwys terug na die uittog uit Egipte. Elke dag moet ek en jy nou besef dat Jesus Homself geoffer het in ons plek, as paaslam geslag is. Nou kry jy redding.
* Ons ongesuurde brood is daaglikse bekering, selfondersoek en verootmoediging. Gaan elke dag na die Here toe om jou sondes te bely. Jesus is jou Verlosser. Laat jou deur die Heilige Gees lei.
* Ek en jy moet elke dag afhanklik en dankbaar wees vir dit wat die Here ons gee om te doen, vir iets groots en iets klein. Onthou net, dit is die Here wat jou werk gee, inkomste gee, mense om jou gee, liefde gee.... wat jou voorspoedig maak. Tel jou seëninge en waardeer jou geliefdes en medegelowiges.
* Kom ons bid ook dat die Here SA se regstelsel sal seën sodat reg en geregtigheid kan geskied, in elke hof, elke dag. Kom ek en jy tree met respek, onpartydigheid en liefde op met elke mens op ons pad.
* Jy kan nie ‘n Christen wees en deel in iets van ander godsdienste nie, dit is ‘n gruwel in God se oë. Daar is net een God en ons moet Hom alleen dien. Kyk in die spieël, dink mooi na, en ID die dinge wat jou tyd met God deel en beroof, dit is ook ‘n afgod. Eiewilligheid is ook = afgodediens en deel met God.

Wat ‘n voorreg om God te ken, deur Hom geken te word en Sy kind te wees.
Wees dankbaar, deel, dien en belewe God se seën in voorspoed en rampspoed.

Joop

No comments: