2008/09/05

Oordenking: Deut 21 en 22

Die OT is baie leersaam. Kyk net vandag weer wat navore kom in die lewe en werk van Jesus Christus. Vergelyk die tyd van die OT en vandag. Dit verskil niks nie. Die groot veskil, is Jesus Christus!

Deut. 21
v.1.. Wanneer iemand vermoor word en die skuldige is nie te vinde nie, moet die leiers vd omgewing ‘n vers bring en die se nek naby die spruit breek.
v.7.. ‘n beëdigde verklaring moet gemaak word dat hulle nie weet wie die skuldige is nie. So word die skuld vir die onskuldige dood daar gedra en verwyder.
v.10..Huweliksake wat vreemd op vandag se oor val, word hier getref. Wat baie duidelik is, is dat geslagsgemeenskap ‘n huweliksdaad is.
v.18.. ‘n Opstandige seun moet deur sy pa na die leiers geneem word, as hy skuldig is, moet hy gestenig word!
v.22.. Iemand wat ‘n oortreding begaan wat die doodstraf verdien, moet hy aan ‘n paal opgehang word. Die lyk mag nie lank daar hang nie, dieselfde dag nog begrawe, want wie opgehang word, is deur God vervloek, die liggaam verontreinig die land.
* Wanneer iets erg in jou omgewing gebeur, kan jy dit nie maar net daar laat nie. Die saak moet ondersoek word. Die gemeenskap moet kan sien dat so ‘n verkeerde daad nie geduld word nie.
*Beëdigde verklarings is so oud soos die tyd. Eerlikheid is verskriklik belangrik. Die leuen verwoes als – Satan het begin, Hy is die Vader vd Leuen.
* Seksuele omgang hoort net in die huwelik. In ons tyd is dit net so ‘n groot probleem, dalk self groter. Kom ons bid dat die Here verhoudings buite die huwelik rein hou. Kom ons bid dat die Here die huwelik as Sy instelling sal hestel en seen, dis ‘n heerlike seen van Hom vir 1 man en 1 vrou.
* Jesus Christus het op Golgota aan ‘n vloekpaal gehang. Hy is op dieselfde dag begrawe. Sy vloekdood was die ergste wat daar kan wees vir enige mens. Hy het daardie vloekdood vir jou en my ondergaan, nou is jy vergewe van jou sonde. Bely egter elke dag jou sonde, betoon berou oor dd sonde, stry teen dd sonde. Lewe dan so dat jy God verheerlik.

Deut.22
v.1.. ‘n verdwaalde bees mag jy nie vat nie. Vat dit terug of versorg dit totdat dit teruggegee kan word. Jy moet selfs ‘n dier wat val, ophelp.
v.5.. vroue mag nie mansklere dra nie en mans nie vroue klere nie. Die Here verafsku dit.
v.6.. Ander interessante reelings vir orde in die gemeenskap.
v.13.. Maagdelikheid voor die troue is baie belangrik. V.17.. Die pa vd die maagdelike vrou moet wanneer die bewyse gesoek word, die nagklere, by die leiers vd stad gaan wys.
v.20.. As bewys word dat sy nie ‘n maagd was nie, moet sy gestenig word.
v.22.. Wanneer iemand ongehoorde seksuele omgang het, en daar word gewillig toegegee, dan sterf beide.
v.25.. Verkragting se straf is die dood vir die verkragter.
v.28.. As daar voorhuwelikse seks tussen 2 ongetroudes was, moes die 2 trou.
* Optelgoed is nie vatgoed nie. Jy moet iemand se besitting oppas en die eienaar probeer opspoor.
* Kleredrag verander en verskil. Vandag se vroueklere het ook die styl van mansklere oogeneem. Tog is van die klere baie baie meer kuis as ‘n kort minni. Die punt is dat homoseksuele gedrag nie deur die Here verdra word nie
* Maagdelikheid is baie belangrik. Dis is een van die ergste probleme in vandag se samelewing! Vrye seks, saamleef van ongetroudes soos man en vrou, films, Selfoonseks.... God verag dit en ons moet bid vir mense wat so lewe, hulle met liefde begelei en oproep tot gehoorsaamheid aan God. Om te doen omdat almal dit doen, is nie goed genoeg nie. Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees.
* Verkragting is baie erg, nie net vir die liggaam nie, maar ook vir die siel. Kom ons bid vir mense wat deur die leed/wonde van molestering en verkragting gaan. Mag God deur Sy Gees genesing gee.
* Die moet trou reëling was vroeër in ons tyd ook toegepas. My advies is egter in die lig van Jesus se Verlossing, dat jy een fout nie met nog ‘n fout moet probeer regstel nie, deur te moet trou in vandag se tyd nie. Daar moet ware liefde wees. Kom net so gou moontlik uit so ‘n verhouding, vra vergifnis en begin van vooraf, saam met die kindjie wat jy ontvang.

Telkens sien ons dat jy respek vir jou eie liggaam en vir ander se liggame moet hê. Jy is deur God gemaak en is Sy eiendom. Waar gesondig is, kom daar genadiglik genesing en verlossing. Bid vir mekaar se lief en leed, se seerkry en rampspoed.

Baie mooi geseende dag, sien u sondag

Joop

No comments: