2008/09/04

Oordenking: Deut 20

Liewe Broeders en Suster,

Deut.20
v.1.. Wanneer jy optrek vir oorlog, en die vyand se perde en strydwaens is meer as joune, moenie bang wees nie, want die Here is by jou.
v.2.. die priester moet voor die oorlog kom preek.... boodskap = die Here gee die oorwinning aan jou.
v.8.. die bang ouens moet by die huis bly, want hulle kan die ander met negatiewe praatjie ook bang maak.
v.9.. leer aanvoerders moet aangestel word.
v.10.. ‘n vredesaanbod moet eers aan die vyand gemaak word. As nie instem nie, beleër dit. By die ver stede maak jy die mans dood, vroue, kinders spaar
v.16.. Die stede naby se mense moet almal uitgewis word, die rede: verleiding tot afgodediens, sonde teen God.
v.19.. tydens oorlog moet die natuur beskerm word, veral die vrugbare bome en plante.
* Ons is ook baie keer bang vir die hedendaagse oolog, die misdaad, twis, onmin, noem maar op. Daar is ook baie seerkry, trauma, wonder... wat jou lam lê. Tog sê die Here vandag: Moenie bang wees nie: EK IS BY JOU!
* Ek onthou toe ek diensplig in 1983/4 gedoen het, toe ons in Angola oorlog gemaak het, was daar ook ‘n predikant wat kom bid, lees en preek het. Hy was ‘n regte bospredikant, met baard en al, ook opgelei as soldaat om saam te veg. So moet ons altyd die Here vra om vandag ook met jou te wees in wat jy ook al doel. In Efesiërs word gepraat vd geestelike oorlog. Lewe biddend en weet die Here veg vir jou.
* Negatiewe ouens trek jou af, maak jou bang en oneffektief.Dit laat mens dink! Dis beter om nie saam met sulke ouens te werk as hulle nie van gesindheid verander nie. Dis nogal moeilik om in die kerk te besluit hoe lank jy met ‘n koue en lou lidmaat moet aanhou, voordat jy tug toepas.
* Die vredesaanbod voor jy iets groots gaan doen, is baie NB. Dis soos Jesus Christus wat gestuur is, jy en ek moet dit aangryp en dan bly lewe ons! Matt.18:15 spoor jou ook aan om eers vrede te maak, andersins moet die gevolge gedra word.
* Verleiding teen die vyand se afgodediens en verkeerde lewenstyl, is iets waarteen ons baie ernstig moet waak. Ons is weer by die DVD, TV, indinge, drank, dwelms... dinge in ons woonkamer, binnekamer, selfoon, vriende en familie. Wees op ‘n baie mooi manier bedag. Die Nuwe Testamentiese manier is anders, nie net kap en oor en uit nie. Oproep, gesprek,liefde en dan losmaak of afskei.
* Die natuur moet as skepping van God baie goed opgepas word, juis ook in oorlogstyd. Die ontginning van die aarde se bronne word tans ‘n katastrofe, op die ou end gaan dit die rede wees vir baie pyn en probleme waarvan die mens die gevolge gaan dra. Bewerk, bewaar, benut die skepping reg (Gen.)

Kom ons probeer vredemakers wees, maar leer ook om die streep te trek, dit met wysheid van God deur Sy Woord en Gees.

Ek skep ‘n aparte epos groep/bondel vir die van u wat die openbaring Bybesltudie wil ontvang, so ook ‘n aparte groep/bondel vir die van u wat die DOELGERIGTE KERK opsommings wil volg. Laat weet asb van jou kant af as jy daarby wil inskakel. Vir my is dit geen moeite om dit deur te gee nie, ek moet net onthou, so remind my gerus.

Baie mooi dag.



Joop

No comments: