2008/09/03

Oordenking: 3 September 08 - Deut 19

Liewe Broeder en Suster

JvS 3 Sept 08
Jammer ek is so laat vandag. Ons het die voorreg by die oggendbybelstudie gehad om te begin met Opb.7. Die van u wat dit ook wil volg, laat weet en ek stuur dit aan. Vandag kyk ons na Deut.19.

Deut.19
v.1 Die Here gee aan Israel (I) als in die beloofde land, stede en huise.
v.2.. Daar moet 3 asielstede wees. Hier kan die mens wat iemand onopsetlik doodmaak, heen vlug. Sonder voorbedagte rade iemand laat sterf, soos as jy hout kap en die byl skram teen die stam weg en kap iemand raak.
v.9.. Gehoorsaamheid is belangrik en die Here beloon dit.
v.10.. Onskuldige bloed mag egter nie vergiet word nie. So een mag nie asielstede toe gaan nie, maar moet sterf onder die hand van die familie van die een wat doodgemaak is.
v.14.. Jy mag nie jou buurman se grense verskuif nie.
v.15.. Hofsake: daar moet 2 of 3 getuies wees by ‘n beskuldiging.
v.16.. Kwaadwillige getuies – valsebeskuldigings mag nie geduld word nie.
v.19.. So een moet self ontvang wat hy aan die ander een wou doen.
v.21.. Oog vir ‘n oog...
* Wat kry ek en jy nie ook als by die Here nie. Jy kan nie sê dat jy verdien wat jy besit nie. Die Here jou gemaak en Hy gee jou die liggaamskrag en geestelike krag om te werk en te dien. Kom ons wees dankbaar vir wat ons het en wees vesigtig en verantwoordelik wat ons daarmee maak.
*Asielstede is dus so oud soos die berge. Die beginsel is dat mens erken dat jy iemand skade kan aanrig of selfs laat sterf, sonder dat jy dit bedoel het. Voor die Here kry ‘n mens ‘n kans om weer reg te maak. Vra ook daarvoor om verskoning sodat jy met daardie persoon of sy familie kan omgaan.
* Opsetlike skade of neem van ‘n lewe moet egter gestraf word. Gelukkig het ons die NT waar Jesus ook daarvoor sterf. As jy iets met opset verkeerd gedoen het, gaan so gou moontlik na God toe en smeek in die naam van Jesus om vergifnis. Dra egter die gevolge as die regbank sy straf ople. Moet dit net nie weer doen nie.
* Mense wil mos altyd ‘n ander ou se goed hê. Nee, dit is syne of hare. Los dit
* Getuies: hier is ‘n baie belangrike beginsel: As jy iets teen iemand het, sorg dat jou getuies nie net by jou le nie. Gelukkig kom Matt.18:15 en sê ook dat jy eenkant alleen na daardie een moet gaan om dit aan te spreek....
* Valse getuienis mag nie geduld word nie. Dis baie erg. Anonieme briewe is iets wat vandag ook amper in die klas val. Anoniem is te bang om vir sy/haar standpunt op te kom, te groot lafaard. Nooit lees jy raak in die Bybel dat jy dit so anoniem kan oordra nie, dis valse getuie...
* Skinder val eintlik ook onder die een. Jy is nie ‘n getuie nie, jy wil nuus oordra wat halfpad waar en halfpad onwaar is. Passop wat jy as jy alleen is vir iemand se.
* Die oog vir ‘n oog een was geldig in die OT. Gelukkig het Jesus dit kom vervul en gestop. Sy liggaam is vir jou en my gekruisig. Tog moet die regbank sy gang neem en die straf moet uitgedien word. Vergifnis word net gegee deur JX.

Hierdie is weereens ‘n leersame en praktiese deel in die Bybel. Net deur baie Bybel te lees, kom ons al baie ver.



Groete, seen en sterkte vir die dag.
Joop

No comments: