2008/09/02

Oordenking: 2 September 08 - Deut 17 en 18

2 Sept 08 Deut 17 – 18

Liewe susters en broeders.
Vandag hoor ons weer van hoe ernstig ons God se wil moet nakom. Vandag le daar baie klem op vryheid en selfstandigheid. Leer weer wat God sê saam met my.

Deut.17
v.1..Die offer wat na die Here gebring word, mag nie ‘n liggaamsgebrek of enige letsel hê nie. Dis afskuwelik vir God.
v.2..Lede vd volk, kan die verbond met God verbreek en doen wat verkeerd is in die oë vd Here, deur ander gode te vereer. Die gode is die son, maan of ander hemelliggame. As iemand dit doen, moet daar noukerig navraag gedoen word daaroor. As dit waar is, word die persoon buite die stadspoort gestenig.
v.6.. Dit mag egter net ogv 2/3 getuies as vonnis voltrek word.
v.8..hofsake.. Moeilike sake word verwys na die Levietiese priesters en ‘n regter. Die regte uitspraak sal gelewer word. Hierdie uitspraak moet gehoorsaam word. Geen haarbreedte mag daarvan afgewyk word nie. Iemand wat wel afwyk moet sterf. Ander moedswillige lede vd volk sal dan bang word om dit ook te doen.
v.14..Die Here waarsku al klaar: wanneer hulle in die nuwe land kom, gaan hulle ‘n koning net soos die ander volke soek. Dit word met teensinnigheid deur die Here toegelaat.
v.16.. Sodanige koning moet voldoen aan sekere voorskrifte vd Here: Hy mag nie baie perde aanskaf nie; hy mag nie baie vrouens hê nie – sal hom verlei tot afgodediens hy moet ‘n afskrif kry van God se gebooie – hy moet dit elke dag lees, leer en uitlewe. Hy mag nie ‘n haarbreedte daarvan afwyk nie en dan sal hy homself ook nie bo sy volksgenote verhef nie.
* My dankoffer behoort my eersteling te wees en my beste. Geen gebrek sê vir my ek mag nie die afskeepgeldjie vir die Here gee nie. As ek ‘n boer was, sou dit die beste bul, ram of druiwe wees. Heer eerste op my begroting, God se deel. Kyk hoe baie beklemtoon die Here dit, nie ek,jy of die kerkraad nie.
* Gedeelde godsdiens! Die Here verafsku dit. Ons het te doen met die NEW AGE idees = alle godsdienste aanbid dieselfde God. Dis afskuwelik voor God. Net die Here is God en ons moet Hom alleen erken en dien as ons God. Waarmee deel jy die Here? Dit is dan jou afgod. Die waarskuwing is egter dat jy nie sommer net op stellings en wat “mense sê moet reageer nie. Jy moet presies vasstel wat is wat.
* ‘n Behoorlike regstelsel is wel in plek in SA. Ons moet net bid dat dit stiptelik en met billikheid toegepas word. Daar mag nie ‘n haarbreedte afgewyk word nie. Dis ons probleem, dinge word verdraai en onder die mat ingevee. Kom ons bid vir lidmate wat in die regte dien, sodat hulle kan volhou om God se reg en liefde te bedien, dis nie altyd so maklik vir hulle om vol te hou nie.
* Die Here weet voor die tyd dat Isael ook ‘n koning “soos die ander” sal soek. Jy en ek is dikwels ook so. Jy wil ook iets hê soos ‘n ander een, of dit nou reg of verkeerd is. Hê eerder wat God vir jou leer en gee. Wees dankbaar.
* Die regeer moet self die Bybel ken, dit uitleef, homself nie verhef oor ander nie, self nie van God se Woord afwyk nie, nie ‘n haarbreedte nie. Bid vir die regering, alle gesagsdraers... Mag God so regeer. Begin by jouself, gesin...

Deut.17
v.1.. Die hele Levistam, die priesters, word versorg uit die offers wat aan die Here gebring word en Hom behoort. Hulle ontvang wat die Here self toekom.
v.9..Wanneer Israel in die nuwe land kom, mag hulle nie die afskuwelike praktyke van die ander volke aanleer nie: om kinders te offer; besweerders, towenaars,goëlaars, slangbesweerders, iemand wat geeste van afgestrowenes oproep.... Die Here het ‘n afsku hierin!
v.13..Die Here soek opregtheid voor Hom. Hy verbied bg.
v.15.. Die Here gaan ‘n profeet onder Israel laat opkom, een vd volksgenote. Vir hom moet die volk gehoorsaam, soos aan God Self.
v.18.. Die Here sal Sy woorde in die mond vd profeet gee, hy sal sê wat God sê. As die profeet iets anders sê wat nie van God kom nie, moet hy sterf.
* Die voltydse werkers in die kerk, word in opdrag vd Here uit Sy offers versorg.
* Op die Beeld se voorblad links bo in die hoek –> Madame Heldersiende! Spiritisme, pronografie, saamblyery, verskuilde satanisme onder die dekmantel van fiksie ... Hoeveel invloed is daar nie op jou en my vanuit die samelewing nie! Vra wysheid van God om te kan onderskei sodat ons dit nie bevorder nie en ook nie verder toelaat nie. Jou stem as Christen moet gehoor word. Jou lewe moet wys jy is ‘n kind van God.
* Opregtheid voor die Here is ononderhandelbaar.
* Ek en jy wat die Bybel het, is God se profete, in woord, hart en daad.Die Here sal sy woorde in jou mond plaas – glo dit net en praat met mekaar en ander mense. Ek het vanoggend hare gaan sny. Die jong dame sê toe dat haar lewe baie deurmekaar is. Sy en haar verloofde het getrek. Hulle bly saam soos getroudes maar is nie getroud nie. Sy weet nie eers in watter kerk haar verloofde is nie, sy is gedoop en aangeneem in die NG kerk. Tans is hulle kerkloos. My advies was: weer eers gehoorsaam aan die Here, en hy sal jou lewe uitsorteer. Moenie bang wees om dit vir jou broer,suster,kind of kollega te sê nie.

Wat opval, is die afwyking van God se wil nie, nie ‘n haarbreedte nie!

Baie mooi dag vir u verder.

Joop

No comments: