2008/08/26

Oordenking: 26 Augustus 08 - Deut 8-9

Liewe Susters en Broeders
Ek het die voorreg gehad om weer saam met ‘n groep Bybelstudie te doen uit Opb.6. Dit is verrykend om saam te wees met medegelowiges.

Kom ons deel Deut.8-9 kortliks met mekaar.
Deut.8
v.Jy moet elke gebod wat Ek jou gee, gehoorsaam en daarvolgens lewe.
v.2 en 16 Israel is 40 jr in die woestyn gehou om hulle op die proef te stel, om te sien of hulle gehoorsaam is.
v.3 Dit het God gedoen om die mens te leer dat jy nie net van brood lewe nie, maar elke woord uit die mond van God (wie het dit ook gese?
v.4 vir 40 jr het hulle klere nie geslyt nie en voete nie geswel nie.
v.5 soos pa vir sy seun discipline moet aanleer, so het God met Sy volk gedoen.
v.6-9 waterstrome, fonteine, wingerde, kos… word voorsien – Ps.23 word werklikheid hier.
v.10 wanneer jy klaar geeet het, dank God daarvoor.
v.11,14,18,19 Moenie die Here vergeet nie, deur nie Sy gebooie te gehoorsaam nie. As jy wel van God vergeet, sal jy omkom.
v.15 God dra I deur woestyn van slange, skerpioene…..
v.18 God gee die krag om eiendom te verwerf.
Deut.9
v.1 Israel, jy gaan nou deur die Jordaanrivier om groter en sterker nasies te oorwin, die reuse Enakiete o.a.
v.3 NBNB die Here gaan voor jou uit deur die Jordaan. Hy onderwerp die reuse aan I.
v.4-6 As jy oorwin, moenie dink dis omdat jy volmaak is nie! Inteendeel jy is koppig. Dis God se genade.
v.7 Moenie vergeet hoe I die Here kwaad gemaak het nie – opstand –opstand….
v.9 Vir 40 dae het Moses op die berg by God gele en bid, sonder kos of water!
v. 12 God se vir M om ondertoe te gaan want die goue kalf is gemaak. Hulle moet uitgewis word.
v. 16,17 Die volk is van koers af, van God se koers af – Moses gooi die 2 plat klippe met die 10 gebooie stukkend!
v.18 Daarna het M weer op die berg by God gele en bid, sonder kos en water!
v.20 M bid vir Aaron, en die volk, baie baie ernstig, smeek… Bid dat God nie die koppigheid sal aansien nie, maar genadig sal wees.
Beroep op God want Israel is Sy eiendom en ander volke moet kan sien hoe God vir I sorg.

Geliefdes,
• Hoeveel keer is ek en jy nie ook baie koppig, opstandig en ongehoorsaam nie?
• God gee die antwoord op swaarkry hier – Hy toets jou en gebruik jou (Fil.1)
• God sorg vir jou, sien dit asb net raak. Wat jy het, ontvang jy nie omdat jy so goed is nie, maar omdat God so lief is vir jou. Jy verwerf dit nie self nie.
• Ouers moet kinders discipline aanleer, dis noodsaaklik, so leer God jou ook discipline
• Wanneer jy die groot rivier van die lewe oorsteek, moenie alleen begin swem, holderstebolder nie. God moet voor jou uitgaan, dan sal jy slaag!
• Voorbidding is uiters noodsaaklik. Soos Moses moet ek en jy baie meer bid, bid vir onsself en vir mekaar. Ek moes nou besef hoekom ek vannag na ‘n besoek die hele nag rondgerol het en gebid het vir ‘n gesin. Ek en jy moet intree vir mekaar. Gelukkig het Jesus vir ons ingetree, my sondes vergewe. Smeek nou soos Moses dat God nie straf nie, maar bekering bring en genesing en vrede.
• Hier is baie seerkry en diep wonde hier onder ons. Ek wil pertinent vir u vra om voorbidding te doen vir die van ons wat veg teen die houvas van verslawing en afhanklikheid. Dit is 80% van alle seerkry, trauma en wonde.
• My gebed saam met jou, is dat ons as KPN ons daagliks sal bekeer en dat God ons vooruit sal gaan oor die Jordaan.
• Miskien moet ons in ‘n 40 dag en nag oorgaan van verootmoediging, gebed en smeking.

Baie baie sterkte en seen vir u/jou toegebid.

Joop

No comments: