2008/08/27

Oordenking: 27 Augustus 08 - Deut 10-11

Liewe Broeders en Susters KPN
Met die Bybel word ons lewe verryk. Met die Heilige Gees word die Bybel lewendig in ons.

Deut.10
v.1.. Moses verwys weer daarna dat hy opdrag gekry het om weer 2 plat klippe te kap vir die 10 gebooie. Dit moes in die ark gebere word.
So moet die Bybel in ons lewe ‘n spesiale plek kry.
v.6 Aaron is oorlede, hy was mos aandadig met die goue kalf.
Tog glo ek dat hy vandag in die hemel is.
v.8.. Die Leviete stam is afgesonder om die verbondsark te dra en die godsdiens te hanteer. Die offers aan die Here het die Leviete toegekom in opdrag van God
v.10.. Tydens die 40 dae van Moses op die berg, het hy gesmeek en die Here het besluit om nie meer die volk uit te roei nie.
Voorbidding vir ander help beslis, smeking is noodsaaklik.
v.12 weer word opdrag gegee dat die volk die Here moet liefhe met hart en siel.
Beklemtoning
v.16 weer word bevestig dat die Here magtige dade gedoen het, dat Hy nie onpartydig is nie, en nie omgekoop kan word nie.
God is betroubaar en in beheer! Jy kan niks vir Hom wegsteek nie.
v.22 Voor Egipte was hulle net 70, nou so baie soos die sterre

Deut.11
v.1.. Julle moet die Here julle God liefhe en altyd sy opdragte gehoorsaam. Se vir die kinders wat God gedoen het.
Die oordrag van God se wil aan die kinders, die onderrig en opvoeding in die Here se Naam is ononderhandelbaar.
v.5 Dink self terug aan wat God gedoen het.
Wat het die Here al vir jou gedoen! Wanneer jy swaar kry, onthou wat God al gedoen het, Vertrou dat Hy jou weer sal help, onvoorwaardelik.
v.12 DIT IS ‘N LAND WAARVOOR DIE HERE JOU GOD SORG; VAN NUWEJAARSDAG TOT OUJAARSDAG HOU HY ONONDERBROKE SY OOG DAAROOR.
Hoe wonderlik, die hele jaar is in God se hand, met beplanning, met doen en als! Elke oomblik, elke dag, elke jaar.
v.13 Weer word opdrag gegee dat I die Here moet liefhe met hart en siel. As I gehoorsaam is, sal die Here hulle seen. As I ongehoorsaam is, sal die Here hulle straf.
Liefde met hart en siel is nou maar eenvoudig te belangrik om te ignorer. Weet jy ook dat die Here jou gehoorsaamheid sal seen, maar ook dat as jy aanhou die verkeerde dinge doen, dan sal jy nie die straf van die Here ontglip nie.
v.16 Passop dat jy nie deur afgode verlei word om hulle te dien en te eer nie.
Watter afgode verlei jou? Die wêreld, mense, geld, prestasie, aansien.
v.18 Die woorde vd Here moet jou lewe vul.
Elke oomblik moet my gedagtes, woorde en dade gevul en gelei word deur God se Woord en Gees.
v.19 Leer vir jou kinders by die huis, oppad, gaan slaap en opstaan wat die Here se en gedoen het, so lank as wat die mens op aarde is.
24 Uur moet jy jou kinders lei en lei, in alle opsigte.
v.22… met gehoorsaamheid sal die Here sorg dat die vreemde nasies verdryf word. Niemand sal bestand wees teen I nie. Let op seen en straf.
Gehoorsaam word deur die Here geseen, jy sal deur jou beproewinge kom, bly jy net gehoorsaam aan God se Wil
v.31… Julle staan op die punt om beloofde land in te gaan. Oproep: jy moet God se voorskrifte gehoorsaam en uitlewe.
Weer word beklemtoon dat jy God se wil moet uitlewe

Ja, wat kan mens sê, God is God en ons moet luister en wil luister. As jy terugkyk na jou lewe, dan verstaan jy nou baie dinge beter. Wat God deur Jesus Christus vir ons gedoen het, is so groot en wonderlik!

Doen asb voorbidding vir die Kerkraad wat vanaand die bestuurstake van die gemeente bespreek en behartig. Ons is maar net mense.

Baie sterkte en seen vir u.

Joop

No comments: