2008/08/28

Oordenking: 28 Augustus 08 - Deut 12 en Job 42

Liewe Broeders en Susters

Ek wil twee dele met u deel, Job.42:5 en Deut 12

Job.42:1-6
Ons gesin het vanoggend die deel uit Job gelees. Skielik tref dit ons dat ons betekenis van “sak in as” as preek woord verkeerdelik en verleidelik is.
Ons spreekwoord se jy is moedeloos en jy weet nie wat om te doen nie.Job se sak in as, het die betekenis van berou. Hy het self ondersoek gedoen en weet nou werklik wie God is. Hy is uit sy hart jammer dat hy verkeerd was.
Kyk net wat gaan die slotsom vooraf: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Ek en jy moet wel hoor van die Here by ander mense, ons moet ook ander vertel van die Here. Die belangrikste is egter om God te “sien”. Om God te beleef, ervaar, te ken as vertroueling en as Vader.

Deut.12
Die opskrif is, net een plek van aanbidding.
v.1 Jy moet God se voorskrifte, bepalings, jou lewe lank gehoorsaam, veral in die beloofde land
Die Here soek oorgawe met al Sy gebooie
v.2… Vernietig elke plek van afgodery, verwyder selfs elke teken.
Jy mag nie eers belangstelling toon in ander godsdienste nie. Vandag moet ons egter wel weet wie hulle is, om hulle te kan herken. Dis klaar te ver om net te los. Die waarskuwing word nou juis bewaarheid, want ons gee erkenning aan ander godsdienste en dra al meer van daardie godsdienste in ons eie godsdien in.
v.4 Jy mag nie die Here God dien op dieselfde manier soos wat ander nasies ‘n afgod dien nie.
v.6 en 11. Bring in teenwoordigheid van God jou brandoffer, ander offers, 10des, ander bydraes, gelofteoffers, vrywillige offers, die eerstelinge van groot en kleinvee.
Ons praat van bydraes, beloftesof dankoffers. Daar is heelwat voorskrifte van die Here. Ons doen nou ‘n beroep op ‘n tydoffer, hartoffer, handoffer en randoffer. Let daarop dat jy stiptelik jou
dankoffer vir die Here gee, dit is Syne. Ons vry nou ook ‘n vrywillige offer om die kerkkas uit die nood te kry. Als is dus Bybels. Wat vir ons uiters belangrik is, is jou hart en
dankbaarheidslewe.
v.8 Moenie elkeen maar net aanbid waar hy/sy wil nie. Aanbid waar God bepaal jy moet, saam.
Ons raak ook baie eiewillig met voorkeure en afkeure. Dis hartseer en nou vind churchhopping plaas. Vanwee die sonde erken ons ongelukkig dat daar verskillende manier van aanbidding is. Kom ons streef daarna om mekaar te respekteer en God wel saam te aanbid by die geleendheid en die plek wat Hy bepaal.
v.12 Op die plek wat God kies, moet jy, jou kinders, slawe en slavinne van die offers geniet in teenwoordigheid van God, saam op God se plek, op God se manier.
God bepaal die plek waar ons Hom moet aanbid en almal behoort saam te wees.
v.17 In jou eie plek mag jy nie vd 10de van jou koring of wyn of olie gebruik nie, ook nie vd eerstelinge van vee nie, ook nie wat jy aan die Here beloof het nie, of wat jy vrywillig aan die Here gaan offer nie, of van ander offers nie.
As jy van jou dankoffer, tiende, beloftes… self gebruik, weet dat God dit eintlik verbied. Ek weet dit gaan swaar, maar dit kan nie anders nie, dit is God sin. As jy God se deel vir Hom teruggee, na jou vermoë, sal Hy vir jou sorg. Dit is ‘n belofte. Kom ons maak die hartsbesluit. Stel dit so gou as moontlik reg, vandag of met jou volgende betaaltjek.
v.18 In teenwoordigheid van God moet julle saam bly wees oor alles wat Hy julle laat regkry het.
Ons moet ook saam in teenwoordigheid baie bly wees oor alles wat God jou laat regkry. Jy kry dit nie self reg nie, God lei jou om dit te doen. Aan God dus al die eer!
v.21 Van die gawes wat nie deel van die offers is nie, mag jy na hartelus geniet, dit kom ook van God.
Van die ander 90% wat die Here vir jou gee, moet jy verantwoordelik bestee, en jy mag dit ook geniet, wel nie verkwis nie. God gun jou ook ‘n lewe, nadat Sy deel geoffer is.
v.23 Jy mag nie van die bloed vd dier eet nie, dit is sy lewe.
v.26 Alle gewyde gawes en geloftes moet jy na die plek van die Here bring wat Hy kies.
God besluit wat met Sy deel gedoen word, luister wat Hy vir jou sê.
v.30 Na oorwinning moet jy juis passop vir verleiding van afgode en die wat afgode aanbid. Jy mag nie eers vra:hoe vereer hierdie nasies hulle gode?
Vermenging van godsdiens word weer baie duidelik veroordeel.
v.32 Elke gebod wat Ek beveel, moet jy gehoorsaam, Jy mag niks byvoeg of wegvat nie.
Getrouheid, gehoorsaamheid, alles. Jy kan nie kies waarvan jy hou of nie. As jy iets nie doen wat God vir jou se nie, dan skeur jy ‘n bladsy uit die Bybel uit.

Boeties en sussies in Christus, mag die Here ons lei, gehoorsaam en dankbaar maak.
Mag ons nou self vir God “sien”. Mag ons ander van Hom vertel. Dis een van ons roepinge hier op aarde.

Joop

No comments: