2008/09/16

Oordenking: Deut 29

Dagse Boeties en Sussies


Ek wil nog iets byvoeg by Deut. 28
Kyk net watter tema kom hier uit Deut.28: KOP of STERT!
Deut.28
v.1.. As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al Sy gebooie... sal die Here jou oor al die nasies aanstel.
v.13.. As jy luister na die Here se gebooie... sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en jy sal altyd bo wees, nie onder nie
v.15..As jy nie luister na die jou God nie... sal al hierdie strawwe oor jou kom..
v.44.. Die vreemdeling sal die kop wees en jy die stert... totdat jy uitgeroei is.

Ons het mos die gewoonte om die muntstuk te gooi om te loot wie begin ‘n wedstryd.

Met die gedeelte word gewys dat jou lewe baie beïnvloed word oor hoe jy lewe.
Om so gedegradeer te word dat jy net die stert is wat maar die vlieë moet waai, is nie altyd lekker nie.

Om egter die verantwoordelikheid te kry om die kop te wees, is ‘n voorreg, maar ‘n baie groot taak. Die opdrag is egter dat jy ander moet wys en voorgaan in ‘n gehoorsame lewe.

In die Nuwe Testament leer ons gelukkig dat Jesus Christus die Kop – die Hoof is, en ons die liggaam (Efes en Kol). Nou moet ons deur die werking van die Heilige Gees ook die hoofskap-verantwoordelikhede verder neem, tot eer van ons Here en Koning.

Mooi dag en mag die Here jou ‘n kop maak tussen die ander mense waar jy werk en lewe

Deut 29
v.1.. Behalwe die verbond wat Moses by Horeb met die Israeliete gesluit het, het hy op bevel vd die Here ook in Moab ‘n verbond met hulle gesluit. Die res hierna is d inhoud v verbond..
v.2.. Israel het gesien wat het die Here alles vir hulle gedoen het, hoe hulle uit Egipte gekom het, al die rampe en tekens.
v.4.. Tog het die Here tot toe nog nie aan hulle verstand gegee om te verstaan nie, oë om te sien nie, ore…
v.7.. Julle het Gesbon en Basan verslaan en dit is gegee vir Ruben, Gad en halwe Mannasse.
v.9.. Sorg dat julle doen wat hd verbond bepaal en lewe daarvolgens … sal voorspoedig wees
v.10.. Julle staan vandag almal in teenwoordigheid vd Here julle God: hoofde, stamme, leiers, beamptes, elke Israeliet, kinders, vrouens, vreemdelinge. Julle staan hier om deel te kry aan die verbond…
v.15.. God sluit die verbond met almal, ook met die wat op dd oomblik nie daar is nie.
v.18.. Pas op dat iemand nie afvallig word nie vd Here ons God en gode vd nasies gaan dien nie. Daardie persoon is soos ‘n gifwortel wat alles kan vergiftig.
v.19 So iemand kan sê: Ek is veilig al volg ek my eie harde kop. Maar dit sal lei tot ellende en swaarkry… Die toorn en verontwaardiging vd Here sal teen so iemand ontvlam... soos teen Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim...
v. 24.. Die nasies sal vra: waarom het die Here dit gedoen? Die antwoord sal dan wees: omdat die Israeliete die verbond verbreek het... ander gode gaan dien en vereer..
v.29.. Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God...lewe volgens die wet v..
* ‘n Verbond is ‘n ooreenkoms tussen 2 partye. God kom na jou en sluit ‘n verbond met jou en ons. Ek is jou God en Vader en jy is my kind. Ek verlos jou van jou sonde en gee vir jou ‘n plek in die hemel. Ek eis van jou dankbaarheid en gehoorsaamheid hiervoor.
* Ons kom elke Sondag bymekaar as gemeente/medegolowiges, ouderlinge, diakens,lidmate. Ons verbondsteken is die doop – wat ‘n voorreg en vreugde was dit nie om die afgelope Sondag 2 verbondskinders met die verbondsteken te bedien nie! Die doopbediening is spesiaal vir God en ons.
* Hoekom verbreek ek en jy kort-kort die verbond met die Here? Jy doen ook sonde, oortree die gebooie. Wat mens bekommerd maak is dat baie mense afvallig raak, wat ook dink en sommer hardop sê: ek is ok, niemand sal my voorsê nie. So iemand is ‘n gifwortel, ‘n vrot appel in die gemeente se boks, in die koninkryk van God. Kom ons bid vir onsself, maar ook vir die wat koud, lou en afvallig raak en is. Mag God Sy genade skenk en ingryp.
* Ek en jy stuur met ons lewe en woord as Christen ‘n boodskap na buite, vir of teen God...
* Ons moet gewaarsku wees: God weet presies wat ek en jy doen, of ons eerlik is of oneerlik, heilig of skynheilig... Die Here sal alles ontbloot.
* Aan die ander kant: gelukkig weet God wat aangaan, al glo ander mense my nie. Jy word dalk benadeel deur leuens. Mag God ingryp.

Baie mooi dag en kom ons hou by God se verbond.

Joop

No comments: