2008/09/15

Oordenking: Deut 27 en 28

Liewe Susters en Broeders.

Hier is die hooflyne van die 2 hoofstukke, nogal vreesaanjaend!

Deut 27
v.1.. die volk en leier word beveel dat al die gebooie gehoorsaam moet word.
v.2.. Wanneer jy deur die Jordaan gaan trek in die beloofde land, moet jy klippe opstapel en dit met kalk afwit.
v.3.. Jy moet al die woorde vd wet op die klippe leesbaar skryf.
v.5.. Met die klippe moet jy ‘n klipaltaar bou vir die Here jou God. Daar moet jy brandoffers en graanoffers aan die Here.
v.9.. Moses en die priester het vir die volk gesê: Bly stil en luister! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword en jy moet lewe volgens Sy gebooie..
v.12.. Wanneer die volk deur die Jordaan is, word hulle verdeel om op 2 berge te gaan staan. Op die een plek moet die volk geseën word en op die ander moet straf aangekondig word.
v.14.. Die Leviete moet hardop alles uitroep waarop daar vervloeking plaasvin: Afgodsbeeld... minagting van ouers... grenslyne verlê... verleiding op verkeerde pad...onreg teen vreemdeling, weeskind en weduwee...die wat gemeenskap met sy pa se vrou het... op die wat gemeenskap met ‘n dier het...gemeenskap met sy suster en skoonma...op elkeen wat iemand doodmaak...op die wat omkoopgeld kry vir moord...op elkeen wat nie die wet hou nie.
v.26. Die hele volk moet AMEN hierop sê.
* Almal van ons word opgeroep om na die Here se Woord te luister, inteendeel, baie keer sê die Here: bly stil en luister! Ons wil nie altyd luister nie.
* Die altaar as teken van God se Almag en teenwoordigheid moes gebou word en die wet daarop geskrywe word – dis die opdrag vooruit, voordat hulle oor die Jordaan sou trek na die beloofde land. Voorop u/jou en my lewe moet dus altyd, altyd sy Woord en jou dankbaarheid staan. Voordat jy iets doen, moet jy luister na wat die Here sê, agterna moet jy jou dankbaarheid betoon.
* Baie prakties is die Here se woord, presies word uitgestippel wat mens mag en nie mag nie. Wat gebeur nie hiervan in vandag se tyd nie?
* Die AMEN wat ons sing na die diens, maak al hoe meer sin. Kyk gerus hoeveel keer dit in Openbaring ook gebruik/gedoen word.

Deut.28
v.1.. As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al Sy gebooie... sal die Here jou oor al die nasies aanstel.
v.2..As jy luister...sal baie seëninge op jou pad kom...in die stad en oop veld... nageslag...opbrengs vd land...oesmandjie en knieskottel.
v.10.. Al die volke vd aarde sal weet dat die Naam vd Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou. (Josua 2:8 – Ragab bevestig dit)
v.12.. Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel vir jou oopmaak...
v.13.. As jy luister na die Here se gebooie... sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en jy sal altyd bo wees, nie onder nie
v.15..As jy nie luister na die jou God nie... sal al hierdie strawwe oor jou kom..
v.16.. ‘n vloek op jou rus in die stad...in die oop veld..oesmandjie en knieskottel.
v.20.. Die Here sal verwarring en terugslae oor jou bring, oor wat jy aanpak...tering...inflammasie...brandkoring en roes... stof en roet sal reën...
v.38.. Jy sal saad saai, maar mind oes...
v.44.. Die vreemdeling sal die kop wees en jy die stert... totdat jy uitgeroei is.
v.47..As jy die Here jou God nie met blydskap en vreugde dien nie omdat jy baie besit, sal jy jou vyande wat die Here stuur, moet dien... met ‘n ysterjuk op die nek...nasies sonder genade sal teen jou opkom... Jy sal beleër word
v.53.. Jy sal die vleis van jou eie kinders eet..
v.58..Sorg dat jy lewe volgens al hierdie bepalings van hd wet wat in hd boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, aan wie dit toekom.
v.59.. As jy dit nie doen nie, sal Hy ontsettende rampe oor jou bring...
v.65.. Onder dd nasies sal jy nie vrede vind nie, nie eers ‘n rusplek vir jou voete nie.
v.66.. Jou lewe sal aan ‘n draadjie hang, dag en nag sal jy vrees...
*Gehoorsaamheid – luister is die opdrag aan jou en my. Die Here seën gehoorsaamheid. Hier word nie ‘n voorspoedsteologie verkondig nie. Die Here verlos eers en dan gee Hy die wet. Omdat Hy verlos, vereis Hy van jou en my ‘n dankbare gehoorsaamheidslewe. Ons eer God daarmee.
* Ongehoorsaamheid – nie luister nie – word getref met strawwe. Doen selfondersoek en meet jou lewe aan God se Woord. Tog is dit ook so dat jy nie met alles wat moeilik is wat met jou gebeur, as straf van God sien nie. Dikwels is jy wel gehoorsaam, maar dan laat die Here toe dat jy versoek word – Dink aan Job en Paulus. Baie keer maak die Here jou deur beproewing sterker.

Vir jou en my leer die Here met hierdie 2 hoofstukke dat ons moeite moet doen om Hom te ken, om werklik ‘n persoonlike verhouding met Hom te beleef, om met blydskap en vreugde te dien. So kry jy werklik vreugde in jou lewe. Die Here gee uit Sy hand wat jy nodig het, dit is ‘n voorreg en ‘n werklikheid!

Mooi dag verder

Joop

No comments: