Dagse my boetie en sussie in Christus.
Ek glo jy het nou saam met my gevorder tot die laaste hoofstuk van Deuteronomium. Die laaste hoofstuk is hoofstuk 34. Dis kort maar bevat ‘n fantastiese getuigskrif van Moses. Jy weet wat Moses alles verkeerd gedoen het, maar nou weet jy ook wat Moses deur God se Wil en opdrag reg gedoen het. Kom ons som dit op en praat kortliks daaroor.
Deut.34
v.1.. Moses het uit die Moabsvlakte na Neboberg toe opgeklim, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys...
v.4.. Dit is die land wat Ek met ‘n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.
v.5.. Moses, die dienaar van die Here, het daar gesterf soos die Here beveel het.
v.6.. Hy het Moses begrawe in ‘n vlakte in Moab,... maar tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie. Moses was 120 jaar oud. Die volk het 30 dae gerou.
v.9.. Josua het ook oor wysheid beskik, want Moses het sy hande op Josua gelê...
v.10.. Daar het nie weer ‘n profeet in Israel opgetree soos Moses was nie. Hy het die Here persoonlik geken. Die Here het hom gestuur om in Egipte al die tekens en wonders te doen...
• Moses het met sy ongeduld nie met die rots gepraat om water te kry nie, maar dit geslaan. Toe het die Here al gesê dat Hy nie die beloofde land Kanaän sal ingaan nie. Hier gebeur dit nou, Moses bereik die laaste dag van sy lewe hier op aarde. Hy staan op die Pisgaberg en sien die mooi wat geskenk gaan word. Dan sterf Moses en gaan hy die hemelse Kanaän in, eintlik 1000 keer beter!
• Die Here hou Sy beloftes. So hou Hy ook Sy beloftes teenoor jou en My. Hy dra jou elke dag van jou lewe, Hy voorsien en versorg, Hy gee genade deur Sy Seun Jesus Christus, Hy gee geestelike krag deur Sy Heilige Gees... Maak staat hierop en beur voort in die lewe en later sien jy dat dit al hoe makliker gaan.
• Moses het Josua die hande opgelê. Sy opvolger word nie net deur die Here geseën nie, maar ook deur die mens Moses aangeraak. Ons het die mooi en besonder gebruik om wanneer ‘n predikant die eerste keer bevestig word, dat al die predikante teenwoordig hom die hande oplê.
• Wat die mooiste getuienis van Moses is, is dat hy uniek gemaak en gebruik is, deur niemand anders as God nie! Hy het sy werk met onderskeiding gedoen. Hoe het hy dit reggekry? Hy het die Here persoonlik geken! In die 1953 vertaling vd Bybel staan dat die Here Moses van aangesig tot aangesig geken het. Ja, Moses het die voorreg gehad om telkens na die tent van ontmoeting te gaan om daar met God te gaan praat. God was in ‘n wolk teenwoordig. Moses het die Here inderdaad persoonlik geken. Hoe goed ken jy die Here? Ek het ‘n ouer lidmaat nou die dag gaan ondersteun en ek vra haar toe uit oor hoeveel keer sy die Bybel al deurgelees het. Sy antwoord dat sy dit nog nooit gedoen het nie. Ek en jy verkeer van aangesig tot aangesig met die Here deur die Bybel oor en oor biddend deeglik deur te lees. Ek heg weer die preek aan van Ps.131. Die tema was “Sit elke dag so ‘n rukkie op God se skoot. So ken ek en jy ook die Here persoonlik.
Ek bid jou die seën van die Here toe vir die dag en die week.
Joop van Schaik
2008/09/29
2008/09/25
Oordenking: Deut 33
Broeders en Susters, ons is nou byna klaar met die boek Deuteronomium. Dis baie baie insiggewend wat die Here ons als leer. Dis lekker en wonderlik om woord vir woord van die Bybel deur te gaan.
Deut.33
v.1.. Moses, die man van God, het die Israeliete voor sy dood met die volgende woorde geseën:.. Die Here kom van Sinai af.... (Die hele hoofstuk is die inhoud vd seën).
v.3.. U Here, het u volk lief, al die heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete, elkeen luister na u woorde...
v.6.. Ruben moet lewe... v.7.. oor Juda – maak hom sterk...
v.8.. oor Levi – U tummin en urim is toevertrou aan u troue dienaar... hulle onderrig die volk in die wet en bepalings... hulle bring wierookoffers en brandoffers op die altaar...
v.12.. oor Benjamin – wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom...
v.13.. oor Josef – Mag sy land deur die Here geseën word, net die beste uit die hemel... Mag die 10 000de van Efraim en ook die 1000de van Manasse ook so geseën wees.
v.18.. oor Sebulon – jy moet bly wees as jy op pad gaan...
... oor Issaskar - jy moet bly wees as jy by die huis bly. Hulle geniet die oorvloed uit die see, die skatte wat deur die sand bedek word.
v.20.. oor Gad... Hy lê soos ‘n leeu, sterkes en leiers is sy prooi. Gad het die beste vir hom uitgekies, die uitsoekdeel...
v.22.. oor Dan .. is ‘n jong leeu, hy bespring sy prooi.
v.23.. oor Naftali.. hy geniet baie guns, word ryklik geseën...
v.24.. oor Aser.. hy is meer geseënd as die ander seuns... hy sal sy voete met olie was...
v.26.. Jesurun (Israel), daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in Sy majesteit ry Hy op die wolke. Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand..
v.29.. Jy is ‘n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee aan jou mag, jou vyande kruip voor jou....
* Dit was die gebruik dat net voordat iemand afsterf, veral as hy nou weet dat sy tyd naby is, om al die kinders bymekaar te roep en ‘n seën uit te spreek. Hier gebruik die Here vir Moses as ‘n tipe Vader van die volk Israel om elke stamgroep by die naam te noem en ‘n seën toe te wens-uit te spreek. Hulle het dit ook nodig gehad want daar moes nog baie groot dinge gebeur nadat hulle die Jordaan sou oorsteek.
* Nadat die 12 Stamme een vir een “ingeroep” is, beklemtoon Moses dat daar net een God is en dat Hy een volk gekies het. Net hierdie een God mag erken, aanbid en gedien word. Israel is die uitverkore volk omdat God so besluit het, nou moet hulle afhanklik wees van Hom en Hom alleen.
* Geliefde, ek en jy moet baie meer aan mekaar dink en vir mekaar bid. Ons moet baie meer die seën van die Here vir mekaar toebid, want ons het dit nodig. Ons is dikwels so besig om die strydbyle te slyp, dat ons skoon vergeet waarvoor ons hier is. Ons aandag word so opgeneem deur die ANC politieke speletjies, dat ons twyfel en vrees. Nee, kom ons hou vas aan die Enigste God wat daar is. Ek en jy en elke mens wat in God 3-1 glo, is nou die Israel. Ons het reeds baie dinge ontvang en die beste lê nog voor, die Jordaan moet nog oorgesteek word.
* Ek vra myself veral die afgelope tyd met die politieke verwikkelinge af: Waar is God in die politiek? Kom ons bid dat die Here die magsbehepte en soustreinryers tot stilstand sal dwing, dat Hy sal ingryp sodat ons land ‘n vrye, regverdige en veilige woonplek vir ons almal sal wees. Jou en my groot doelwit is om God se koninkryk hier plaaslik en in SA te laat kom.
* Geliefde, jy is klaar verlos deur Jesus Christus, lewe nou soos ‘n verloste, ontvang die seën van die Here en bid Sy seën vir mekaar toe. Ons bid ook dat die Vader ingryp en dat Hy Sy wil in SA sal laat geskied. God is die Enigste ware God en jy en ek is Sy kinders. Ontvang Jesus se vrede en wees ‘n seën.
Mooi dag,
Joop

Labels:
Bybel,
Deuterenomium,
gkkpn,
Kempton Park,
oordenking
2008/09/23
Oordenking: Deut 32
Liewe Broeders en Susters. Die voëlvlug deur deur die Woord van God is wonderlik.
Deut.32
Die lied wat die Here deur Moses vir Israel gee, kom nou aan die beurt:
v.1-4.. Die onderrig wat gegee word is soos reënwater... soos dou... soos sagte reëns op die grassies... op die graan. Ek wil die Naam van die Here roem... Die Here is getrou...
v.5-6.. Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie meer geskik vir diens nie... Is die Here nie jou Vader, jou Skepper nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring...
v.7.. Dink aan die dae lank verby, onthou... Die Here het alles gegee, die grense bepaal...
v.11.. Soos ‘n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ‘n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei...
v.13.. Die Here het sy volk die land in besit laat neem... laat eet...
v.15.. Jesurun (Israel) het alles in oorvloed gehad, hy het in opstand gekom... dom gehou, ooreet... hom vermetel gehou teen die Rots wat hom gered het... Jy het jou Rots, jou Skepper nie in ag geneem nie, maar vergeet.
v.19... Die Here het dit gesien en vir jou minagting gekry.... Ek sal nie meer vir julle sorg nie. Hulle het iets wat nie ‘n god is nie, bo My verkies...
v.23.. Ek sal ramp op ramp oor hulle laat kom, my pyle op hulle skier, hongerpyne, ongeneeslike siekte... Op straat is daar angs... in die slaapkamers is daar angs...
v.29.. As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het....
v.36.. Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee...
v.39.. Besef dit tog, Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond.
v.44.. Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou
v.46.. Toe Moses klaar was, het hy vir al die Israeliete gesê: Neem al hierdie woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinder beveel om dit te gehoorsaam. Dit is nie ‘n geringe saak nie.
v.49.. Moses klim op Neboberg en bekyk van bo af die land Kanaän wat Hy as besitting gee. Omdat moses ontrou was by Meriba se waters, kon hy net sien wat Israel gaan ontvang.
*Die Bybel is inderdaad soos reënwater op jou siel. Wanneer jy moeg en moedeloos is, opgewonde en vooruitstrewend is, dan werk die Heilige Gees met die Woord van God op jou in. Dit voed jou en laat jou groei sodat jy met kalmte en vrede kan leef en laat leef.
* Hoe baie keer is ek en jy nie ook maar ontrou aan die Here nie? Jy het wat jy nodig het, jy weet jy ontvang verlossing deur Jesus Christus, maar tog voeter jy dikwels maar net aan. Nee, die Here se geduld gaan opraak en Hy gaan die streep trek, wees gewaarsku.
* Die beeld van die arend wat sy/haar kleintjies daar van bo af uit die nes skop, maar tog die hele tyd daar is, leer jou ook dat die Here jou dinge leer. Baie keer is dit baie moeilik, baie keer vang Hy jou op en dan sê Hy eendag vir jou: nou is dit tyd dat jy vlieg en my werk gaan doen. Dit waarvoor jy bang is, juis dit word nou jou roeping!
* Daar is net een God!!! Alle ander gode is afgode, bestaan nie, is niks, het niks en doen niks.
* Neem ter harte – maak dit deel van jou lewe – wees ernstig met in jou verhouding met die Here – dan gaan jy alles in die lewe kan hanteer.
Groete

2008/09/18
Oordenking: Deut 30
Liewe Susters en Broeders
Jammer ek het gister nie iets gestuur nie. Ek was van vroeg op die pad en later besig met voorbereiding en die kerkraadsvergadering.
Vandag was ek so ver baie min tuis, maar hier is Deut.30.
Deut.30
v.1.. Wanneer jy al die seën en straf wat Ek jou voorgehou het, met jou gebeur, en jy daaraan dink dat jy verkeerd gedoen het en terugkeer na die Here, sal ek jou omstandighede verander.
v.6.. Die Here jou God sal jou lewe en jou nageslag sin, aan Hom wy, sodat jy Hom sal liefhê met hart en siel.
v.10.. Wanneer jy die Here gehoorsaam en sy gebooie nakom, en wanneer jy met hart en siel terugkom na die Here jou God, sal Hy Hom weer in jou verbly...
v.11.. Die gebod wat die Here gee, is nie te moeilik vir jou nie, dit is nie buite jou bereik nie.
v.14.. Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe..
v.16.. As jy die Here jou God liefhet, en sy wil ... gehoorsaam, sal ek jou voorspoedig maak..
v.17.. As jy van die Here af wegdraai... sal julle omkom...
v.19.. Ek roep die hemele tot getuie dat Ek die seën en straf aan julle voorgehou het. KIES DIE LEWE...!
* Met selfondersoek verander baie dinge in jou en jou geliefdes se lewe. Weereens, dit gaan nie om ‘n voorspoedsgeloof nie, maar wel dankbare gehoorsaamheid tot God. Die belofte is dat die fisiese werklikheid ook verander as jy gehoorsaam is, maar die wonderlikste is wat in jou hart en gemoed gebeur.
* Dit is waarom hier herhaaldelik gepraat word daarvan dat jy die Here moet liefhê en dien met jou hart en siel. As jou hart nie in iets is nie, dan poer-poer jy maar net. As jou hart in iets is, dan is dit heerlik al is dit ook swaar. As jou siel onrustig is, dan is als maar baie moeilik. Glo en dien die Here, werk en leef, wees betrokke in jou kerk, deur met jou hart en siel dit te doen. Kyk wat gaan verander en hoe heerlik dit is. Gee jou gevoelens ook vir die Here en vra Hom om jou seerkry, bitterheid en moedeloosheid met alles en almal te verander. Kom, wees positief en dankbaar oor ons as gemeente, trek saam, bid saam...
* Vir ons as sondaar is die nie moontlik om God se gebooie 100% na te kom nie. Gelukkig het Jesus Christus dit vir ons kom doen, volmaak. Nou wil jy weer jou beste gee, jou allerbeste poging aanwend. Dan kan ons ook weet, dis nie so moeilik en buite jou bereik nie.
* Hoor wat word gesê: KIES DIE LEWE. Ek en jy kan nie self die regte kies nie. Jy kan wel antwoord, die regte antwoord gee, as jy reg luister. GK KP-N, kies die lewe, kom ons skaar ons by Jesus se lewe en verlossing.
Mag u geseend wees vandag, vanaand en vannag.

2008/09/16
Oordenking: Deut 29
Dagse Boeties en Sussies
Ek wil nog iets byvoeg by Deut. 28
Kyk net watter tema kom hier uit Deut.28: KOP of STERT!
Deut.28
v.1.. As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al Sy gebooie... sal die Here jou oor al die nasies aanstel.
v.13.. As jy luister na die Here se gebooie... sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en jy sal altyd bo wees, nie onder nie
v.15..As jy nie luister na die jou God nie... sal al hierdie strawwe oor jou kom..
v.44.. Die vreemdeling sal die kop wees en jy die stert... totdat jy uitgeroei is.
Ons het mos die gewoonte om die muntstuk te gooi om te loot wie begin ‘n wedstryd.
Met die gedeelte word gewys dat jou lewe baie beïnvloed word oor hoe jy lewe.
Om so gedegradeer te word dat jy net die stert is wat maar die vlieë moet waai, is nie altyd lekker nie.
Om egter die verantwoordelikheid te kry om die kop te wees, is ‘n voorreg, maar ‘n baie groot taak. Die opdrag is egter dat jy ander moet wys en voorgaan in ‘n gehoorsame lewe.
In die Nuwe Testament leer ons gelukkig dat Jesus Christus die Kop – die Hoof is, en ons die liggaam (Efes en Kol). Nou moet ons deur die werking van die Heilige Gees ook die hoofskap-verantwoordelikhede verder neem, tot eer van ons Here en Koning.
Mooi dag en mag die Here jou ‘n kop maak tussen die ander mense waar jy werk en lewe
Deut 29
v.1.. Behalwe die verbond wat Moses by Horeb met die Israeliete gesluit het, het hy op bevel vd die Here ook in Moab ‘n verbond met hulle gesluit. Die res hierna is d inhoud v verbond..
v.2.. Israel het gesien wat het die Here alles vir hulle gedoen het, hoe hulle uit Egipte gekom het, al die rampe en tekens.
v.4.. Tog het die Here tot toe nog nie aan hulle verstand gegee om te verstaan nie, oë om te sien nie, ore…
v.7.. Julle het Gesbon en Basan verslaan en dit is gegee vir Ruben, Gad en halwe Mannasse.
v.9.. Sorg dat julle doen wat hd verbond bepaal en lewe daarvolgens … sal voorspoedig wees
v.10.. Julle staan vandag almal in teenwoordigheid vd Here julle God: hoofde, stamme, leiers, beamptes, elke Israeliet, kinders, vrouens, vreemdelinge. Julle staan hier om deel te kry aan die verbond…
v.15.. God sluit die verbond met almal, ook met die wat op dd oomblik nie daar is nie.
v.18.. Pas op dat iemand nie afvallig word nie vd Here ons God en gode vd nasies gaan dien nie. Daardie persoon is soos ‘n gifwortel wat alles kan vergiftig.
v.19 So iemand kan sê: Ek is veilig al volg ek my eie harde kop. Maar dit sal lei tot ellende en swaarkry… Die toorn en verontwaardiging vd Here sal teen so iemand ontvlam... soos teen Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim...
v. 24.. Die nasies sal vra: waarom het die Here dit gedoen? Die antwoord sal dan wees: omdat die Israeliete die verbond verbreek het... ander gode gaan dien en vereer..
v.29.. Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God...lewe volgens die wet v..
* ‘n Verbond is ‘n ooreenkoms tussen 2 partye. God kom na jou en sluit ‘n verbond met jou en ons. Ek is jou God en Vader en jy is my kind. Ek verlos jou van jou sonde en gee vir jou ‘n plek in die hemel. Ek eis van jou dankbaarheid en gehoorsaamheid hiervoor.
* Ons kom elke Sondag bymekaar as gemeente/medegolowiges, ouderlinge, diakens,lidmate. Ons verbondsteken is die doop – wat ‘n voorreg en vreugde was dit nie om die afgelope Sondag 2 verbondskinders met die verbondsteken te bedien nie! Die doopbediening is spesiaal vir God en ons.
* Hoekom verbreek ek en jy kort-kort die verbond met die Here? Jy doen ook sonde, oortree die gebooie. Wat mens bekommerd maak is dat baie mense afvallig raak, wat ook dink en sommer hardop sê: ek is ok, niemand sal my voorsê nie. So iemand is ‘n gifwortel, ‘n vrot appel in die gemeente se boks, in die koninkryk van God. Kom ons bid vir onsself, maar ook vir die wat koud, lou en afvallig raak en is. Mag God Sy genade skenk en ingryp.
* Ek en jy stuur met ons lewe en woord as Christen ‘n boodskap na buite, vir of teen God...
* Ons moet gewaarsku wees: God weet presies wat ek en jy doen, of ons eerlik is of oneerlik, heilig of skynheilig... Die Here sal alles ontbloot.
* Aan die ander kant: gelukkig weet God wat aangaan, al glo ander mense my nie. Jy word dalk benadeel deur leuens. Mag God ingryp.
Baie mooi dag en kom ons hou by God se verbond.

2008/09/15
Oordenking: Deut 27 en 28
Liewe Susters en Broeders.
Hier is die hooflyne van die 2 hoofstukke, nogal vreesaanjaend!
Deut 27
v.1.. die volk en leier word beveel dat al die gebooie gehoorsaam moet word.
v.2.. Wanneer jy deur die Jordaan gaan trek in die beloofde land, moet jy klippe opstapel en dit met kalk afwit.
v.3.. Jy moet al die woorde vd wet op die klippe leesbaar skryf.
v.5.. Met die klippe moet jy ‘n klipaltaar bou vir die Here jou God. Daar moet jy brandoffers en graanoffers aan die Here.
v.9.. Moses en die priester het vir die volk gesê: Bly stil en luister! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword en jy moet lewe volgens Sy gebooie..
v.12.. Wanneer die volk deur die Jordaan is, word hulle verdeel om op 2 berge te gaan staan. Op die een plek moet die volk geseën word en op die ander moet straf aangekondig word.
v.14.. Die Leviete moet hardop alles uitroep waarop daar vervloeking plaasvin: Afgodsbeeld... minagting van ouers... grenslyne verlê... verleiding op verkeerde pad...onreg teen vreemdeling, weeskind en weduwee...die wat gemeenskap met sy pa se vrou het... op die wat gemeenskap met ‘n dier het...gemeenskap met sy suster en skoonma...op elkeen wat iemand doodmaak...op die wat omkoopgeld kry vir moord...op elkeen wat nie die wet hou nie.
v.26. Die hele volk moet AMEN hierop sê.
* Almal van ons word opgeroep om na die Here se Woord te luister, inteendeel, baie keer sê die Here: bly stil en luister! Ons wil nie altyd luister nie.
* Die altaar as teken van God se Almag en teenwoordigheid moes gebou word en die wet daarop geskrywe word – dis die opdrag vooruit, voordat hulle oor die Jordaan sou trek na die beloofde land. Voorop u/jou en my lewe moet dus altyd, altyd sy Woord en jou dankbaarheid staan. Voordat jy iets doen, moet jy luister na wat die Here sê, agterna moet jy jou dankbaarheid betoon.
* Baie prakties is die Here se woord, presies word uitgestippel wat mens mag en nie mag nie. Wat gebeur nie hiervan in vandag se tyd nie?
* Die AMEN wat ons sing na die diens, maak al hoe meer sin. Kyk gerus hoeveel keer dit in Openbaring ook gebruik/gedoen word.
Deut.28
v.1.. As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al Sy gebooie... sal die Here jou oor al die nasies aanstel.
v.2..As jy luister...sal baie seëninge op jou pad kom...in die stad en oop veld... nageslag...opbrengs vd land...oesmandjie en knieskottel.
v.10.. Al die volke vd aarde sal weet dat die Naam vd Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou. (Josua 2:8 – Ragab bevestig dit)
v.12.. Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel vir jou oopmaak...
v.13.. As jy luister na die Here se gebooie... sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en jy sal altyd bo wees, nie onder nie
v.15..As jy nie luister na die jou God nie... sal al hierdie strawwe oor jou kom..
v.16.. ‘n vloek op jou rus in die stad...in die oop veld..oesmandjie en knieskottel.
v.20.. Die Here sal verwarring en terugslae oor jou bring, oor wat jy aanpak...tering...inflammasie...brandkoring en roes... stof en roet sal reën...
v.38.. Jy sal saad saai, maar mind oes...
v.44.. Die vreemdeling sal die kop wees en jy die stert... totdat jy uitgeroei is.
v.47..As jy die Here jou God nie met blydskap en vreugde dien nie omdat jy baie besit, sal jy jou vyande wat die Here stuur, moet dien... met ‘n ysterjuk op die nek...nasies sonder genade sal teen jou opkom... Jy sal beleër word
v.53.. Jy sal die vleis van jou eie kinders eet..
v.58..Sorg dat jy lewe volgens al hierdie bepalings van hd wet wat in hd boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, aan wie dit toekom.
v.59.. As jy dit nie doen nie, sal Hy ontsettende rampe oor jou bring...
v.65.. Onder dd nasies sal jy nie vrede vind nie, nie eers ‘n rusplek vir jou voete nie.
v.66.. Jou lewe sal aan ‘n draadjie hang, dag en nag sal jy vrees...
*Gehoorsaamheid – luister is die opdrag aan jou en my. Die Here seën gehoorsaamheid. Hier word nie ‘n voorspoedsteologie verkondig nie. Die Here verlos eers en dan gee Hy die wet. Omdat Hy verlos, vereis Hy van jou en my ‘n dankbare gehoorsaamheidslewe. Ons eer God daarmee.
* Ongehoorsaamheid – nie luister nie – word getref met strawwe. Doen selfondersoek en meet jou lewe aan God se Woord. Tog is dit ook so dat jy nie met alles wat moeilik is wat met jou gebeur, as straf van God sien nie. Dikwels is jy wel gehoorsaam, maar dan laat die Here toe dat jy versoek word – Dink aan Job en Paulus. Baie keer maak die Here jou deur beproewing sterker.
Vir jou en my leer die Here met hierdie 2 hoofstukke dat ons moeite moet doen om Hom te ken, om werklik ‘n persoonlike verhouding met Hom te beleef, om met blydskap en vreugde te dien. So kry jy werklik vreugde in jou lewe. Die Here gee uit Sy hand wat jy nodig het, dit is ‘n voorreg en ‘n werklikheid!
Mooi dag verder

2008/09/12
Oordenking: Deut 26
Liewe Broeders en Susters. Nog ‘n week is verby! Hier is Deut.26
v.1.. Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God aan jou gee... moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land... ‘n deel vat en dit in ‘n mandjie sit en na die plek toe vat wat die Here kies....
v.4.. Die priester neem dit en sit dit voor die altaar vd Here.
v.5.. ‘n Baie besondere erkenning en belydenis oor wie God is, wat Hy gedoen het.. dat Hy hulle uit Egipte gelei het... dat Hy die land van melk en heuning aan hule geskenk het...
v.10.. Dit is die rede waarom ek nou die eerste opbrengs vd land wat deur die Here aan my gegee is, gebring het.
v.11.. Die Here sê dat Israel die goeie dinge wat Hy gee, baie kan geniet, elke Israeliet, huisgenote, Leviete en die vreemdelinge
v.12.. Gaan weer oor die 10des.
v.14.. Met die offergawes, word gevra dat die Here afkyk en die volk sal seën.
v.16-19 is so spesiaal, dat ek dit net so gaan insit:
16 “Die Here jou God beveel jou vandag om volgens hierdie voorskrifte en bepalings te leef en om hulle te gehoorsaam. Jy moet dit doen met hart en siel.
17 Jy het vandag verklaar dat die Here jou God is, en dat jy volgens sy wil sal lewe, dat jy sy voorskrifte en gebooie en bepalings sal gehoorsaam en dat jy na Hom sal luister.
18 Die Here het vandag verklaar dat jy sy eiendomsvolk is soos Hy jou beloof het, en gesê dat jy al sy gebooie moet gehoorsaam, 19 dat Hy jou oor al die nasies wat Hy gemaak het, sal stel en aan jou meer lof en roem en eer sal gee as aan hulle, en dat jy ’n volk sal wees wat aan die Here jou God gewy sal wees soos Hy beloof het.”(NAV)
* Weer ‘n keer word beklemtoon dat alles wat ons ontvang, van die Here kom. Hy gee vir ons als, maar Hy vra die eersteling van ons. Ons oes is die inkomste wat ons kry (salaris, beurs, sakgeld). Heel bo aan die begroting behoort jou eersteling, dankoffer, gelofte... te wees.
* Die rede vir die eersteling offer, is om dankie te sê aan God, God wat jou lief het. Israel het Kanaän gekry sonder om dit te verdien. Ek en jy het Jesus Christus gekry, ‘n plek in die hemel gekry, sonder om dit te verdien. Jy en ek erken dus hoe groot God is en hoe wonderlik Sy genade is.
* Vir die hoeveelste keer word van ons verwag om die Here se verbondsvoorskrifte wat Hy na verlossing gee, met hart en siel te doen. Waar is jou en my hart en siel? Dis wat ons die 17de Sept by die kerkraadsvergadering vir onsself gaan vra, dis wat jy en ek nou vir onsself afvra. Kom ons bid dat die Here elkeen van ons, ons gemeente, elke Christelike gemeente, die hart en siel sal gee soos wat Hy dit wil hê.
* Sjoe, jy verklaar dat die Here jou God is. Jy verklaar dat jy die Bybel wil ken, dat jy gehoorsaam wil wees en dit wil geniet, al gaan dit dikwels baie swaar. Kom ons verklaar saam en verbind ons saam aan God en Sy gebod
* Sjoe, die Here verklaar dat Hy jou en my God is, dat jy Sy eiendom is. Deur Jesus Christus is jy duurgekoop. Jou plek in die hemel is klaar voorberei en gereed. Kom ons lewe dan met ‘n positiewe Godsgesinde benadering. Kom ons sien die mooie raak, kom ons werk deur die moeilike, kom ons wys wie ons is: God se eiendom! Halleluja!
Baie mooi dag vir u/jou. Mag jy seën ontvang en ‘n seën wees. Ons sien mekaar Sondag by God se afspraak.

Subscribe to:
Posts (Atom)