Goeie dag boetie en sussie in Christus. Die werkdeel van die week is al amper verby. Jou krag is min, dalk die moed is. Hier is weer iets om op te teer, om mee versterk te word.
Josua 4 – 5:1
v.1.. Nadat die hele Israel deur die Jordaan is, sê die Here vir Josua dat hy 12 manne, 1 uit elke stam, moet opdrag gee om elkeen ‘n groot klip op die Jordaan se bodem moet optel, daar waar die priesters gestaan het. Hulle moet die klippe gaan neersit op die plek waar hulle gaan oornag.
v.6.. Dit moet as ‘n gedenkteken dien. Wanneer die kinders vra waarvoor die lippe staan, dan moet julle vertel hoe die Here Israel deur die Jordaan geneem het. Die klippe is ‘n blywende herinnering daarvan. Dis so gedoen.
v.9.. Josua het ook 12 klippe binne-in die Jordaan opgerig, daar waar die priesters gestaan het..
v.10.. Die priesters met die verbondsark het in die Jordaan bly staan totdat alles afgehandel was soos wat God beveel het. Toe als klaar was het hulle ook deurgegaan.
v.13.. Eers toe het die soldate voor beweeg en gereed gemaak vir die oorlog by Jerigovlakte.
v.14.. Die Here het dd dag hoë aansien aan Josua gegee in die oë van Israel, vir die res van sy lewe, net soos vir Moses.
v.17.. Die oomblik toe die priesters uitgaan, het die waters weer teruggeval en die rivier gevorm, en sy oewers oorstroom.
v.19.. In Gilgal het het hulle oornag en met die klippe die gedenkteken opgerig.
v.1.. Al die konings vd omgewing het dit gehoor, hulle harte het van angs verstyf en hulle het nie meer moed gehad teen die Israeliete nie.
* ‘n Gedenkteken of plaat is nou nog bekend aan ons. Elke gemeente het so ‘n gedenkplaat van ‘n stigtingsdatum en fees. Die GKSA se 150jr fees is om die draai. Jy het seker ook al ‘n gedenkmunt of Bybel gekoop. Hier was dit die 12 klippe namens die 12 stamme. Jou verjaarsdag of huweliksherdenking kry ook elke jaar aandag.
* Elke ding wat met jou gebeur, bring jou nader aan God, nader aan jou geliefdes en medegelowiges. Dank die Here daarvoor. Elke oggend as ek wakker word en ek voel en sien my vrou, dan dank ek die Here. As ek my kinders so bekyk, dan dank ek die Here. As ek die gemeentewerk doen, dan dank ek die Here. Sy genade is so groot en Sy liefde is so mooi! Eintlik is elkeen van ons ‘n gedenkteken.
* Op ‘n manier is ‘n kruis ook ‘n gedenkteken vir ons (maar sonder ‘n mense se liggaam). Jesus Christus is gekruisig op ‘n vloekpaal, hy is begrawe, maar het gelukkig uit die dood uit opgestaan. Die leë graf is eintlik die teken wat ons moet gedenk, saam met die kruis. Jesus het klaar vir jou jou plek in die hemel voorberei (Joh.14).
* Die mooiste boek van alle boek, hierdie Bybel, is ons gedenkboek. So leer jy wie God is, wat Hy gedoen het en wat Hy nog gaan doen. Jy is die ark en die Woord moet binne jou gebêre word.
* Weer word van Josua se aansien gepraat. Hy het nie iets gedoen om dit te verdien nie, die Here het als gedoen sodat hy wat mens Josua is, die seën daarvan kon ontvang. Wees jouself, wees gehoorsaam en dankbaar en doen jy net jou bes, die Here doen in elke geval die res. So ontvang jy en ek respek omdat die Here doen.
* Ek en jy word deur die riviere van die lewe gelei, deur God. Wees jy met wie jy is daarom ‘n instrument, sodat ander mense God in jou raaksien. Die wat verkeerd leef sal dan verstyf van vrees vir God, en wie weet dalk bring die Here hulle deur jou tot bekering.
* Dus, wees jy ‘n gedenkteken van God, vir jouself, vir jou geliefde, vir jou medegelowige en vir elkeen wat op jou pad kom.
Mooi dag en mag jy die naweek saam met medegelowiges in die eredienste versterk word.
Joop van Schaik
2008/10/10
2008/10/09
Oordenking: Josua 3
Liewe Broeders en Susters.
Ek was gister uitstedig met verpligtinge en kon dus nie die oordenking skryf nie. Josua 3 is een van my gunstelinge!
Josua 3
v.1.. Josua en al die Israeliete het vroegoggend van Sittim na die Jordaan vertrek en daar oorgebly. Na 3 dae het die leiers die kamp deurgegaan en opdragte uitgedeel.
v.3.. Wanneer julle sien dat die Levietiese priesters die verbondsark wegdra, moet almal agterna volg. Daar moet egter ‘n 900 meter volgafstand wees...
v.5.. Josua gee opdra: reinig julle want more gaan die Here wonders doen tussen julle...
v.6.. Josua sê vir die priesters dat hulle die ark moet optel en stap voor die volk uit...
v.7.. Vir Josua sê die Here dat Hy nou aan hom hoë aansien sal gee agv wat gaan gebeur...
v.10.. Josua sê vir die volk dat hulle sal weet dat die lewende God tussen hulle is, want die vyand sal verdryf word... Die verbondsark vd Here vd hele aarde, sal voor julle uit die Jordaan in gaan... Wanneer die voetsole vd priesters wat die verbondsark dra, aan die Jordaan se water raak, sal die water vd Jordaan afgesny word en op een hoop staan.
v.15.. So het dit gebeur, toe die priesters se voete die water raak, het dit ‘n muur gevorm ... Dit was regoor Jerigo. Die priesters het toe daar binne in die droë rivier bedding gaan staan terwyl die hele Israel droogvoets deur die Jordaan trek.
* Daar is dikwels ‘n keerpunt in jou lewe. Hier is dit die oorsteek vd Jordaan die beloofde land in. Watter groot stap neem jy op die oomblik in jou lewe? Dis dikwels maar moeilik en die onbekende is die eintlike rede tot vrees.
* Hier leer die Here jou wat jy moet doen: Moenie self al jou planne beraam nie. Hou jy net by wat die Here vir jou leer. Die ark met die 10 gebooie binne-in geberg, het voor geloop onder die skouers vd priesters. Verdiep jou net elke dag in God se Woord olv die Heilige Gees.
* Hoe reinig jy jou vandag? Deur selfondersoek en gesprek in gebed met die Here. Bely daardie sonde, toon berou oor daardie sonde, bestry daardie sonde, en wees dan bevry daarvan. Die Here skenk dit vir jou. Jesus Christus reinig jou met Sy kruis en opstanding. Jy moet dit net vat, glo en aan ander oordra.
* As jy dalk sukkel om respek in ander mense se oë te verdien, moenie daarop fokus of als probeer om dit te kry nie. Jy is mooi gemaak, deur God gemaak en Hy sal dinge so beskik dat jy wel die nodige respek ontvang. Die geheim is net dat jy sy pad moet bly loop. As jy altyd konsekwenk, regverdig, ferm en liefdevol is, sal als self regkom. En as mense jou nie repeksteer nie, dit maak nie saak nie.
* Jy moet weet dat die Lewende God ook hier by jou is, deur Sy Gees is Hy in jou en met jou.
* Die Here stop die riviere van gedagtes, vrese, bekommernisse en probleme. Jy kan net eenvoudig op Hom staatmaak, agter Jesus aanloop, Sy Wil doen en kyk wat gebeur. Op die ou end gaan jy droogvoets deur die rivier waarin jy is. So het Jesus die brug gebou waaroor jy kan stap na die hemel. Hy staan wag oor jou en gee jou krag.
Ek bid dat die Here jou seën, jou riviere sal laat wal staan, en dat jy agter Jesus deur die rivierloop kan stap. Die Here is met jou.

2008/10/07
Oordenking: Josua 2
Liewe Broeder en Suster in Christus. Verken vandag weer verder deur die Woord en Gees.
Josua 2
v.1..Josua stuur 2 verkenners uit na Jerigo. Hulle kom uit by die huis van Ragab die protituut. Sy het hulle ontvang as gaste en versorg. Die koning v Jerigo gee opdrag dat sy hulle moet uitlewer.
v.4.. Sy het hulle egter versteek en die boodskap gegee dat hulle al klaar weg is. Hulle is in die dak tussen die vlasstoppels weggesteek.
v.8.. Voor die verkenners aan die slaap geraak het, sê sy vir die 2: “Ek weet die Here gee vir julle die land, ons is skrikbevange vir julle... Ons het gehoor hoe die Here die water vd Rietsee weggedroog het,... asook die trek uit Egipte.. en die gevegte...”
v.11.. Niemand het moed teen julle nie, want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde.
v.12.. Sy vra dat hulle ‘n eed aflê om haar en haar familie se lewe te spaar wanneer hulle Jerigo kom beleër. Die verkenners lê die eed af.
v.15.. Sy laat hulle met ‘n rooi tou deur die venster na buite sak. Die rooi tou moet daar hang as die stad aangeval word, dan weet almal waar sy/hulle is.
v.23.. Verkenners gaan terug na Josua en berig: “Die Here gee die hele land oor in ons mag”... almal bewe al...
* Soos Josua en Kaleb self verkenners was, so stuur Josua weer 2 verkenners uit. Ek en jy moet ook biddend verken voordat ons iets doen. Jy moet verantwoordelik wees, vra, bid en jou huiswerk doen. Dan kan jy met sekerheid en leiding van die Here enige taak aanpak.
* Die Here gebruik die prostituut, die slegste van die slegtes, in sy raadsplan. Ons is geneig om neer te sien op ander mense, veral die wat gebrandmerk is as die grootste sondaars. Onthou ons is maar almal sondaars. Jy kan dalk verras wees oor wie jy in die hemel gaan kry. Kom ons bid eerder dat die Here juis die swakkes en sondiges tot bekering sal bring en dan ook in Sy Koninkryk sal gebruik.
* Ragab glo al klaar in God en weet Sy sal gered word deur Hom. Kom ons luister na die noodkreet van “sondaars” en reik uit. Hulle glo ook in jou God.
* Die verkenners is net so positief soos wat Josua en Kaleb baie jare gelede was: “Die Here gee die land oor”.. Ek dink dit is hoe ons ook na die lewe moet kyk. Jy pak nie iets aan op jou eie nie, jy luister en kyk eerste na die Here, en dan weet jy wat gedoen moet word. Die sukses hang dus nie van jou af nie, jy voer eintlik net die opdrag vd Here uit. Ek is so daarvan oortuig dat die GKSA, dat elke Gereformeerde Kerk, die beste geleendheid het om God se Koninkryk hier in SA en elke dorp, te laat kom. Kom ons werk binne die gemeente, binne elke Christelike kerk dubbel so hard. Kom ons reik uit na buite, want daar is baie mense wat kerkloos is, godloos is, so ook baie kerklose Christene. Mense is soekend en jy is die een wat deur God gebruik word. Bid, luister, kyk en doen wat God op jou hart plaas. Verken, luister,doen.
Mooi dag verder.

2008/10/06
Oordenking: Josua 1
Liewe Broeders en Susters in Christus. Die nuwe kwartaal het aangebreek en ons kan dit nie beter begin as om aangemoedig te word om sterk te staan en vasberade te wees nie. Kom ons leer wat die Here met Josua 1 verkondig.
Josua 1
v.1.. na die afsterwe van Moses, het die Here vir Josua gesê: Trek deur die Jordaanrivier… Soos Ek gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom…
v.5.. Die Here sê vir Josua: Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie... Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. Wees sterk en vasberade...
v.7.. Wees veral sterk en vasberade in die uitvoering vd wet... moenie daarvan links of regs afwyk nie... Hierdie wetboek moet die rigsnoer weer vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy doen...
v.10.. Josua beveel die leiers: gaan deur die kamp en maak gereed om oor 3 dae deur die Jordaan te trek... om die land wat God gee in besit te neem...
v.12.. Vir die stamme Ruben, Gad en halwe Mannassestam, het Josua herinner dat hulle ook moet saamtrek... elke weerbare man moet optrek. Wanneer al die stamme hulle gebied kry, kan hulle terugkeer.
v.16.. Die Stamme se leier het ingestem, gehoorsaamheid belowe, en Josua bemoedig om sterk en vasberade te wees.
* Jy onthou dat ons laas in Deut. gelees het dat Moses ‘n persoonlike verhouding met God gehad het. So het jy ook ‘n persoonlike verhouding met God. Wat baie mooi is, is om te sien hoe die Here die nuwe jong leier ook persoonlik aan die hand vat, dis vir Josua.
* Die Here beveel Josua dat die volgende fase moet gebeur, die Jordaan moet oorgesteek word. Dis ‘n groot stap, gevaarlik, maar met die Here maklik. Watter groot rivier moet jy in jou lewe oorsteek? Sien jy kans daarvoor?
* Die Here se beloftes staan vas, vir Josua, Israel, en vir jou. Die Here sê eenvoudig vir Josua dat Hy hom sal lei en suksesvol sal maak. Die Here sê vir Josua dat hy net sterk en vasberade moet wees. Nou hoor jy ook God se stem in jou gemoed: Solank jy hier op aarde is, sal Ek die hele tyd met jou wees, Ek los jou nie alleen nie. Ek lei jou deur My Woord en Gees. Doen jy net wat Ek vir jou wys. Wees jy net sterk in My en vasberade om te doen wat jy hier moet doen.
* Die groot geheim is egter dat ons by God se Woord moet hou. Die wêreld en mense kan nie die antwoorde gee nie, net God. Vra God om jou op Sy pad te hou, dat jy nie links of regs sal afdraai nie, dat jy Sy Woord as die enigste rigsnoer kan ken en volg in jou lewe.
* Wat jy onderneem, moet jy nakom. Wat help dit jy praat baie en doen niks. Die Here se kerk, het jou nodig. Jy kan nie maar net bestaan nie, kan kan nie maar net ontvang nie, jy moet saam optrek in die geestelike oorlog. Jesus Christus verlos jou en jy word opgeroep om hierdie laaste kwartaal jou beste vir God te gee. Dit geld by die skool, werk, huis en kerk.
* Kom ons spoor mekaar aan om sterk te staan en vasberade te wees. Staan sterk in Christus en wees vasberade deur die Heilige Gees. Mag God jou seën.
Groete

2008/09/29
Oordenking: Deut 34
Dagse my boetie en sussie in Christus.
Ek glo jy het nou saam met my gevorder tot die laaste hoofstuk van Deuteronomium. Die laaste hoofstuk is hoofstuk 34. Dis kort maar bevat ‘n fantastiese getuigskrif van Moses. Jy weet wat Moses alles verkeerd gedoen het, maar nou weet jy ook wat Moses deur God se Wil en opdrag reg gedoen het. Kom ons som dit op en praat kortliks daaroor.
Deut.34
v.1.. Moses het uit die Moabsvlakte na Neboberg toe opgeklim, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys...
v.4.. Dit is die land wat Ek met ‘n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.
v.5.. Moses, die dienaar van die Here, het daar gesterf soos die Here beveel het.
v.6.. Hy het Moses begrawe in ‘n vlakte in Moab,... maar tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie. Moses was 120 jaar oud. Die volk het 30 dae gerou.
v.9.. Josua het ook oor wysheid beskik, want Moses het sy hande op Josua gelê...
v.10.. Daar het nie weer ‘n profeet in Israel opgetree soos Moses was nie. Hy het die Here persoonlik geken. Die Here het hom gestuur om in Egipte al die tekens en wonders te doen...
• Moses het met sy ongeduld nie met die rots gepraat om water te kry nie, maar dit geslaan. Toe het die Here al gesê dat Hy nie die beloofde land Kanaän sal ingaan nie. Hier gebeur dit nou, Moses bereik die laaste dag van sy lewe hier op aarde. Hy staan op die Pisgaberg en sien die mooi wat geskenk gaan word. Dan sterf Moses en gaan hy die hemelse Kanaän in, eintlik 1000 keer beter!
• Die Here hou Sy beloftes. So hou Hy ook Sy beloftes teenoor jou en My. Hy dra jou elke dag van jou lewe, Hy voorsien en versorg, Hy gee genade deur Sy Seun Jesus Christus, Hy gee geestelike krag deur Sy Heilige Gees... Maak staat hierop en beur voort in die lewe en later sien jy dat dit al hoe makliker gaan.
• Moses het Josua die hande opgelê. Sy opvolger word nie net deur die Here geseën nie, maar ook deur die mens Moses aangeraak. Ons het die mooi en besonder gebruik om wanneer ‘n predikant die eerste keer bevestig word, dat al die predikante teenwoordig hom die hande oplê.
• Wat die mooiste getuienis van Moses is, is dat hy uniek gemaak en gebruik is, deur niemand anders as God nie! Hy het sy werk met onderskeiding gedoen. Hoe het hy dit reggekry? Hy het die Here persoonlik geken! In die 1953 vertaling vd Bybel staan dat die Here Moses van aangesig tot aangesig geken het. Ja, Moses het die voorreg gehad om telkens na die tent van ontmoeting te gaan om daar met God te gaan praat. God was in ‘n wolk teenwoordig. Moses het die Here inderdaad persoonlik geken. Hoe goed ken jy die Here? Ek het ‘n ouer lidmaat nou die dag gaan ondersteun en ek vra haar toe uit oor hoeveel keer sy die Bybel al deurgelees het. Sy antwoord dat sy dit nog nooit gedoen het nie. Ek en jy verkeer van aangesig tot aangesig met die Here deur die Bybel oor en oor biddend deeglik deur te lees. Ek heg weer die preek aan van Ps.131. Die tema was “Sit elke dag so ‘n rukkie op God se skoot. So ken ek en jy ook die Here persoonlik.
Ek bid jou die seën van die Here toe vir die dag en die week.

Labels:
Bybel,
Deuterenomium,
gkkpn,
Kempton Park,
oordenking
2008/09/25
Oordenking: Deut 33
Broeders en Susters, ons is nou byna klaar met die boek Deuteronomium. Dis baie baie insiggewend wat die Here ons als leer. Dis lekker en wonderlik om woord vir woord van die Bybel deur te gaan.
Deut.33
v.1.. Moses, die man van God, het die Israeliete voor sy dood met die volgende woorde geseën:.. Die Here kom van Sinai af.... (Die hele hoofstuk is die inhoud vd seën).
v.3.. U Here, het u volk lief, al die heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete, elkeen luister na u woorde...
v.6.. Ruben moet lewe... v.7.. oor Juda – maak hom sterk...
v.8.. oor Levi – U tummin en urim is toevertrou aan u troue dienaar... hulle onderrig die volk in die wet en bepalings... hulle bring wierookoffers en brandoffers op die altaar...
v.12.. oor Benjamin – wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom...
v.13.. oor Josef – Mag sy land deur die Here geseën word, net die beste uit die hemel... Mag die 10 000de van Efraim en ook die 1000de van Manasse ook so geseën wees.
v.18.. oor Sebulon – jy moet bly wees as jy op pad gaan...
... oor Issaskar - jy moet bly wees as jy by die huis bly. Hulle geniet die oorvloed uit die see, die skatte wat deur die sand bedek word.
v.20.. oor Gad... Hy lê soos ‘n leeu, sterkes en leiers is sy prooi. Gad het die beste vir hom uitgekies, die uitsoekdeel...
v.22.. oor Dan .. is ‘n jong leeu, hy bespring sy prooi.
v.23.. oor Naftali.. hy geniet baie guns, word ryklik geseën...
v.24.. oor Aser.. hy is meer geseënd as die ander seuns... hy sal sy voete met olie was...
v.26.. Jesurun (Israel), daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in Sy majesteit ry Hy op die wolke. Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand..
v.29.. Jy is ‘n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee aan jou mag, jou vyande kruip voor jou....
* Dit was die gebruik dat net voordat iemand afsterf, veral as hy nou weet dat sy tyd naby is, om al die kinders bymekaar te roep en ‘n seën uit te spreek. Hier gebruik die Here vir Moses as ‘n tipe Vader van die volk Israel om elke stamgroep by die naam te noem en ‘n seën toe te wens-uit te spreek. Hulle het dit ook nodig gehad want daar moes nog baie groot dinge gebeur nadat hulle die Jordaan sou oorsteek.
* Nadat die 12 Stamme een vir een “ingeroep” is, beklemtoon Moses dat daar net een God is en dat Hy een volk gekies het. Net hierdie een God mag erken, aanbid en gedien word. Israel is die uitverkore volk omdat God so besluit het, nou moet hulle afhanklik wees van Hom en Hom alleen.
* Geliefde, ek en jy moet baie meer aan mekaar dink en vir mekaar bid. Ons moet baie meer die seën van die Here vir mekaar toebid, want ons het dit nodig. Ons is dikwels so besig om die strydbyle te slyp, dat ons skoon vergeet waarvoor ons hier is. Ons aandag word so opgeneem deur die ANC politieke speletjies, dat ons twyfel en vrees. Nee, kom ons hou vas aan die Enigste God wat daar is. Ek en jy en elke mens wat in God 3-1 glo, is nou die Israel. Ons het reeds baie dinge ontvang en die beste lê nog voor, die Jordaan moet nog oorgesteek word.
* Ek vra myself veral die afgelope tyd met die politieke verwikkelinge af: Waar is God in die politiek? Kom ons bid dat die Here die magsbehepte en soustreinryers tot stilstand sal dwing, dat Hy sal ingryp sodat ons land ‘n vrye, regverdige en veilige woonplek vir ons almal sal wees. Jou en my groot doelwit is om God se koninkryk hier plaaslik en in SA te laat kom.
* Geliefde, jy is klaar verlos deur Jesus Christus, lewe nou soos ‘n verloste, ontvang die seën van die Here en bid Sy seën vir mekaar toe. Ons bid ook dat die Vader ingryp en dat Hy Sy wil in SA sal laat geskied. God is die Enigste ware God en jy en ek is Sy kinders. Ontvang Jesus se vrede en wees ‘n seën.
Mooi dag,
Joop

2008/09/23
Oordenking: Deut 32
Liewe Broeders en Susters. Die voëlvlug deur deur die Woord van God is wonderlik.
Deut.32
Die lied wat die Here deur Moses vir Israel gee, kom nou aan die beurt:
v.1-4.. Die onderrig wat gegee word is soos reënwater... soos dou... soos sagte reëns op die grassies... op die graan. Ek wil die Naam van die Here roem... Die Here is getrou...
v.5-6.. Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie meer geskik vir diens nie... Is die Here nie jou Vader, jou Skepper nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring...
v.7.. Dink aan die dae lank verby, onthou... Die Here het alles gegee, die grense bepaal...
v.11.. Soos ‘n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ‘n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei...
v.13.. Die Here het sy volk die land in besit laat neem... laat eet...
v.15.. Jesurun (Israel) het alles in oorvloed gehad, hy het in opstand gekom... dom gehou, ooreet... hom vermetel gehou teen die Rots wat hom gered het... Jy het jou Rots, jou Skepper nie in ag geneem nie, maar vergeet.
v.19... Die Here het dit gesien en vir jou minagting gekry.... Ek sal nie meer vir julle sorg nie. Hulle het iets wat nie ‘n god is nie, bo My verkies...
v.23.. Ek sal ramp op ramp oor hulle laat kom, my pyle op hulle skier, hongerpyne, ongeneeslike siekte... Op straat is daar angs... in die slaapkamers is daar angs...
v.29.. As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het....
v.36.. Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee...
v.39.. Besef dit tog, Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond.
v.44.. Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou
v.46.. Toe Moses klaar was, het hy vir al die Israeliete gesê: Neem al hierdie woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinder beveel om dit te gehoorsaam. Dit is nie ‘n geringe saak nie.
v.49.. Moses klim op Neboberg en bekyk van bo af die land Kanaän wat Hy as besitting gee. Omdat moses ontrou was by Meriba se waters, kon hy net sien wat Israel gaan ontvang.
*Die Bybel is inderdaad soos reënwater op jou siel. Wanneer jy moeg en moedeloos is, opgewonde en vooruitstrewend is, dan werk die Heilige Gees met die Woord van God op jou in. Dit voed jou en laat jou groei sodat jy met kalmte en vrede kan leef en laat leef.
* Hoe baie keer is ek en jy nie ook maar ontrou aan die Here nie? Jy het wat jy nodig het, jy weet jy ontvang verlossing deur Jesus Christus, maar tog voeter jy dikwels maar net aan. Nee, die Here se geduld gaan opraak en Hy gaan die streep trek, wees gewaarsku.
* Die beeld van die arend wat sy/haar kleintjies daar van bo af uit die nes skop, maar tog die hele tyd daar is, leer jou ook dat die Here jou dinge leer. Baie keer is dit baie moeilik, baie keer vang Hy jou op en dan sê Hy eendag vir jou: nou is dit tyd dat jy vlieg en my werk gaan doen. Dit waarvoor jy bang is, juis dit word nou jou roeping!
* Daar is net een God!!! Alle ander gode is afgode, bestaan nie, is niks, het niks en doen niks.
* Neem ter harte – maak dit deel van jou lewe – wees ernstig met in jou verhouding met die Here – dan gaan jy alles in die lewe kan hanteer.

Subscribe to:
Posts (Atom)